Tshwane-werkers wat aanhou staak dalk hul werk kwyt

Werkers staak al vir dae. (Foto: Mohlaloga the Les/Twitter)

Dit Stad Tshwane het begin om kennisgewings uit te reik om werknemers wat die afgelope week by die onwettige staking betrokke was se werkskontrakte te beëindig.

Onwettige stakings wat glo deur ʼn aantal werknemers van die metro gedryf word, lê dienslewering sedert 15 Maart in dele van die stad lam.

Volgens Randall Williams, burgemeester van die Tshwane-metro, is daar Dinsdag kennisgewings aan ongeveer 19 werknemers by die Mayville-depot uitgereik. In die kennisgewing gee die stad aanduiding dat hy dié werkers se kontrakte gaan beëindig indien hulle met onwettige stakings voortgaan.

Die werknemers word verteenwoordig deur die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu).

“Hulle het tot Donderdag 24 Maart om skriftelike redes te verskaf waarom hul dienste nie beëindig moet word nie,” sê Williams. “Die stad sal daarna ʼn besluit neem of hul dienste beëindig moet word of nie.

“Die oorgrote meerderheid van Tshwane-werknemers is verbind tot hul werk en om die inwoners van hierdie stad te dien, soveel dat hulle bereid is om hul lewens in gevaar te stel te midde van intimidasie, dreigemente of selfs fisieke geweld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Frank ·

Dit behoort eerder die norm as uitsondering en nuuswaardig te wees

Nico ·

Alweer die Unies wat dit veroorsaak, die grootkoppe van die Samwu unie kry mos elke maand hul volle salaris. Die stakers wat hulle ore uitleen sit nou sonder werk. Maak alle unies tot niet.

Wondermaarnet ·

As werkers dom genoeg is om die unies te glo, moet hulle maar die gevolge dra. Geen simpatie.

Sarel ·

Wil nog sien …sal soos gewoonlik weer indiens geneem word daarom skrik hulle nie

Wondermaarnet ·

Dié wat nie wil werk nie en net daar is om moeilikheid te maak moet gaan. Daar is ander bevoegde mense wat wil werk.

Kobus ·

En dan? Dan verwoes die wat nie afgedank is weer alles totdat die afgedanktes weer aangestel word.

Perdeby ·

Ja asb laat hulle gaan, want hulle wil nie werk nie. Kyk hoe lyk dit op die hoek van Hertzog en Johan Heyns in Wonderboom Suid?? Ons ry al vir 2 dae deur ‘n swembad vol water, die park oorkant is onder water. Die volgende straat is daar ‘n verskriklike pot hole , wat hulle darem die moeite gedoen het om af te sper.

Frederik C ·

Siende dat dit ‘n onwettige staking is, moes hul in elk geval afbetaal word. Nou word hulle eerder gepaai. Daar’s miljoene sonder werk, dus kan hul maklik vervang word.

Blikkantien ·

Ideale geleentheid om die staatsdienswerkers se getalle nou bietjie uit te dun. Ek is seker hulle sal geensins gemis word in hulle poste nie.

Nie Verbaas ·

Julle kan hulle net sowel los. Hulle verrig presies dieselfde hoeveelheid werk en skade as wat hulle nou met staking doen.

Schalk ·

Snaaks as daar nie unies betrokke is nie werk almal sonder probleme ewe hard en die atmosfeer is ook soveel beter. Unies veroorsaak meer ontwrigting en werksverliese as wat enige werkgewer ekonomies kan dra.

Di ·

VAKBONDE in die grootste euwel in hierdie land! Hulle sit agteroor, kry vet salarisse en veroorsaak net drama sover hulle gaan. Betaal werkers af wat onweetig staak, PUNT. Daar is miljoene wat sonder werk sit wat hulle poste kan oorvat en graag wil werk.

Genis ·

Hul sal alles in hul vermoe doen om nie te werk nie… Die asblik mense staak, en dan Saterdag wanneer hulle vullis kom optel, het hulle ook die vermetelheid om vir keoldrank en geld te bedel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.