Tshwane stuur nóg 55 afdankingsbriewe uit

Foto: Pieter Cloete

Die Stad Tshwane het intussen nóg 55 afdankingsbriewe aan stakende munisipale werkers gestuur.

DIe stadsraad het nou nie minder as 93 afdankingsbriewe binne twee weke gestuur aan werknemers wat nog steeds nie vir werk opgedaag het nie, ten spyte daarvan dat die metro reeds einde verlede maand ’n interdik bekom het wat dié staking onwettig verklaar het.

Onderskeidelik drie werknemers verbonde aan die metro se departement van finansies, 14 verbonde aan Streek 4, 17 van Streek 3, nege van Streek 2 en 12 van die metro se energie- en elektrisiteitsafdeling het tot dusver afdankingsbriewe ontvang.

Intussen staak talle werknemers verbonde aan die munisipalewerkersvakbond Samwu vir die derde week terwyl dienslewering daaronder ly.

Maroela Media het vroeër berig Tshwane se munisipale kantoor in Centurion was Donderdagoggend in ligte laaie ná betogers glo vuurversperrings gemaak het in ’n poging om dienslewering – wat steeds weens die voortslepende Samwu-stakings ontwrig word – verder tot stilstand te dwing.

Die metro het sedertdien ’n saak van brandstigting by die Lyttleton-polisiestasie aanhangig gemaak.

Selby Bokaba, woordvoerder van die Stad Tshwane, sê die stadsbestuurder van Tshwane, Johann Mettler, het die stakende (en nou afgedankte) munisipale werkers al drie ultimatums gegee om terug te keer werk toe. Die ultimatums het egter op dowe ore geval.

Lees al Maroela Media se berigte oor die voortslepende staking in Tshwane hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Frank ·

Lekker lekker en hoog tyd dat stakende werkers begin besef hoe onnossel dit is om ‘n vaste salaris te verloor weens nie paar rand se verhoging waarvoor hulle Unie gode hulle aanmoedig om oor te staak

Harley Davidson ·

Doen so voort,niks kan floreer sonder die nodige dissipline en die weskaap het dit sopas bewys.

Sue ·

Ek is seker daar is heelwat mense wat die vakante te poste Sal kan vul.

Patch ·

ONS mense wat werkloos is a.g.v regstellende aksie. Ek is ook seker daar is baie wat sal belangstel om te WERK.

Truman Burbank ·

En nog niks van die boeremag lid wat weer gearesteer is. Is dit n sensitiewe punt?

gpsa ·

Mooi so DA, staan vas. Erens moet mens standpunt inneem. Kan nie altyd toelaat dat die stert die hond swaai nie.

ES ·

Persoonlik dink ek hierdie is heeltemal polities-gedrewe. Dis naby aan verkiesingstyd en, alhoewel daar besig is met onderhandelinge met SAMWU, betoog hulle en brand af. Die ANC will probeer wys dat die DA magteloos is. As hulle weer in beheer is van Tswane, gaan hulle daardie einste afgedankte mense weer aanstel.

Amelia ·

stem saam met ander kommetaar net jammer publiek ly meeste onder stakings bv askanne word nie leeg gemaak nie maar moet steeds betaal vir n diens wat nie gelewer word nie mense wat alreeds min verdien moet tot r140 per dag betaal vir taxis mense sonder krag water hoe nou gemaak

Emily ·

En ons almal weet, Hulle gaan weer brand, afbreek ens ens omdat hulle afgedank word. En ag ja dan word hulle maar net weer aangestel tot die vlg keer.

HPJ ·

Tswane is nog n bewys van die DA se onvermoe Die DA sal soos die Chinese spreekwoord worf se Die land laat afbrand solank hulle net oor die as kan regeer

Amelia ·

Al die politieke partye is net vir hul eie sak daar is nie eers n bietjie sampatie met mense wat nie water het nie en dit is nie net in tshwane wat dit so gaan nie oral selfde storie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.