‘Tsoenami van roekeloosheid spoel oor SA’

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die Vryheidsfront Plus het Vrydag kommentaar gelewer kort nadat die kredietgraderingsagentskap Fitch Suid-Afrika ook na rommelstatus afgegradeer het.

Adv. Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê die afgradering dui daarop dat die tsoenami van roekeloosheid wat pres. Jacob Zuma losgelaat het met sy jongste kabinetskommeling, steeds sterk oor Suid-Afrika se ekonomiese landskap spoel.

Alberts meen dit kan verwag word dat Moody’s dieselfde sal doen en dat Suid-Afrika dan totale rommelstatus sal hê weens Zuma en sy kaders se optrede. “Die enigste ligpunt is die groeiende burgerlike weerstand soos vandag (Vrydag) gesien is in optogte regoor die land van mense uit alle agtergronde wat eis dat pres. Zuma bedank,” het Alberts gesê.

Alberts meen die anti-Zuma-optogte is belangrik omdat dit aan buitelandse beleggers wys dat daar wel mense is wat opstaan teen Zuma en dat hy dalk voor 2019 uit die kussings gelig kan word.

Maroela Media het vroeër berig Fitch het Suid-Afrika van BBB- tot BB+ afgegradeer. Volgens Fitch hou die afgradering verband met die onlangse politieke gebeure, insluitend Zuma se omstrede middernagtelike kabinetskommeling verlede week.

“Die kabinetskommeling, wat die afdanking van Pravin Gordhan as minister van finansies en sy adjunk, Mcebisi Jonas, insluit, sal waarskynlik lei tot ʼn verandering in die rigting van die land se ekonomiese beleid,” het Fitch in ʼn verklaring gesê.

Volgens die kredietgraderingsagentskap het verskille oor die land se kernkragprogram die afdanking van die vorige minister van finansies, Nhlanhla Nene, voorafgegaan en het dit ook moontlik bygedra tot die onlangse kabinetskommeling.

Standard &Poor’s het Suid-Afrika se kredietgradering Maandag tot rommelstatus afgegradeer en gesê Zuma se kabinetskommeling is ʼn risiko vir fiskale en groei-uitkomste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan ·

Hulle doen dit doel bewus…..die ou van die ANCYL het genoem hulle geen nie om oor afgradering nie…….die doel is dat besighede sal ontrek uit suid afrika….saam met dit gaan wit monopoly geld… die ekonomies stort in duie…..hulle dink dan kan hulle alles oorneem van banke, myne, en ens ens en van vooraf weer SA opbou sonder dat wit mense hier is…… want hulle dink ons gaan almal net land uit dan…….malema het ook al gesê wit mense sal nog almal uit hul werke bedank en trek……

Johann ·

Jy sê 2019 ou grote, nee wat teen daai tyd is daar nie eens meer ‘n munt masjien oor nie

TM ·

Net jammer die president het geen konsep of begrip van enigiets nie. Ons kan wat doen om ons stem dik te maak dit pla hom min. Hy gaan saans huis toe asof niks gebeur het nie. Hy het geen gewete oor niks nie.

Junk ·

Die ANC leierskap word as JUNK geag, net soos ons dit daagliks ervaar.

Henri ·

Ok so dan is SA nou JUNK, ek dink teen maandag as almal nog in die bed le en besluit of hulle gaan werk of toytoy dan het Moody’s ons ook afgradeer…. Vat net 2 om SA as Junk te afgradeer maar Moody’s gaan nou die kers mooi op die koek sit……………..

marx ·

mark my words: besighede in WIT hande gaan nou sommer dadelik die rommelstatus gebruik om pryse van klomp goed sommer baie meer te verhoog as die slegte inflasiekoers weens rommestatus. En hulle hoogheilige verduideliking sal bloot wees: “Ons ekonomie is as rommelstatus afgegradeer, so dis logies dat alles gaan duurder word. Dit alles laat my wonder: sal radikale ekonomiese transformasie, wat lei tot nasionalisering van die hele ekonomie en dis die instel van sosialisme/kommunisme, dalk regtig so negatief vir die land wees? As die staat die volle ekonomie besit en beheer, sal pryse vir die gewone mense mos afkom.

Ja nee ·

Marx, jy is 100% korrek! Dit is presies wat gaan gebeur dis al klaar besig om te gebeur ekt dit vanoggend gesien met n prys veranderring van n item wat ek gekoop het gister was dit nogR13,50 en vanoggend toe ek weer dieselfde item wil koop toe is die prys sommer verhoog na R21,90???? Dit gebeur alreeds. Wat kan en gaan ons daar omtrent doen?

Basjan ·

Hulle gaan die Staatskoerant se naam verander na “Junk Mail”.

John ·

Lees op die Internet tov Zuma-familie hoe lekker rol die spul in die $€£¥R van kapitalisme, maar ‘huil’ oor die armes wat glo plase nodig het en gratis moet alles… maar staatsmaatskappye word uitgedeel aan vriende en groot salarisse en perks wat skrik vir niks. Panservoertuie moet nou die tsoenami’s van kritiek weerstaan en ryk anties na die supermark karwei vir weelde-inkopies terwyl die volk betaal vir die uitbouing van hul koninkryke. As ons geldkas leeg is, druk hulle nog soos Mogabe? Miskien is dit raadsaam om nou al rande te ruil vir… ek gaan.

John ·

… en kyk hoe besing Gordhan vandag die ANC en Chris Hani en vertel hoe die sg wit regime opponente vermoor het… Oppas vir hom… Hy sing nou ‘n ander deuntjie… en almal was aan sy voete…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.