Lees ook:
‘Swart-gesig-foto’: Studente uit koshuis geskors
“UP sal nie enige vorm van diskriminasie en/of rassistiese gedrag deur enige van sy personeel of studente duld nie. Die gedrag van die studente in die foto is totaal onaanvaarbaar,” het Nicolize Mulder, woordvoerder van UP, gesê.
Mulder sê die foto is tydens ‘n private 21ste verjaardagpartytjie geneem.
“Omdat die studente geregistreerde UP-studente is, is daar dissiplinêre stappe teen hulle geneem aangesien hulle deur hulle aksies die naam van die universiteit in oneer gebring het.”
Mulder sê die universiteit het gister onmiddellik ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat hulle bewus geword het van die foto.
Die foto lok wyd reaksie uit op sosiale media:
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
43 Kommentare
Mis ek iets êrens? Waar is die foto waarvan almal praat?
In my werk as vertaler het ek as Afrikaanssprekende my lewe lank saam met Engelssprekendes gewerk en moes dikwels spottende verwysings na Afrikaners verduur, omdat hulle oor die algemeen minder gesofistikeerd as Engelssprekendes was/is. (Toe kon mens jou ongelukkig nie op “rassisme” beroep nie.) DUS: Ek dink ons moet ons almal weerhou van spot wat DISRESPEK teenoor enigiemand betoon, want op bloot menslike vlak maak dit die ontvanger seer. En om dit op sosiale media te laai, is om dit in die openbaar te doen. Hierdie studente moes eenvoudig van beter geweet het.
Wat in ag geneem moet word, is wat die doel van die “opdress” aksie was… was hul intensie om ‘n spesifieke ras te benadeel, of is dit maar slegs ‘n uitbeelding van steriotipering in SA? Is dit dan ook verkeerd om na enige tema partytije volgens tema aan te trek? As jy genooi word na ‘n Indier troue, sal dit gesien word as rassisme as jy in hulle klere drag verskyn en henna tattoo’s op jouself laat teken?
Ek dink SA is besig om die dam onder die eend uit te ruk.
Wat word van die briefies wat uitgedeel word by die Pukke kampus? “Kill the boer” “Kill the racist” “Kill Afrikaans”…. Niks natuurlik niks…. maar die foto wat by ‘n private partytjie geneem is maak hulle groot dinge van!!! NATUURLIK… Pateties!!!
Wat van die spookgesigte by inisiasie skole Nicolize Mulder? Wat van die spookgesigte wat by die verkeersligte in die middel van die pad verspotte danspassies uithaal? Nou dat jy baie tyd op hande het om kinderagtighede te ondersoek kan jy die ook ondersoek.