Tshwane-werkers beëindig staking

Werkers van die Tshwane-metroraad se staking is verby, nadat hulle die afgelope week groot ontwrigting en skade veroorsaak het. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Ná dae van geweld en chaos in die Pretoriase middestad, het die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond (Samwu) met die hulp van ʼn bemiddelingsproses by die plaaslikeregeringsbedingingsraad (SALGBC) ʼn ooreenkoms met die Tshwane-metroraad bereik.

Die staking, wat die middestad lamgelê het, is laat Donderdag beëindig.

Koena Ramotlou, Samwu se algemene sekretaris, het gesê die stakende werkers se grootste beswaar was teen die metroraad se besluit om sy topbestuur salarisverhogings van 18% te gee, maar die laagste besoldigde werkers hierby uit te sluit. Die salarisverhoging vir die bestuur is boonop terugwerkend na 2017.

Ramotlou het gesê die metroraad het sy woord gehou om die voorstelle wat Samwu voorgelê het, te ondersoek. “ʼn Ooreenkoms vir ʼn vreedsame oplossing vir die geskil tussen die stad en die werkers is dus bereik,” het hy gesê.

Een van die punte waarop ooreengekom is, is ʼn ex gratia-betaling aan werkers as ʼn sogenaamde gelykmaker-toelaag.

Werkers wat minder as R20 000 per maand verdien, kry ʼn eenmalige betaling van R15 000. Werkers wat meer as R20 000 verdien, kry ʼn eenmalige betaling van R10 000, terwyl munisipale werkers wat méér as R30 000 verdien, ʼn eenmalige betaling van R7 000 kry.

“In die komende maande gaan ʼn toegewyde taakspan die standaard van salarisskale van ander metrorade ondersoek om ʼn betalingskaal vir die Tshwane-metroraad te ontwikkel.

“Die salarisverhoging van 18% wat vir die groep- en afdelingshoofde ingestel is, gaan onmiddellik gekanselleer word,” het Ramotlou gesê.

“Samwu se doelwit is om die belange van ons werkers te beskerm en hulle werksomstandighede te verbeter.”

Die Tshwane-metroraad het inwoners intussen verseker dat hy alles moontlik sal doen om dienste ná die staking so gou moontlik te herstel.

Die stakers het die afgelope week groot skade en enorme ontwrigting in die middestad veroorsaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Amanda ·

Ai wens ek kan ook n 18% verhoging kry terugwerken na 2010! Wonder wie gaan al die gemors nou opruim.

Andre ·

Wat nou van al die skade, wie gaan dit vergoed ? Laat die organiseerders betaal met hul “vergoeding” wat hulle nou gaan ontvang.

Lolla ·

Hulle self, nie so ver gedink toe hulle al die rommel gestrooi het nie.

Anoniem ·

Hoekom nie die belange van die publiek beskerm nie. Ons betaal deur ons nekke vir diens lewering, maar nee wie moet nou weer vir hierdie gemors betaal. Ons land hardloop met n verskriklike pas agter uit. Hoe kan hulle in elk geval n 18% verhoging terug werkend gee. My verhoging was n skamele 3% het geen keuse nie waag ons om te stike word ons summier af gedank. Hierdie piesang republiek maak my siek man.

Joubert ·

… en moenie worry nie, ons het agtergekom ons kan die (voorheen) middelklas lojale betalers se rekening maar net met nog so 20% verhoog (ons doen dit mos nou op gereelde basis), dan behoort ons die ekstra bonusse maklik te kan bekostig.

Dis tyd dat ons alternatiewe begin kry vir munispale dienste. Hierdie varke van animal farm gaan elke jaar eenvoudig net meer en meer uit ons wil uitwurg.

karen ·

en nou gaan die hoofde staak….. want daardie verhoging is klaar spandeer

Cherokee ·

heheeee.. en die vensters stukkend gooi!! Karen..:-))) !!!

Cherokee ·

Dit is onbehoorlik om sjò vroeg te drink.. maar Karen .. sjjucks.. ek sjal moet ‘n kjelkie skink op Karen wat die nawwek ingelyf het met daarie ene!

Ralph ·

En nou gaan hulle weer mildelik oortyd skep om hul eie gemors en plunder op te ruim. Werkskepping volgens ANC.

charmaine ·

En nou wie gaan dit gemors opruim? Hulle het nou net vir hulle self meer werk gemaak nou moet die munisipale skoonmakers in elk geval hulle rommer gaan opruim.
Dis nou werkskepping!!

Hoop die Oorsee se lande het waargeneem?

Lana ·

Hallo Charmaine, ongelukkig stel oorsese lande glad nie in Afrika belang nie — veral Noord-Amerika en Kanada steur hul glad nie aan wat in die res van die wêreld gebeur nie, nie eens aan wat in Europa gebeur nie. Die koerante, TV en tydskrifte hier berig geensins oor Suid-Afrika nie, nie eens die plaasmoorde nie. Ek glo vas dat die “nuus” dat Mnr. Trump die plaasmoorde was laat ondersoek, was ook vals nuus want nie eens in Amerika het hulle daaroor berig nie.

Kandas ·

Amanda, opruiming sal seker na ure geskied, teen ‘n goeie oortyd tarief!!!

Anoniem ·

En wat gaan dit alles kos? Waar gaan die ekstra geld vandaan gekry word?

Ek wens IEMAND het een slag die moed om nie in te gee aan die werkers se eise nie. Ons is besig om die drakie vet te voer deur altyd bes te gee. Volgende keer weet die werkers: maak net amok, en dan kry ons ons sin.

Die stakers word dus beloon vir die skade en ongerioief wat hulle veroorsaak het!!!

Boet ·

Werk uit wat is die skade en trek dit van die bedrag af en deel die kleinfeld dink net dit sal regverdig wees of hoe jy kan nie net loop en plunder

Genieve ·

Nog n staking gaan sy opwagting maak want van die werkers wat meer pay se geld word gevat..gee my ook R15 000,00 asb.

Lizelda ·

Ek hoop van harte die Top bestuur wat net hulleself verryk het sonder om aan die gewone werkers te dink, dink volgende keer BAIE mooi voor hulle sulke onnosele besluite neem. Die hele staking sou nie gebeur het was dit nie vir hulle gierigheid nie.

Mariana ·

Ja nee gooi ‘n vloermoer en kry jou sin. Nou toe gaan doen nou julle plig en gaan maak julle gemors skoon. Maar nee iemand anders moet nou opruim. Verdomde hooligans

Doris ·

Dit is baie sleg om te sien wat van die Munisipaliteit werkers kry gaan stel bietjie ondersoek in by die begraafplase kan nie glo die werk wat hulle doen en wat se betalings kry daardie mense met geen voordele nie. Dit is n skande hulle het ook gesine en moet kan lewe. Daar moet gekyk word na daardie mense ook.

Danie Theron ·

Die verhoging aan bestuur was ‘n ondeurdagte dom onnosele besluit. Die DA wys weereens hy het nie die vermoee om beter te doen as die vorige korrupte ANC bestuur.
Tel die belange en oorlewing van die oorbelaste belastingbetalers van Pretoria nie meer? Skaam jul DA!!!Het iemand al die produktiwiteitsvlakke van Tshwane se personeel getoets?Te veel personeel?Koste van opruiming: Moenie belastingbetaler verder belas..stuur rekening vir Vakbonde

Jerry ·

Geen twyfel bestaan dat die Tshwane-metroraad korrup is en hulself probeer verryk het met die 18% verhoging, nogal terugwerkend na 2017! Belastingbetalers behoort verheug te wees dat die werkers die selfverryking ontbloot het en dit gestop het. Die laagbesoldigde werkers wat eenmalige betalings gaan ontvang, verdien dit! Burgerregteorganisasies was veronderstel om die selfverryking te geidentifiseer het en dit te gestop het, lank voordat die werkers sou wou begin met die staking. Julle moet wakker slaap, julle het juis ook n ooreenkoms aangegaan met die einste raad oor die elektrisiteitsverhoging!

Pieter ·

Die morsjorse gaan seker nou oortyd teen 18% hoër betaal word om die plek weer effens skoner te maak om die arme vetontregtes nie te ontstel nie.

wil saam staak ·

Ek hoop van harte dat daai spul belasting gaan betaal op daai klomp geld wat hulle gaan kry

EV ·

Die verhoging wat die base vir hulself gegee het was buitensporing in vandag se moeilike ekonomie waar baie gewone mense sukkel. En om dit terugwerkend te maak tot 2017 was ’n skande. Ek verstaan hoekom die werkers ongelukkig was.

Diertjie ·

As ek net 7000r Kan kry sal ek baie bly wees maar ek is wit en kry nie werk nie al het ek diplomas en 19 jaar mediese agtergrond. Wonder wie gaan saam my toi toi ????

John ·

… en is die so eties-korrekte munisipale bestuur nie van die DA nie, wat dan glo beter sou wees as die ANC? Skaars ontslae van die vorige burgemeester met sy glo nuwe bloudruk en die blou skandes begin uit die blou kis klouter…

Ella ·

R20000 per maand? Is dit hul minimum loon?
Ek het 8 jaar gelede afgetree as Admin Beampte by n stadsraad en my laaste salaris was R17 000 en ek het R13000 huistoe gevat
Ons betaal deur ons nekke in Pta en hulle skep net
Dis om van siek te word

marous ·

En die wat die land regeer dink hulle is in beheer ? Weerhou alle belasting sodat die plek vir eens en altyd kan sink .

ANC ·

Sjoe maar dis n lekker party wat julle daar in die Transvaal finansier. Geen wonder julle moet so baie vir dienste daar betaal nie. ….. al is dit hoe swak. Vat jou goed en trek Ferraira. Tyd dat ons maar gaan waar dit sinvol is om te woon.

ZET ·

Dit is nie net die gemors wat weer opgeruim moet word, daar is ook geen werkende
robot oor. Als is verniel.

TILLA ·

Salaris van R20 000 per maand. Ai is daar nie vir my ook werk by City of Tshwane
Werk al sedert 1969 en kry nie naastenby so ‘n salaris

City of Tshwane Werker ·

Ja die staking was baie erg. Dit was uiters moeilik vir ons nie-stakende werkers om by die werk uit te kom. Sommige van ons kon glad nie eers by die werk uitkom nie. Ja ek is ook nou van die wat R10 000 extra gaan kry, en waarskynlik weer ‘n verhoging nadat hulle die skale van al die verskillende stadsrade gaan ondersoek. Baie sal seker vir my sê “nou verwat kla jy?” maar teen watter prys later?

City of Tshwane Werker ·

Die staking was baie erg. Van ons nie-stakende werkers het baie moeilik by die werk uitgekom. Van ons kon glad nie eers kom werk het nie. Ek gaan ook R10 000 kry, en waarskynlik nog ‘n verhoging wanneer die ondersoek t.o.v die skale van al die ander stadsrade afgehandel is. – soos ek verstaan oor 60 dae, Sommige sal waarskynlik vir my vra “vir wat kla jy dan? ” Ongelukkig kom dit met ‘n prys later. Maar nou ja wie is ek om nou beter te wil weet……

Blink kant bo ·

Tshwene se naam was weer hoog gehou vir die wêreld om te aanskou. “Service Excellence”.

Linda ·

En ek neem aan die DA gaan die ekstra uitgawes dra vir die buitensporige salarisverhogings o ja en sommer vir die skoonmaak ook. Hulle besluit het die gemors veroorsaak hulle kan daarvoor betaal. Hoekom moet ek nog meer kripeer om vir ander se foute te betaal? Een ding is verseker hulle kry nooit weer my stem nie.

Lizelda ·

Dankie Linda. Bly om te sien daars meer mense wat sien die liewe DA is toe nie so squeeky clean soos wat hulle heeltyd op tv skreeu nie. Die DA het nie my stem id laaste verkiesing gekry nie juis oor ek gesien het hoe agteruit alles in Pretoria gegaan het vandat hulle oorgeneem het nie en natuurlik die feit dat ek gesien het dat hulle een vd grootste rassistiese party is teenoor blankes. Dit het baie duidelik uitgekom in soveel gevalle. Nee wat die DA is die grootste klug party!!

Hans ·

Word beloon vir/na onwettige optrede-ek sien uit na die dag wanneer vakbonde se mag gebreek word

Pierre ·

Wil nou weet, ek kon nie my afspraak nakom vir my bestuurslisensie hernuwing nie want ek was geblok by die Waltloo sentrum. Mense het selfs vanaf Roodepoort gekom om lisensie hernuwing te doen, het reeds n maand gewag vir die afspraak. My dogter moes vir haar leerling lisemsie gegaan het, maar daar is geen diens nie. Hoe gaan hulle my nou akkommodeer

Anoniem ·

We want money, we want money who is going to pay for the mess you have made we want money.

Louis ·

Tshwane. Die besluit van 18% vir die topbestuur was onnosel.
Hulle moes geweet het wat kom. Topbestuur se vergoeding is hopeloos te hoog vir dit wat hulle doen. ANC of DA kan nie ‘ n dorp, stad of land regeer nie. Hulle wou mos met die verhoging van elektrisiteit die inwoners verneuk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.