Tshwane steek stokkie voor grondgrype

Die Tshwane-metroraad het minstens 100 onwettige strukture in die Soshanguve-omgewing, asook in Olievenhoutbosch, afgebreek. (Foto: Facebook / City of Tshwane)

Die Tshwane-metroraad het reeds nagenoeg 100 onwettige strukture in die Soshanguve-omgewing, asook in Olievenhoutbosch, afgebreek.

Randall Williams, burgemeester, sê die onwettige oprig van strukture vir finansiële gewin sal nié geduld word nie.

Hy verwys na die praktyk as “shack farming” – ’n proses waar misdadigers onwettige strukture op oop stukke grond opgerig en dit dan verkoop of verhuur.

“Tshwane sal geensins sodanige onwettige bedrywighede duld nie en sal nie skroom om hierdie strukture af te breek nie.”

Luidens die verklaring het die metroraad onlangs in samewerking met die Tshwane-metropolisie en diensverskaffers van die stad altesame 55 onwettige strukture in Soshanguve se Blok MM afgebreek. Dié strukture was nog nie klaar gebou nie en was onbewoon.

“Daar was teenkanting van ’n klein groepie mense wat ons spanne probeer verhoed het om wetgewing te handhaaf. Die spanne moes gevolglik ’n paar rubberkoeëls afvuur om die skare te verjaag. Niemand is tydens die voorval beseer nie.”

Williams sê nog 45 strukture is met die hulp van die polisie in Olievenhoutbosch afgebreek.

“Die operasie was suksesvol en geen voorvalle is aangemeld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Randall Williams vir President! Dankie Randall, dit word baie waardeer.

Gerrie ·

Wat van die plakkers agter die krieket stadion in Centurion

Misky ·

Toe die Wes Kaap dit so tydjie terug gedoen het, was hulle uitgekryt as rassiste en was dit ondenkbaar. Hoe dan anders en dit kan mos nie geduld word nie.

Johann ·

En die ander “farms” in en om Centuruon, Morelettapark, Monumentpark…en so kan ek aangaan. Of word net “the people” se omgewing beskerm?

anniekiewiet ·

Hierdie is net omdat onwettige inkomste deur die “bouers” verkry word waarop geen belasting betaal word nie. Ander onwettige plakkers bly maar sit.

Swerwer ·

Mag die Liewe Vader gee dat hierdie goeie voorbeeld ‘n les is vir die res van ons land.

Elinette ·

Ek begin dink (hoop) dat die ANC-koekie begin verkrummel. Selfs die domste, oningeligste, eenvoudigste mens moet een of ander tyd besef dat hulle ingedoen word. Die praktyk van selfverrykking, korrupsie, diefstal, verhoogde misdaadvlakke, verswakkende ekonomie ens. ens. gaan nou al 27 jaar aan. Sekere lede van “our people” het dit wat oor meer as 350 jaar opgebou en tot stand gebring is in hierdie land, binne 3 dekades totaal afgebreek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.