Tshwane speaker tydelik geskors

Argieffoto: DA/Facebook

Die Gautengse departement van samewerkende regering en tradisionele sake het aangekondig dat hulle Tshwane se speaker, Katlego Mathebe, vir ses maande sonder betaling skors.

Dit kom nadat Mathebe tydens ʼn omstrede raadsvergadering op 5 Desember geweier het om oor ʼn vergadering van die raad toesig te hou, waartydens ʼn mosie van wantroue teen haar ingedien sou word.

Volgens LUR Lebogang Maile, het die speaker haar wetlike pligte versuim deur nié oor die vergadering toesig te hou nie, selfs al was daar ʼn botsing van belange, soos Mathebe beweer het. Die LUR sê Mathebe het versuim om ʼn bevredigende verduideliking vir haar gedrag te verskaf en dat dit ʼn doelbewuste poging deur die speaker was om die vergadering (en dus die mosie teen haar) omver te werp. “Nog ʼn mosie van wantroue is op ʼn vergadering in Januarie bespreek, maar die vergadering het in chaos ontaard. Mathebe kon ook daarvoor nie ʼn verduideliking bied nie,” sê Maile.

“Die manier waarop die speaker haar belange beskerm het, ongeag die nagevolge, laat veel te wense oor. Daarom is ons van mening dat die betrokke raadslid die gedragskode oortree het en het die departement geen ander keuse as om haar vir ses maande sonder betaling te skors nie,” sê Maile. Die skorsing is tree in werking op die datum wat die speaker die departement se skorsingsbrief in ontvangs neem.

Die DA het egter Donderdag in ʼn verklaring teruggekap en Maile se besluit om Mathebe te skors as “boelietaktiek” beskryf.

“Die DA sal nie ingee aan boelietaktiek nie. Ons het reeds ons prokureurs opdrag gegee om die howe te nader in ʼn poging om hierdie onwettige optrede te laat hersien,” sê John Steenhuisen, leier van die DA. “Ons het die LUR ook reeds skriftelik versoek om sy besluit terug te trek.”

Hy sê Maile se besluit is ʼn bevestiging wat Suid-Afrikaners reeds weet, naamlik dat die ANC slegs hul eie belange dien en die reg gebruik en misbruik soos wat dit hulle pas. “Wanneer ANC-raadslede mistrap en betrek word by korrupsie, word daar nie teen hulle opgetree nie,” sê Steenhuisen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

koos ·

Sonder om kommetaar te lewer oor die DA, maar slegs ‘n observasie. Die speaker geskors sonder betaling vir 6 maande sonder ‘n verhoor?
Het die LUR die magte van aanklaer, regter en laksman?
Heng man, as dit so maklik was, hoe sit ons dan nog met al die onbevoegde lede in alle rade oor die land?

Pampoen ·

Ja nee mnr Steenhuizen. Dit is bewys dat sy onbevoeg is vir haar pos. Maar nou sal julle geld mors om haar daar te hou. Ook maar nes die ANC. Beskerm die onbevoede kaders

Maljan ·

Laat dit n presiskep. SKORSING SONDER BETALING VIR ALMAL WAT AANJAAG!

TDW ·

Dit maak sin dat die speaker nie oor haar eie mosie van wantroue toesig moet hou nie. Die DA is absoluut reg om haar skorsing te betwis. Die ANCEFF probeer alles om die DA uit te haal. Al is ek nie ‘n DA ondersteuner nie kan ek maklik onderskei tussen reg en verkeerd.

Wielspore ·

Die DA probeer om Engeland se politieke stelsel in te bring en sien hulself as die elite wat neerkyk op die kiesers en maak beloftes wat nie uitvoerbaar is. Hulle het ook die neiging om neer te kyk op enige ander nasie wat nie engels magtig is.
Met die volgende verkiesing gaan my stem nie weer vir die DA, ek is klaar met sir en madam.

Cherokee ·

Wielspore, rakende my volgende kommentaar betreffende jòu, sal ek onthou dat jy ‘n ‘gewese?’ DA lid is, en dus minder toegewend wees. Tot nou toe gedink jy is slimmer.
John Steenhuizen, ek onthou jou uit Durban politiek. Van bevoegdheid gepraat, hòe bevoeg is jý spesifiek met betrekking tot Afrikaans?

Magda ·

Wanneer gaan almal in die ANC sonder betaling geskors word – Dan is daar nie eers 1 hand vol oor nie – Dink ent hoe baie geld gaan gespaar word en hoe vinnig sal die korrupsie en bedrog sake afgehandel word – Jitte DA julle het nou n lekker slaan plek – Doen dieslefde met hulle!!!!!

aj ·

Sonder die DA as sterk opposisie gaan SA in ‘n korrupte diktatorskap verval.

Natuurlik maak hulle foute.

Los maar die kleingeestigheid.

johan ·

Hulle het reeds met die DA as opposisie so wat sal verander?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.