
Busbestuurders sê hulle sal aanhou staak tot daar aan hul eiese voldoen word. (Foto: Nokuthula Mbatha/ANA)
Die Tshwane-metroraad het Maandag al sy A Re Yeng-snelbusdienste en busdienste in Mamelodi in Pretoria opgeskort.
Dit volg ná ʼn loongeskil tussen die busdiens en busbestuurders. Die burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, Sheila Senkubuge, het gesê die geskil hou verband met verskille tussen die salarisse van die onderskeie dienste se bestuurders.
“Alle A Re Yeng-busdienste bly tot verdere kennisgewing opgeskort. Ons doen ʼn beroep op pendelaars om geduldig te wees. Die busdienste is opgeskort in ʼn poging om hulle veiligheid te verseker en die stad se bates te beskerm. Ons vra pendelaars ook om alternatiewe vervoerreëlings te tref,” het sy gesê.
Die stad het onderneem om pendelaars op die hoogte van enige verwikkelinge in die situasie te hou.
“Ons vra pendelaars wat op ons openbare vervoerstelsel staatmaak om verskoning vir die ongerief wat moontlik deur die geskil en die gevolglike staking van busdienste veroorsaak mag word,” het Senkubuge gesê.
Die National Union of Metalworkers (Numsa) eis dat busbestuurders permanent aangestel word en dieselfde salarisse as hul eweknieë betaal word. Werkers op ʼn kontrakbasis verdien nagenoeg R7 500 per maand, terwyl permanente werkers volgens Numsa nagenoeg R11 000 verdien.
Hulle eis ook ʼn verhoogde reistoelaag en registrasie by ʼn aftreefonds.
Werkers het onderneem om daagliks by Belle Ombre, langs die Pretoriase dieretuin, te betoog totdat die geskil besleg is.
In Julie vanjaar is die Pretoriase middestad tot stilstand gedwing en skade van etlike miljoene rande aangerig toe munisipale werkers tydens ʼn onwettige staking telkemale die hoofstad se strate ingevaar het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Hier gaan ons alweer :(
Ja net in suid afrika ja
Die snaakste is dit: n klomp het in die straat voor ons besigheids kompleks kom ” dans”. Raai wat het hulle daar kom aflaai?……..drie busse! Lol….ek kan nie meer nie….
Die busdiens is al vir jare n gemors! Hulle voel vere of jy loop werk toe en huistoe. Skoolkinders mis toetse en eksams a g v hulle verskille. THEY JUST DO NOT CARE
en intussen word die situasie ge MONITOR