Tshwane skryf miljoene rande se skuld af

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane. Foto: http://da-gpl.co.za/

Die multi-party-raad in die DA-geleide Tshwane-munisipaliteit het Maandag gesê hulle het byna R400 miljoen se onverhaalbare skuld van armes afgeskryf.

Solly Msimanga, die burgemeester van Tshwane, sê dié besluit is geneem in lyn met sy toewyding ná hy aangestel is om die nood van arm inwoners te verlig en die finansies van Tshwane te stabiliseer.
“Die administrasie het by die laaste raadsvergadering besluit om R371 140 786 se onverhaalbare skuld af te skryf vir inwoners reg oor Tshwane wat aanhoudend onder agterstallige munisipale rekeninge gebuk gaan,” het hy gesê.

Dit skuld sluit onder meer onbetaalde elektrisiteitsrekeninge, erfbelasting, sanitasie, rommelbestuur sowel as rente en belasting in.

Dít is bykomend tot die R754 miljoen onverhaalbare skuld wat die raad ingestem het om vir 12 maande terug te hou hangende moontlike afskrywing.

“Die afskryf van die skuld vind plaas op die voorwaarde dat die inwoners wat geaffekteer word nou begin om vir hul maandelikse munisipale dienste te betaal,” het Msimanga gesê.

“Dit is ontwerp om inwoners aan te moedig om verantwoordelikheid te neem en om pligsgetroue betalers te word, asook die skuldboek te rehabiliteer.”

Hy het gesê 50% van die inwoners se skuld sal afgeskryf word as inwoners hul huidige rekeninge ten volle betaal vir ses maande en die ander 50% as betalings ten volle vir die volgende ses maande betaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

SIEK ·

EN ONS ARME WEESIES WAT GEREELD BETAAL…………………………

Ray ·

Nee wat jong, jy weet mos nou al lojaliteit word nie by groot organisasies beloon nie, it sal onregverdig wees om almal onder dieslede kam te skeer, maar lojale kliente en gereelde betalers word oor die algemeen nie beloon nie, want hulle sal mos maar more nogsteeds daar wees

broos ·

….gaan nou net NOG extra moet betaal om hulle skuld te dek :-(

Johannes van Rooyen ·

1.DA julle lieg vir julle self
2.Wie dink julle gaan nou betaal as hy reeds nie het nie
3.Julle is bang julle verloor stemme dis die probleem
4.die betalers word nou benadeel daar is duisende mense wat swaartrek maar betaal
5.Julle skep ñ groot president wag maar julle sal sien

Ella ·

Ek stem saam met jou. Hulle wil nie betaal en sal ook nie nou nie afslag of nie. As jy mense leer hulle moet alles gratis kry is dit wat hulle verwag.

Perfek ·

Johannes jy het dit PERFEK saamgevat, beter kon ek dit self nie stel nie. Vreemd dat hierdie mense nogsteeds droom nadat hulle die werklikheid gesien het.

christa ·

Is Solly nie ‘n Ster nie! Hierdie Rayton kntoor wat ook onder Tshwane val het my dubbel en dwars laat betaal vir hulle eie agterlosigheid en slegtegheid om hulle werk te doen. Nases maande se gekla oor stukkende meter het ek self in Pta gereel vir ander een en toe neem dit 9 maande vir Rayton kantoor om die meter op die stelsel te kry. Ek ek moet vir die gemors betaal wat hulle aanvang. Solly jy is Tops

humor ·

O dis n lekker land hiedie van ons. Miskien nie so moeilik om die skuldjies af te skryf nie, want sien daar is die wat deur die jare so n biejie ekstra belas was om andere se las ligter te maak. En as ons onder druk geplaas word om die komende rekenings te betaal dan verwoes ons die eiendom van getrou betalers.

Piet Pompies ·

Lees die berig reg, as die person met agterstallige skuld vir 6 maande aanlopend sy rekening betaal word 50% van sy ou skuld afgeskryf, as hy vir nog 6 maande aanhou om sy huidige rekening te betaal word al sy ou skuld afgeskryf.
Beslis ‘n volhoudbare besluit, dit gaan nie net oor afskryf sonder ‘n voorwaarde.

Theo ·

Daar sy Piet hoe pomp jy nou die regte woord uit , ek hoop hulle gaan lees weer en sien elke woord raak

Hendrik ·

Feit is, ou skuld word nog steeds afgeskryf. Gereëlde betalers word nog steeds benadeel.

Jacques Venter ·

Hallo Piet Pompies
Jy is een van daardie ouens wat die hele berig lees voordat jy kommentaar lewer.

Ander ouens het moontlik n lees vaardigheids gebrek. Of is so gretig om die negatiewe te sien dat hulle die positiewe skoon mis lees.
Dis goed dat daar ook ouens soos jy op die blog is.

Jacques Venter ·

Ons het nou n paar sterk manne wat navore kom
Cyril Ramaphosa
Solly Msimang
Herman Mashaba
Athol Trollip
Nee wat dit lyk goed vorentoe

Joe Olivier ·

Jacques, ons almal het die berig gelees. En wat as hulle steeds nie betaal. Dan is die volgende 6 maande ook verniet, en die volgende ens. Dan het die armes darem weer genoeg geld om vir 5 ure aanmekaar in Mams klappers te skiet en ook nie daarvoor vervolg te word nie. Die skille sal dalk nog van jou oe afval.

Johann ·

Ja Jaques. Sit nou net Paashaas, Tannemuis, Feetjies, Haasdas, XMEN en Manopdiemaan by jou lys… DAN kan ons praat.

Hendrik ·

Sterk manne vir wie? Vir wie is dit goed? Jacques soos vele gondwetkenners al uitgewys het is daar ‘n ernstige probleem dat die land se president te veel magte het. Hy stel oor die 74 poste aan en dink jy nou wraggies dat die NEC gaan toelaat dat CR aanstel vir wie hy wil? Die DA soos Trollip, Mashaba en Msimang is net daar omdat die EFF dit toelaat. Hoe gaan en hoe kan dit verander n die nabye toekoms. Hoe kan jy na CR se grond terugvat sonder vergoeding uitspraak gerus wees? Kyk wyd en kyk noord en sien wat kan verkeerd gaan. Ondersteun tussen die verkiesing liewers jou Burgerregtegroepe wat regtig meer verskil maak as die politici wat jy 4 jaar gelede ‘n blank tjek gegee het.

humor ·

P Pompies dis n lekker lekker land die van ons. Ek lees dit so. Die verbruiker is in elkgeval verplig om sy rekenig te betaal. So as hy dit vir 6 maande dit doen, watter prestasie is dan daaraan verbonde dat hy verdien om 50% afslag van sy agterstallige te kry??

Lolla ·

Moet nie verbaas wees as ons fooie skiellik binnekort op gaan, sodat die 50% afslag gedek kan word…

Muffin ·

Uitstel van pyn en leiding. Hy gaan weer agterstallig raak. Hoekom is dienste nie gestaak nie. Piet is reg. Dit was n goeie voorstel met die 50% afslag en dan die res. As dit nie reg bestuur word nie gaan die agterstallige skuld maar net ophoop.

Martin ·

Hoeveel keer gaan die arm klomp se agterstallige rek. nog afgeskryf word? Paar jaar terug was dit dieselfde storie. Die ander wat wel iets het se krag word vining afgesit as jy waag om n rand of twee kort betaal. Die armes is nou ook op die GRAVY TREIN.

Boerseun ·

As hulle nie die dienste tot nou kon betaal hoe gaan hulle die 50% betaal. En wie gaan tekort betaal, sover Ek dit het is nationale tesorie leeg. Verwag maar skerp toename in erf belasting en dienste.

Jannie ·

P pompies dit gaan nie oor reg lees of nie die feit bly staan daar word gelde afgeskryf en die metro kan dit nie bekostig nie.
Hierdie afskryf van geld gaan ekstra druk op die middelklas gebruiker plaas wat ook besig is om vinnig te verarm weens die feit dat hulle die sogenaamde armes moet subsidieer.
Ek sal voorstel dat indien die arme armes wat nou hulle rekeninge betaal om agterstallige gelde te laat afskryf se munsipale dienste onmiddelik opgehef word soos wat veronderstel was om van die begin af te gebeur.

zeno ·

Lekker, as ons een maand `n paar dae laat is, dan word ons dienste summier gesny, dan is dit boete, rente heraansluitings fooi ens. Dit maak my woedend, alles werk net na die eenkant toe.

Koos1 ·

Solly, ek wil graag iets vir jou verduidelik.
In ‘n besigheid, as geld afgeskryf word gebeur die volgende:
1. Die eienaar(s) dra die verlies.
2. Geen verdere besigheid word met die ouens met slegte skuld gedoen nie.
Wat ek hier lees is die volgende:
1. Die slegte skuld moet deur die die getroue betalers gedra word. Sien, want jy bestuur die ‘n besigheid nie, jy bestuur ‘n munisipaliteit, wat inwoners se geld moet bestuur.
2. Dan hou julle aan om dienste te lewer aan die ouens wat nie betaal het nie.
Kan jy vir my 1 goeie rede gee hoekom ek my rekening moet betaal, terwyl ander nie hoef nie? Dit lyk vir my na ‘n kominustiese stelsel.

Afrikaanse Knaap ·

Gee Solly ‘n kans.
Die man het darem ‘n plan.
Solly jy het my ondersteuning. Wees net asb regverdig. Beloon die mense wat gereeld ook betaal.

Jannie ·

Dis van kanse gee dat die land is waar hy is. Ek stem saam beloon die betalers, dis eenvoudig laai elektrieseteit en water met 10 persent indien ń persoon voor of op die betaaldatum betaal gee hom 10 persent korting indien ń persoon nie betaal nie moet hy die 10 persent heffing ook betaal.
Ek het altyd my kinders se skoolfonds aan die begin van die jaar opbetaal omrede ek 10 persent afslag gekry het, ek doen dit nie meer nie omrede die skole my nou nie eens 5 persent afslag gee nie. Inteendeel ek hou nou skoolgelde so lank moontlik plus nog ń bietjie terug.

Maplotter ·

Hier waar ons op die plotte in die ooste bly het ons grond strate, privaat rommelverwydering, en septiese tenks of frenchdrains, water aansluiting van randwater af, en krag van eskom – dus Tshwane lewer GEEN dienste nie behalwe om rekeining uit te stuur, maar ons moet hoes….en wees nou net laat

DIS VERKEERD ·

HOEKOM DOEN JY DIT? Ek wil weet . as ek een maand nie my krag betaal nie word dit sonder versuim AFGESIT. Ek gee nie om of jy arm of ryk is nie, as jy nie vir ‘n diens kan betaal nie, KAN jy dit nie he nie. Hoekom gee julle soveel krag oor sulke lang tydperke vir mense en gaan SKRYF dit dan net af? SNY KRAG AF as mense nie betaal nie, nou word daar miljoene der miljoene afgeskryf .. terwyl die ‘armes’ – lekker woord deesdae om agter weg te kruip KRAG gebruik het waarvoor hulle nie betaal het nie. WAT DINK JULLE Is die kans dat hulle nou gaan betaal? Ek kan die logika hieragter NIE verstaan nie . So die boodskap is duidelik, julle het nouwel nog nooit vir krag betaal nie, ons SKRYF die skuld af (maw daar is geen gevolge vir julle nie) MAAR julle moet nou begin betaal . REALLY?? WHY??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.