Tshwane-slimmeters: Hof sê oor kontrak

Foto: Argief

’n Volbank regters in die hooggeregshof in Pretoria het vandag beslis dat die kontrak tussen die Tshwane-metroraad en PEU Capital Partners (PEU) onreëlmatig is en dat die gevolge daarvan nietig is.

Dit het byna vier jaar geneem om hierdie punt te bereik, maar AfriSake het daarin geslaag om die betaling van R950 miljoen deur die Tshwane-metroraad aan PEU te verhoed.

Die beslissing is met koste ten gunste van AfriSake gemaak, wat aangevoer het dat die kontrak nie voldoen aan die vereiste tender- en verkrygingsprosedures, soos voorgeskryf deur die Grondwet en verkrygingswetgewing, nie.

Aanvanklik is die aansoek teen sowel die Tshwane-metroraad as die PEU ingedien, maar ná die regimeverandering van die ANC na die DA in Augustus 2016 het die stad sy standpunt verander en AfriSake se aansoek ondersteun.

“Ons is baie tevrede met vandag se hofuitspraak. Die Tshwane-metroraad moes nooit die kontrak met PEU gesluit het nie. Die belastinggeld wat hierdeur gespaar is, kan nou deur die stad aangewend word vir ander projekte wat tot voordeel van stadsinwoners strek.

“As ’n sakeregte-organisasie sal ons voortgaan om ’n vryemark-sakeomgewing na te streef asook om gevalle te beveg waar daar duidelike nuttelose, verkwistende en onreëlmatige besteding deur die staat was,” het Armand Greyling, regs-en-beleidsontleder by AfriSake, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Martie Visagie ·

WONDERLIK,Afri Sake ons kan net trots wees op julle harde werk,julle is die rede ons kan nog in SA bly?

Eish ·

Afrisake, Jul mag maar n JC le Roux se dekseltjie verwyder. Goeie werk!

zoom zoom ·

Wat word nou van die persone wat die kontrakte destyds uitgegee het en sekerlik iets terug ontvang het om dankie te sê vir die miljoene?

Bjorn Pohlmann ·

Knap gedaan.
Het die maatskappy ge-Google. En daar is ‘n Zuma in die leierskap struktuur.
Vanselfsprekend…….

TROTS-AFRIKAANS ·

BAIE dankie aan Afrisake/ Afriforum en Solidariteit.
Julle is TOPS en hou aan veg om die vrot kastaiings uit die vuur te krap terwille van reg en geregtigheid.
Dis hoekom ek julle AL DRIE met trots ondersteun

Nogmaals Dankie

Andre ·

Die ANC het “Skelm” meters ingesit en nie “Slim” meters nie.

Bianca ·

My vraag is hoekom die DA self nie die saak voor die hof gebring het nie ….hoekom ry hulle op Afriforum se beursie om die stad se belastingbetalers te beskerm ?

SP ·

Ek stem saam met jou,die DA kan nie nou op die sukses aanspraak maak nie. Alle krediet moet gaan aan Afriforum.

RB ·

Uitstekend!!

Die meters was bedoel vir swak betalers, maar al wie dit gekry het was die goeie betalers!

Alida ·

Looi hulle! As die naam Zuma daar verskyn beteken dit een ding maar hy kry die een bloedneus na die ander. Dis tyd vir die tronk.

Robert ·

@ bjorn en alida: toe nou nie
And before jumping to conclusions, Zuma is, according to a PEU spokesperson, not related to Number One

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.