Tshwane: Watertoevoer Woensdag hiér onderbreek

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die Stad Tshwane het laat hoor dat sekere woongebiede in Pretoria en Benoni se watertoevoer tydelik in die week verbreek sal word weens herstelwerk aan ʼn pypleiding/aansluiting.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die Stad, het in ʼn verklaring gesê die herstelwerk sal Woensdag 22 Augustus plaasvind by die aansluiting op die hoek van Delyweg en Nuwe Hoopstraat.

“Dié herstelwerk sal die projek volvoer om die pypleiding te vervang wat water aan Ashlea Gardens, Alphenpark en Maroelana verskaf,” het Mashigo gesê.

Watertoevoer sal dus vanaf 08:00 tot 18:00 in Ashlea Gardens, Maroelana, Dely- en Garstfonteinweg en Selatistraat onderbreek word.

Mashigo het gesê die herstelwerk sal onbeplande instandhouding verminder, die moontlike bars van pype verminder, asook die watertoevoer in die onderskeie omgewings verbeter.

Die Stad het om verskoning gevra vir die onvermydelike ongerief weens die herstelwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Derick ·

Hoekom sal die Stad Tshwane berig oor Benoni as die in Ekurhuleni gebied val?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.