Tugstappe kom teen ANC-LP oor Zuma-uitlating

Dr. Makhosi Khoza, ANC-LP (Foto: Facebook)

Die ANC in KwaZulu-Natal het Woensdag gesê ANC-LP Makhosi Khoza “het te ver gegaan” deur ʼn beroep op pres. Jacob Zuma te doen om te bedank.

Khoza het hierdie uitlating Dinsdag by ʼn geleentheid gemaak wat deur die Ahmed Kathrada-stigting en Save South Africa ter viering van Nelson Mandela-dag gehou is. Die uitgesproke LP, wat al voorheen doodsdreigemente ontvang het, het gesê sy vind dit onuithoudbaar om gelei te word deur ʼn man wat daarvan beskuldig word dat hy vroue teister.

Mdumiseni Ntuli, provinsiale woordvoerder van die ANC in KwaZulu-Natal, het in ʼn verklaring gesê die ANC in KwaZulu-Natal “is sterk oortuig dat Makhosi Khoza nou te ver gegaan het en onmiddellik die gevolge van haar dade in die gesig moet staar”.

“Comrade Makhosi is ʼn lid van die ANC en ontplooi as ʼn LP wat nie immuun is teen die politieke dissipline van die ANC nie,” het Ntuli gesê. “Haar openbare streke en deelname aan ʼn platform wat bedoel is om die samelewingsleierskaprol van die ANC te vervang, kom neer op blatante verraad van die kernwaardes van die ANC.”

Ntuli het gesê Khoza se uitlatings is “die ergste vorm van arrogansie” wat heeltemal teenstrydig is met die gedrag wat van ANC-verteenwoordigers verwag word.

“Die provinsiale werkkomitee het gevolglik die ANC se provinsiale beamptes opdrag gegee om dringend en onmiddellik dissiplinêre stappe teen comrade Khoza te doen. Sy behandel die ANC met absolute minagting en ʼn algehele straffeloosheid.”

Die party het bygevoeg hy is diep geraak deur die bydraes van vrywilligers en ondersteuners van die ANC wat die Nelson Mandela-dag-vieringe in die provinsie ʼn dawerende sukses gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kiepie ·

Deur haar uitsprake te kritiseer as “verraad van die kernwaardes van die ANC” sê hulle in effek dus dat dit wat Zuma doen wel deel is van die ANC se kernwaardes.

Iamme ·

zuma en kie is óók nie immuun teen kritiek nie. Hulle kan nie mense wat die waarheid praat van arrogansie beskuldig nie…..zuma sélf is die voorbeeld van uiterste arrogansie en geweld aanhitser deur sy leuens, blatante minagting van die konstitusie en regstelsel en verdraaiing van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

michelle green ·

verstommend blyk dit dat zuma se optrede in orde is so ja verraai en verkoop jou land eerder uit dit blyk aanvaarbare gedrag volgens die sogenaamde KODE te wees

Petro ·

Me Makhozi Khoza ek haal my hoed vir jou af dat jy die guts het om teen Zuma op te staan die ander LP sal liewers hulle gewetes verkrag dit terwyl hulle weet hy jaag nonsens aan

Genieve ·

Ja jy sal maar getug word as jy die waarheid praat..iemand wie se oe oop gegaan het.

Marius ·

As daar meer ANClede soos sy was,was ons land nie nou in die gemors nie. Well done Dr. Khoza,you are an example to all of us. You go GIRL.

Eish ·

Dis maar weereens n kwade dag vir die ANC dat lede wat seker getrou aan die party se kontitusie, maar dislojaal teenoor magsvergrype gedissiplineer moet word oor die waarheid. Hul moet dalk maar n byvoeging inwerk by die reëls vir duidelikheid:
” Obedience without question. Loyalty above all!”

Ronell ·

Tipies ANC, hou alle onderduimsheid toe onder n digte karos want die wêreld moet tog nie sien hoe verrot hulle is nie. Wee die een wat durf waag om te bloot te lê.

willie ·

Die ANC hou duidelik nie van die waarheid nie, want dit maak seer!

Michal ·

Ek haal my hoed af vir hierdie brave vrou van die ANC wat ongeag dreigemente bereid is om standpunt teen Jacob Zuma te neem dat hy moet bedank. Mag sy ryklik daarvoor beloon word. Nog iemand soos Modontsela. Wens daar is meer mense wat die guts het om ook dit te doen.

Hollander ·

Ek het baie respek haar waagmoed om op te staan vir wat reg is. Mag sy ander inspirer om dieselfde te doen. Makhosi Khoza, dankie vir die verskil wat jy in ons land maak.

Vrot appel ·

Ek haal my hoed vir haar af! As almal net die waagmoed het wat sy het!!!!!

Lou ·

Miskien moet die NUK van die ANC eerder aangekla word omdat hulle nie LUISTER nie. Hulle is skynbaar heeltemaal doof.

cor ·

So sal dit gaan met hulle verkiesing einde van die jaar en ook in 2019 . Wil nie die waarheid hoor nie want dit kom uit n vrou se mond, en daar word mos geglo n vrou word gesien en nie gehoor nie. Wonder gaan Pravin ook aangekla word

Koos ·

Thuli Madonsela vir President en Makhozi Khoza as Visie President dan behoort dit ons land te red.

TDW ·

Ek vind dit nogal snaaks dat van alles wat Zuma van beskuldig word, die vroue teistering vir haar die breekpunt is.

Kosie ·

Die vrou het integriteit. Sy en Thuli moet vir die opposisie gewerf word.

Dovaz ·

Good for you girl!! Well done!! Hoop nie hul kry die arme vrou se lyk ook in haar kantoor oor die waarheid nie. God Bless you!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.