Tugsaak teen dokter wat aborsie glo afraai wéér uitgestel

Dr. Jacques de Vos.

Die organisasie Dokters vir Lewe Internasionaal sê hy is teleurgesteld in die soveelste vertraging in die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) se verhoor van dr. Jacques de Vos (32).

Die RGB kla De Vos van onetiese gedrag aan, nadat hy ʼn swanger ma meegedeel het dat haar ongebore baba ʼn mens is.

Die saak teen hom sloer al jare lank. Dit moes aanvanklik op 3 en 4 Oktober in Kaapstad hervat word, maar is nou wéér uitgestel – dié keer omdat die RGB versuim het om sekere dokumente aan De Vos se regspan te voorsien. Die dokumente is oorspronklik in Junie verlede jaar al aangevra.

Martus de Wet, De Vos se prokureur, het gesê sy kliënt moes aanvanklik in Augustus verlede jaar voor die tugkomitee verskyn het. Nadat sy regspan meer besonderhede oor die omvang van die klagte teen hom gevra het, is dit egter laat vaar. Hy is daarna weer aangekla, maar die aanklagte is kort voor die verhoor sou begin, verander en met nuwe aanklagte vervang.

De Vos was ’n intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom geskors het van sy ginekologie-rotasie omdat hy aan swanger ma’s gesê het dat hul ongebore babas mense is.

“Dit was volgens hulle nie ’n bewysgebaseerde medisyne nie. Gevolglik het die hospitaal, ná voltooiing van sy huisdokterskap in Junie 2017, geweier om hom af te teken, wat hom effektief belet om voort te gaan met sy loopbaan as mediese dokter,” het De Wet Maandag in ʼn verklaring gesê.

Sy regspan voer aan De Vos word gestraf selfs voor sy verhoor begin.

Die verhoor is nou na 28 Oktober uitgestel. Verskeie mediese kenners sal na verwagting tydens die verhoor getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Ware Heer ·

Kyk net hoe kom ‘n ware man op vir ons vrouens en weerlose mensies en dan het hierdie siellose teef die vermetelheid om hom te verkla. Instede van die massas se harte te verhard om sodoende fetusse as deel van die voedselketting te bewerkstellig in die toekoms is dit nie beter om alle dogtertjies chemies onvrugbaar te maak nie? Sodra ‘n vrou dan eendag wil voortplant kan mens nog steeds die eierselletjie uit die eierstok trek en in die Fallopianbuis loslaat.

Petro ·

Ek ook.. Staan 100% agter jou Dokter. Jy is ‘n goeie man.

Danie Gerber ·

Hoe verwag julle verandering as julle bly stem vir partye wat aborsie toelaat? Begin stem volgens julle oortuigings. ANC, DA, EFF is pro aborsie. Verander julle stemme en bring so verandering.

Elize ·

Hoe op hierdie aarde kan iemand abosie goedkeur.man dis MOORD.maar jy mag nie jou kind tugtig nie.watse soort regeringsamptenare het hierdie land.maar eending weet ek God sal met julle almal afreken,dalk nie vandag of more nie,maar daar is iets soos oordeelsdag.dan is mooi broodtjies bak hopeloos te laat.

Estelle ·

Dit is sinneloos om ‘n Dr te verkla en hofsake te maak vir iets wat die werklikheid is. ‘n Mens is ‘n mens al is die spermsel net geplant en dit is nie in ons hande of ‘n Dokter se hande om ‘n lewe te be-eindig nie dit is GOD se werk. Ek is bly die hofsaak sloer en sal heuglik my hande klap as hier van niks kom nie. Die arme (Dr) mens is onskuldig en word aangekla oor nietighede. Dit is nou ‘n vrou wat niks met haar tyd te doen het nie en sulke nonsens uit te dink. Die duiwel heers orals en ek dink dit is bitterlik onregverdig om iemand aan te gee vir ABSOLUUT NIKS. Ek het ‘n boodskap vir die vrou trek jou onnodige saak terug en jy het toegelaat dat daar ‘n mensie binne jou is waarmee jy eintlik geseënd is. Baie smag daarna om ‘n kindjie van hulle eie te kan en mag hê

Mariaan ·

N ongebore baba is tog n mens??? Hoe nou anders? Ek het nog nie n vrou gesien wat geboorte gee aan n hondjie of n katjie nie??? Verstaan nie die storie nie

Jessica ·

Well when i was pregnant it was a human that i carrie, in Afrikaans it’s ‘n mens 100%, we don’t carry alliens or animals, we carry humans/or ‘n klein mensie. Dr. don’t stress you will win this case I’m right behind you, its ‘n mens.

Sonskyn ·

Ja nee wragtig. Ek is 35 weke swanger en ek kan pop se kop vol wanneer sy strek in my ribbekas in. Nou as die klomp oortuig is dis nie ‘n mens nie, hoop ek maar ons kry nie ‘n alien nie.

Mense kan belaglik redeneer.

Jack Klok ·

Dis ‘n absolute skande hoe die dokter getreiter word deur mense wat hoog opgee dat die doodstraf vir moordenaars onmenslik is maar sonder om ‘n oog te knip ‘n ongebore mensie wat niemand enige kwaad aangedoen het nie en waarskynlik ook nie gevra het om verwek te word, dood te maak deur vrugafdrywing.

Die ANC regering wat hierdie skande moontlik gemaak het om fetusmoord te wettig sal nog daarvoor veraantwoording moet doen. Geen sondes word ongestraf gelaat nie.

Duifie ·

Baie goeie standpunt. Ek sou wel wou byvoeg dat, indien die dokter die opmerking gemaak het uit sy vaste geloofsoortuiging en dit ook as n feit bedoel het, kan dit onmoontlik vervolging regverdig.

marous ·

Gaan die mediese kenners getuig dat dit nie ‘n mens is nie ? Gaan werk oorsee jong man . Hier is geen toekoms nie . Dis die waarheid .

PATTY ·

Ongelukkig kan hy nie oorsee gaan werk nie want hy is nie afgeteken deur die Mediese Raad as dokter nie. Dieselfde het paar jaar terug gebeur met n verpleegster wat hul ook nie wou afteken nie en sou kon dus nie aansoek gedoen het vir werk nie. Wie betaal hierdie mense se daaglikse uitgawes wat hul moet nakom om te oorleef?

Marcel ·

Dit help nie om oorsee te gaan nie, hier in ‘n oorwegend ateïstiese Nederland word jaarliks meer as 30 000 swangerskappe op hierdie manier beeindig…en waag dit net om teen die ‘moderne’ tydgees in iets te sê…jy word dan aangekyk of jy gek is. Hier mag kinders van 16 al besluit dat hulle ‘levensmoe’ is en dan mag hulle kies vir ‘hulp bij zelfdoding’ waarby ‘n dokter hulle mag begelei. Ek hoop so dat Suid-Afrika nog ‘n klein voorbeeld van normes en waardes kan wees vir die siek geestelike staat van Wes-Europa.

Linet ·

Onthou net dat hierdie tendens wereldwyd voorkom, waar pro choice besig is om al hoe gewilder te word en ongebore baba’s se menswees nie erken word nie. So ander lande net so erg of erger.

Jessica ·

This woman is looking for a quick money make, what does she call her baby that she carry, not a mens, well she must be having something from space then that all our pregnant mothers did not carry, we carried a mens, so sorry for her

Dismoord ·

Dit is n piep Klein mensie. En nou word n doktor gestraf wat die waarheid praat. En aborsie is dat n onskuldige Klein mense vermoor word. N volk word geken uit hoe hy sy babas, kinders en ou mense behandel.

Rudie Booyens ·

Ek het die grootste agting en respek vir jou, dr. Mag jou vrede te midde van dié storm groot wees!

Presies ·

As dit nie ‘n mens is nie, wat ís dit dan? Feit is, aborsie is ‘n vet geldmaakbesigheid…

Jakes ·

Die dokter tree eties op en word daaoor aangeklae. Weereens n bewys hoe geestelik siek mense geword het. Ek het geen respek meer vir die medieseraad of die ANC regering nie.

Oop Oge ·

God will come down with fury unto those who call wrong right and right wrong…
A righteous man lost his future (without mercy) for the sake of honesty and truth…
God will repay in His time…..

Lizl ·

Die eed wat hy afgele het as dokter, bepaal dat hy lewens moet red, nie lewens moet neem nie.

Ans Watkins ·

Nou wonder ek, wat is n baba ?? Is hy nie n mens nie? Hy is klein maar n mens beslis . 100%mens net nog klein. Sterk Dr. Mag jy geseën wees .

Bullseye ·

Wel hy het die waarheid gepraat! Watse siek samelewing woon ons nie in nie!? O ja.. mens mag mos nie meer die waarheid praat nie…

Jana ·

Drs vir lewe…het n probleem daarmee as n dr vir iemand se n ongebore baba lewe…klink soos pro life(2 kill) – pro choice.. nie geweet daar is nog mense soos jy nie…Dr de Vos…jy is my hero!!!!!!

Rudie Booyens ·

Ek het die grootste agting en respek vir jou, dr. Mag jou vrede te midde van dié storm groot wees!

Bekkie ·

Sterkte Dr de Vos, hierdie mense wat aborsies wil doen is besig om God te speel, en gaan swaar gestraf word.

Angelique Edmonds ·

Dit maak nie saak wie wat gesê het nie, Dr de Vos of die vrou. Aborsie is moord, hoekom het sy swanger in die eerste plek geraak. In vandag se lewe is daar voorbehoel middels, kondome en ander maniers om nie swanger te raak nie. Ek dink peraoonlik dis net n geld maak storie. Dit is n baba van dag een af bly n klein mensie maak nie saak hoe jy daarna kyk nie. Aborsie is moord. Ek is n mamma van 2 kinders, my seun is 21 en my dogtertjie 3 n geskenk van Ons Vader wat ek vir niks in die wereld sal verruil nie. My kinders verskil 18 jaar. Ek glo dis nie ons besluit nie, dis wat Ons Vader dink dis wat ons nodig het. Wie is ons om n besluit te maak, as Ons Vader n mens daai dierbare geskenkies gee. ABORSIE IS MOORD MAAK NIE SAAK HOE JY DAARNA KYK NIE.

Sad ·

Enige lewe wat geneem word hetsy dit op n maand of 5 is….. punt is as daar n hartklop is is dit n lewe en ja, as jy n mens is dra jy n mens. Liewe Dr. jy het sommer n klomp mense wat agter jou staan want dit is feite!!!!!:-(

Ek ·

Ek stem saam met jou dr. Ek sou ook nie ‘n aborsie uitvoer nie dit is MOORD waar daar hartklop is , is daar lewe. Jy sal die saak wen . Ek is seker baie mense in ons land staan abno vas agter jou en ek is een van hulle! Dit is verregaande om te dink hulle verwag van diendr om moord te pleeg.

santie ·

Hierdie Dr word aangekla omdat hy nie ‘n aborsie wou doen nie. Maar dit is teen die wet om genadedood toe te pas vir mense wat reeds op sterwe lê en ‘n vol lewe gehad het? Ek stem 1000% saam met hierdie dokter. As die ma verkrag was kan ek nog verstaan, want ek weet ek ook nie hoe mens so baba kan dra tot by geboorte nie. Dit moet bitter moeilik wees.

Dissie ·

Santie, dit is moeilik ja. Maar jy kan nie die baba straf vir sypa se sonde deur hom te vermoor nie.

Maljan ·

Wel nog van Mogoeng Mogoeng se bekwame regters. Daardie babbas was mense wat die !an nie wou vermoor nie. Maljan

Yvonne ·

Dit is absoluut ongelooflik!!! Is die reg op keuse nie ook op hom van toepassing nie? Sekerlik mag hy besluit oor iets . As die vrou mag besluit of sy wil aborteer, sekerelik mag die Dokter besluit of hy dit gaan doen of nie. Die oomblik dat daar ‘n samesmelting van die sperm en eier plaasvind begin daar LEWE! My dokter het’n groot nota is sy spreekkamer gehad dat hy nie aborsies doen nie. Dr. De Vos ek staan bankvas agter jou en bid vir ‘n positiewe uitslag.

JR ·

Ja nee kyk al het die ANC die hoogste geleerde graad agter hulle name sal hulle nog nie verstaan wat ongebore mensies is nie plaas dat hulle die doodstraf terug bring God se skepping word al hoe meer vernietig hoe tragies sterkte dr

Vra maar net ·

Hoekom mag n baba geaborteer word plus die dr besluit die dag van sy geboorte ?? Sou die mamma die ternyn voltooi ..Maar genade dood mag nie toegepas word nie

Berdéhan Brand ·

” Lewe ” hoef nie bewys te word nie. As die manlike en vroulike gameet saamsmelt en die sigoot word gevorm, is dit lewe. Met ñ hartklop. Die mens word nie tydens geboorte geklassifiseer nie, maar by die begin. En die begin was voor die begin. Die dokter word “getug” omdat hy die waarheid praat. Hou so aan. Die waarheid maak vry. Die wêreld nie.

Adri Deysel ·

Mag ABBA Vader jou oorvloedig seen en beskerm teen alles wat sleg en verkeerd is. Ek wonder waarvoor sou jy aangekla word as jy sou se dat ongebore babas NIE MENSE is nie……. Dit is absoluut belaglik. Laat hulle dan bewys dat ongebore babas nie mense is nie…….Ek bid vir jou Dr en ek staan agter jou. ABORSIE BLY MOORD!!!!!! Laat hulle my asb nou aankla……….

Sê-maar-net ·

Ek stel voor dat hul die fetus, hoe klein ookal, laat groei en dan kyk of dit ‘n mens word. As die ma dan nie die babatjie wil hê nie, laat ons hom of haar aanneem. Ek het ‘n jong vriendin wat bittergraag ‘n baba wil hê! Hoe selfsugtig kan een vrou wees! Sy het immers die baba gemaak!

Christa ·

Die dr is korrek. Hy is sekerlik kind van die Here. Aborsie is sonde uit die hel. As Hy n Christen is Sal Hy nie skroom Om die sondige wereld se straf te vat nie want in die Hemel smile ons Koning. Die dr Sal in die Hemel n Groot belonging kry. Prys die Here dat daar nog mense is wat Christelike beginsels handhaaf.

Grassie ·

Wanneer bevrugting plaasvind is daar dadelik ‘n nuwe DNA geskep wat uniek is en verskil van alle ander mense op aarde se DNA, dus ‘n nuwe mens al is hy/sy nog net mikroskopies groot. Dit is nog voor daar ‘n hartklop is.
Die Bybel praat ook daaroor. In Psalm 139 : 15 – “My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie.”
Vers 16 – “U het my ongevormde klomp gesien en in U boek is hulle almal opgeskrywe” – dit beteken dat toe die fetus nog nie sigbaar ‘n mens is nie hy/sy reeds in die boek van die Skepper opgeskryf is (1953 vertaling). Die King James vertaling (die akkuraatste vertaling ooit) noem dit in dieselfde vers “my substance, yet being imperfect”.
Opsommend – Na bevrugting en voordat die fetus nog sigbaar ‘n mens is, ‘n “ongevormde klomp” en ‘n “substace”, het hy/sy reeds ‘n unieke DNA en is ook al in die boek van die Here opgeskryf. Iemand wat beweer dat hy/sy nie ‘n mens is nie gaan sekerlik verantwoording moet doen, en nie aan ‘n aardse regter nie.

Abel ·

Teken almal die petisie om die dr. en sy regspan te ondersteun.As alle Christene dit doen staan ons die duiwel tee.

Compensation ·

Die vraag om te aborteer of nie is n goeie vraag maar nie die korrekte een nie. Gaan n stapie terug en vra wat die rede is dat daar aborteer hoef te word en kom ons bespreek die redes vir mense se swak besluite wat veroorsaak dat hulle swanger raak met ongewensde mense. Dit is die vraag en NIE aborsie nie.

Renee ·

Kyk hoe sleg is die land heeltemal demonies. Staan saam met jou Dokter jys Awesome

Mic ·

Gaan my verstand te bowe… Moenie jou kind slaan nie maar maak hom/haar maar eerder dood.. Dr ek het soveel respek vir jou. Mag jy Geseënd wees

Jeremia ·

Ja, jy is ‘n ware dokter en verdien alle steun vir jou standpunt en beginsels.

Marina ·

Dit is ń mensie daar is dan ń hartkloppie. Jy is ń dokter duisend ons hou styf duimvas vir jou.

Rina ·

As daar mense is wat graaaaag rond zzzz .. kry die inspuiting … as daar abnormaliteit in familie voorkom gaan na Dept Genetika vir toetse … jul kan julself baie hartseer spaar. Sterkte dokter….. n dokter moes jare gelede n baba stuki vir stuki aboteer omrede die ma gejok het .die dokter moes anders was sy ontslaan .. haar lewe was noooit weer dieselfde nie

Rina ·

Waar is die ANC vroue nou ……… dit is moord ……. siek …. ….. en hulle sal altyd onthou en dit kom teruggggggg

Amanda ·

Aborsie is teen die wet of is ek nou agter die klip? Ek haal my hoed af vir die dokter wat geweier het om ‘n aborsie te doen, want in my oë is dit moord!! Sterkte dr, mag die reg geskied.

Rina ·

Amanda ek is bevrees jy is soos jy sê agter die klip. Aborsie is nou al n paar jaar wettig in Suid Afrika.
Dokter de Vos het die volste reg on te sê n fetus is n lewe. As dokter is se werk om lewens te red nie om moord te pleeg nie. Aborsie is moord.

Angelique ·

Sterkte Dr, staan 100% agter jou. Elke kommentaar wat ek gelees bewys hoeveel mense agter jou staan. Aborsie is moord. Swanger skap is ‘n geskenk van bo. Dit is ook hartseer om tedink, hoeveel van daai mamma’s gaan later hulle baba’s dalk in sak weg gooi… Self vermoor… Lees ook so baie van siek goed, van in baba op ashoop tot baba in asblik en selfs publieke toilets, dit is om van naar teword. Voor aborsie moet die vroue voorbehoedmiddels gebruik om moord te voorkom.

LK ·

Dr De Vos, as jy DIE saak wen en jy praktiseer trek ek Kaap toe na jou toe!!!

Natascha ·

Nee kyk ek sal ons land se wette no0it verstaan, dit is goed om jou kind te vermoor, maar om jou kind n pak slae te gee is n oortreding.
En die arme dr het niks verkeerds gedoen. Dr ons dink en bid vir jou, jy het die regte ding gedoen en gese, hoop net die howe sien dit ook so. Sterkte

Adel ·

Baie dankie dat jy opstaan vir daardie ongebore babas, en ja dit is ñ mens!!! Nou word hy aangekla, ons land het soveel dubbel standaarde, kan dit nie eens oorvertel nie.

Aborsie is moord, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie!!!!

Kotie ·

As jy daardie mens nie wou he nie hoekom he jy gaan le om hom te maak. Daardie Ma moet vasgevat word nie die dokter nie, want dit is n klein mensie daai, behalwe as die ma haar self as n selfsugtige DING beskou. Ek hoop sy het haar laat sterliseer dat sy nooit weer hoef n mensie te maak nie want sy verdien nie om n ma te wees nie. Dr ons staan agter jou jy het niks verkeerd gedoen nie.

Anne-marie ·

Op 5 weke begin daai klein mensie se hartjie te klop, maak nie saak hoe klein hy/sy dan nog is nie, daar is ‘n hart kloppie. Hoe kan jy vir my sê dis nie ‘n mens nie? Jy maak ‘n mens dood as jy gaan vir ‘n aborsie.

Retha Roux ·

Dr Vos, jy is ‘n man so na my hart. Staan by jou beginsels. Dit sal moeilik gaan, maar die Vader sal jou deur dit alles help

Piet ·

Nou het ek alles gehoor. As dit nie ‘n mens is nie, wat is dit dan – ‘n alien? Trots op hierdie man wat opkom vir dit waarin hy glo.

Hester Frau ·

Ek stem 100% saam. As n fetus nie n mens geag word nie. Moet ons seker redeneer dat ou en siek mense ook die lewe uitgehelp moet word. Moordenaars is dan ook nie mense nie…….maar wilde diere.

Reinette ·

Mens kan net jou kop skud vir die belaglike en onsinnige “rede” wat die tugkomitee voorhou. Het hulle te min werk? Ek het beslis die lewe aan twee mense geskenk 31 en 34 jaar gelede!! Sterkte dokter ons Bid vir jou. Mag geregtigheid vir jou geskied sodat jy toegelaat word om jou reg om jou loopbaan te beoefen gegun word.

Penelope ·

Dr ek dink daar is so baie mense wat saamstem met wat jy gedoen het. En dis sleg dat jy gestraf word omdat jy advokaat vir ongebore babas was.
Dit klink maar soos ‘n bietjie suurdruiwe, want solank as daar aborsies gedoen word, maak die instansie geld. Dr jy het nou in iemand se slaai gekrap…
Vir die vroue wat hul babas laat aborteer: Dink voordat jy doen, as jy nie wil swanger raak nie tref voorsorg. Ek voel ook dis moord. Dis ‘n ander saak as die ma se lewe in gevaar is of die baba erg gestemd is. Die Here het daardie embrio daar geplaas en mens moet dit koester.

Elsa ·

Goeie dokter

Met mense wat dink dat aborsie ‘n voorbehoed is, kan jy nie wen nie. Jy raak hul gewetens aan en daarom word jy vervolg. God se pad is nie maklik en gelyk nie. Hou koers en hou moed. Daar word gepraat oor die regte van mense, nasies, diere en plante en tog word die lewe binne-in ons liggame vergeet en verag. Daar is waarskynlik swangerskappe te danke aan ons hoë verkragtingsyfers en met armoede, drank en dwelmgebruik, word baie babas as ongewens beskou. Hoe besluit ek of jy of die ma wie moet lewe en wie moet sterf? Is hierdie ongewenste babas beter af met die vroue wat hulle nie kan of wil hê nie? Is daar nie reeds te veel ongwenste kinders in ons kinderhuise nie? Hoe beheer ons aanwasgetalle wat hand uit ruk? Defnitief nie deur moord nie! Ons hou jou in ons harte.

Rina ·

Wat ‘n puik dokter sou jy gemaak het. Jy is ‘n goeie mens en ek glo jou verhoor sal positiewe dinge bring. Ek het respek vir jou!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.