Tugstappe ná babas in hospitaal omgeruil word

(Argieffoto: Unsplash)

Die Gautengse departement van gesondheid gaan tugstappe doen teen hospitaalwerkers wat betrokke was by ʼn voorval waartydens twee pasgebore babas by die Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg omgeruil is.

“Die departement betreur die voorval,” het Kwara Kekana, woordvoerder, gesê.

Volgens Kekana het die hospitaal erken dat die identifikasie- en ontslagproses van die babas nie behoorlik gevolg is nie.

“Die twee babas, ʼn seuntjie en ʼn dogtertjie, is op 24 Julie gebore. Die babadogtertjie se ma het omstreeks 21:00, nadat sy die baba se doek omgeruil het, besef dat dit nie haar kind was nie omdat sy aan ʼn dogtertjie geboorte gegee het en nou ʼn seuntjie het.”

Volgens Kekana het albei kinders se ma’s ná die voorval berading ontvang. Die kwessie is ook dadelik na maatskaplike werkers verwys sodat DNS-toetse op versoek van een van die pa’s gedoen kon word.

Dié toetse is Dinsdag gedoen.

“Albei babas is tans in die Tambo-gedenkhospitaal terwyl die uitslae van die DNS-toetse afgewag word,” het Kekana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

So, as dit dieselfde geslag was, sou die ma’s dit waarskynlik nooit besef het nie. Miskien is dìt waarom daar somtyds ‘n kind in ‘n familie is wat heel anderster is mbt karakter ens, as die ander kinders.

LiveAndLetLive ·

Hoe gemeen kan mens nou wees, wat kry hulle nou daaruit?

agnes ·

Dit het met my 49 jaar gelede in die nationale hospitaal in Bloemfontein gebeur. Ek het n swaar tangverlossing gehad en babadogter moes vir 24 u in inkubasie gaan, gelukkig het hul n seuntjie vir my gebring anders sou ek ook nie geweet het nie . Wonder hoe dik well gebeur dit dan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.