Tugstappe ná herrie oor FNB-twiet

Die Twitter-boodskap wat die herrie begin het.

Die Twitter-boodskap wat die herrie begin het.

Eerste Nasionale Bank (FNB) sê hy is besig met dissiplinêre stappe na ʼn aanstootlike twiet van een van die bank se Twitter-rekeninge ‘n herrie op sosiale media veroorsaak het.

“Ons kan bevestig dat dissiplinêre stappe tans onderweg is aangesien ons genoop is om die vereiste arbeidsverhoudinge-prosesse te volg,” het Suzanne Myburgh, FNB se waarnemende hoof van digitale bemarking, gesê.

Dit volg nadat FNB se Twitter-persoonlikheid, @RbJacobs, ʼn herrie veroorsaak het nadat hy Dinsdagoggend op Twitter gesê het Steve van dié bank se advertensies is in Afghanistan, besig om ‘n bom onder ‘n gestremde se rolstoel te plant.

Talle volgelinge het hul misnoeë oor dié onsensitiewe boodskap uitgespreek. Die boodskap is kort daarna van Twitter verwyder en @RbJacobs het om verskoning gevra. “Aanvaar asseblief my verskoning,” het hy gesê. “My antwoord vanoggend was geensins bedoel om enigiemand te na te kom of gestremdes te verkleineer nie.”

Lees ook:
Herrie oor FNB se Twitter-“grappie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.