Tugstappe teen studente oor ‘swart gesigte’

Lees ook:
‘Swart-gesig-foto’: Studente uit koshuis geskors

Die foto wat op sosiale media versprei word

Die foto wat op sosiale media versprei word

Die Universiteit van Pretoria (UP) gaan tugstappe neem teen twee vrouestudente oor ‘n foto van hulle wat op sosiale netwerke versprei word waarin hulle gesigte swart gesmeer is.

“UP sal nie enige vorm van diskriminasie en/of rassistiese gedrag deur enige van sy personeel of studente duld nie. Die gedrag van die studente in die foto is totaal onaanvaarbaar,” het Nicolize Mulder, woordvoerder van UP, gesê.

Mulder sê die foto is tydens ‘n private 21ste verjaardagpartytjie geneem.

“Omdat die studente geregistreerde UP-studente is, is daar dissiplinêre stappe teen hulle geneem aangesien hulle deur hulle aksies die naam van die universiteit in oneer gebring het.”

Mulder sê die universiteit het gister onmiddellik ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat hulle bewus geword het van die foto.

Die foto lok wyd reaksie uit op sosiale media:


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Illa Conradie ·

In my werk as vertaler het ek as Afrikaanssprekende my lewe lank saam met Engelssprekendes gewerk en moes dikwels spottende verwysings na Afrikaners verduur, omdat hulle oor die algemeen minder gesofistikeerd as Engelssprekendes was/is. (Toe kon mens jou ongelukkig nie op “rassisme” beroep nie.) DUS: Ek dink ons moet ons almal weerhou van spot wat DISRESPEK teenoor enigiemand betoon, want op bloot menslike vlak maak dit die ontvanger seer. En om dit op sosiale media te laai, is om dit in die openbaar te doen. Hierdie studente moes eenvoudig van beter geweet het.

Carina ·

Ag nee regtig man, dis onskuldig, magtig, hoekom in ons “nuwe Suid-Afrika” moet alles uit verband geruk word. Nee die Studente moes nie van beter geweet het nie, magtig. Hou op om alewig hierdie rasisme ag shame kaart te speel, gaan word groot man. Dis so goed ons begin se die wit strepe in die pad is nie daar om ons veilig te hou nie, dis daar as gevolg van apartheid. Ek is nou al so gatvol om te hoor van rasisme dit, rasisme dat. As my hond op my swart buurman se gras gaan bollie dan is dit ook seker rasisme!!!

Bianca Van Wyk ·

Wat in ag geneem moet word, is wat die doel van die “opdress” aksie was… was hul intensie om ‘n spesifieke ras te benadeel, of is dit maar slegs ‘n uitbeelding van steriotipering in SA? Is dit dan ook verkeerd om na enige tema partytije volgens tema aan te trek? As jy genooi word na ‘n Indier troue, sal dit gesien word as rassisme as jy in hulle klere drag verskyn en henna tattoo’s op jouself laat teken?

Ek dink SA is besig om die dam onder die eend uit te ruk.

Lisa ·

Wat word van die briefies wat uitgedeel word by die Pukke kampus? “Kill the boer” “Kill the racist” “Kill Afrikaans”…. Niks natuurlik niks…. maar die foto wat by ‘n private partytjie geneem is maak hulle groot dinge van!!! NATUURLIK… Pateties!!!

de Bruin ·

Wat van die spookgesigte by inisiasie skole Nicolize Mulder? Wat van die spookgesigte wat by die verkeersligte in die middel van die pad verspotte danspassies uithaal? Nou dat jy baie tyd op hande het om kinderagtighede te ondersoek kan jy die ook ondersoek.

Ekke ·

Ek verstaan nie die regering van ons nie…NIKS BETER OM TE DOEN NIE!!!! Wat het hierdie studente nou verkeerd gedoen. Behalwe hulle opgemaak soos bediendes, wat is fout daarmee en waar is die rasisme daarin? Dalk moes daar stappe teen Michael Jackson geneem word, want hy het homself wit gemaak. Neem dan sommer ook stappe teen Leon Schuster wat homself as swart/indier vermom. En sommer ook mense wat na hobo en tema parties toe gaan.. Kan jy nou meer… Hoe sê die engelsman: “small things amuses small minds.”

Estelle ·

Gesigte BRUIN gesmeer (dalk was dit gesigmaskers!) O nee duiwel daar word latery oor die mees pity goed gekla! Maar wag dan mag ons ook kla want hulle boots ons hare na, hulle gebruik vel verligter produkte, en is lately baie baie skraler as vroeer jare! So ons mag geensins ‘n grap maak nie, dit is presies wat hierdie foto se “vet pret”

estelle ·

BIANCA, LISA EN DU BRUIN, stem 100% saam! Maroela julle raak regtig ‘n pyn met die verwydering van kommentaar “FREEDOM OF SPEECH”, of wil julle regtig he ons moet agteroor sit en stilbly!

Sune van Heerden ·

Dagsê Estelle

Is daar spesifieke kommentaar waarna jy verwys wat dalk nie op die stelsel verskyn het nie?
Kontak my gerus indien daar spesifieke kommentaar is waaroor jy navraag wil doen: [email protected]

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Anita ·

Ag asseblief!!

Ons het ‘n werksfunksie gehad en almal moes aantrek met iets wat begin met ‘n “M”. Een van die mense het aangetrek as ‘n “Minister”, ek ‘n gelowige, het nie gedink daar word met Christene die spot gedryf.

Dis regtig belaglik.

Sylvia ·

Ag asseblief!!! Kry tog net end met al die rassisme, alles is rassisme as dit wit op swart is, maar anders om is dit vir die “struggle” so absoluut moeg hiervan, almal vergeet so vining van die wedersydse rassisme wat ons elke dag mee saamleef, ek en my familie het dit Maandag op die lughawe beleef. Klomp klein swart seuntjies het met een van die trollies gespreel en het skrams teen my vasgery, daarna het hulle lekkerlik ‘n ander (en nou moet ek dit sê) blanke man reg van agter een sy bene vasgery, die man was, wat logies is, baie ontsteld, kort hierna het my dogter, in Engels, beleefd vir hulle gevra en gesê dat hulle moet ophou en versigtig wees, waarop ek toe sê dit is nie ‘n speeding nie, en die volgende oomblik, lag hierdie swart kind, met die grootste oopste mond met die aakligste lag ons in ons gesigte uit, waarop die ander ook begin lag het, die Ma het aangeslenter gekom en in haar taal vir hulle iets gesê, waarop daar toe eers lekker gelag is, en bloot aangegaan of daar niks gebeur het nie, geen sekuriteit was in sig nie, maar ek kan julle die versekering gee dat as dit blanke kinders was wat dit aan swartes gedoen het, was die hel los, die hele SA se polisie sou daar gewees het, Hierdie is ‘n feit en die waarheid, moontlik as almal die waarheid begin erken en aanvaar, sal daar kan begin word om versoening te prober bewerkstellig, maar daar word geskuil agter allerhande gemaakte “helde”, wat totaal en al ‘n klug is.

WTF ·

Wat van die stil staanende wit poppe langs die pad wat beweeg as jy geldjie gooi? gaan ook my hande in die lug gooi en rassisme skreeu – dis ridiculous!!!!!!!!

PURE BOER ·

Nou wat het van my kommentaar geword? :-(
Leon Shuster het almal aan die lag gehad toe hy swart geverf was, maar die jonges is n ander storie???? Ag nee wat. Suid Afrika mense wat net sit en sulke strond uitdink moet groot raak.

madelein ·

Regtig????? Van wanneer af het ‘n opvoedkundige instelling, of enige ander instansie die reg om ‘n mens te tug oor wat in jou privaatlewe gedoen word????

Tokkie ·

As Tuks teen julle optree vat hulle hof toe – hulle diskrimineer teen julle oor wat julle in privaat tyd doen.

Cherry ·

So then “The coconuts” can also be seen as racism, you sing “kill the boer” and related songs but are the first to make comments like “we are racists” and what not. Seriously, get real.

VerVanRyn ·

NEEEE!!! Wat de hel!?!?!? Die UP vat sy eie studente hof toe oor swart gesigte, maar die NWU distansieer homself van blatante haatspraak en weier om stappe te neem. Dis mos absurd! Vat die UP hof toe en dagvaar die laaste wit uit hulle uit!

estelle ·

Sorry Maroela julle het die kommentaar toe geplaas, miskien is die stelsel net baie baie stadig vandag!

Babs ·

Miskien moes hulle maar net stortkoppe gedra het. Niemand kan iets sê as jy iets in jou badkamer voorstel. Was dit swart studente wat hulle gesigte wit gesmeer het sou dit nie eens ‘n koerant gehaal het.

Babs ·

Was dit swart student wat hulle gesigte wit gesmeer het, het dit nie eens ‘n koerant gehaal nie. Ek sien nie dat daar “Korrupsie” op die rokke geverf is, so waaroor gaan die bohaai.

Deon van Rensburg ·

Op Twitter is daar ‘n foto wat die rondte doen van ‘n groep swart UP studente wat soos boere aangetrek het en ‘n bespotting maak van Afrikaners – geen haan kraai daaroor nie. Ek twyfel ook of UP locus standi het om teen die studente op te tree aangesien die aksies weg van enige UP aktiwiteite was en op ‘n privaat en geslote FB blad gepos was

Estelle ·

Vandag mag jy : moordpleeg, verkrag, steel, dwelms verkoop, soos ‘n maniak bestuur en ander mense se lewens verwoes! maar as jy blank is mag jy net nie, asseblief net nie ‘n RASSIS wees nie! Hoe siek is onse land SUID-AFRIKA

Chivago ·

Nee werklik, dit is verregaande! Waarom is swart mense so sensitief oor hul velkleur? Ek het nog nooit gehoor dat wit mense kla wanneer swart mense hulself wit smeer nie. Ek dink hul ly aan ‘n minderwaardigheids kompleks en wittes gaan gebuk daaronder. Miskien het die partytjie ‘n tema gehad? Maar dis eintlik irrelevant – wat maak dit saak??? As ek my more soos ‘n Chinees aantrek en grimeer sal die gort seker ook gaar wees – of nee wag, daardie voorreg is net vir SA swartes gereserveerd

kotie venter ·

Regtig???? Word alles met rassisme vergelyk?? Wanneer tel dit nou vir wie?? Dis nou regtig vertraag verby om stappe te neem teen die studente. En soos iemand hierbo se kommentaar verwys, wat van Leon Schuster? Of is dit maar reg so. KOM BY SUID AFRIKA!!!

Josie ·

Ag nooit. Kom nou man. Mnr dit was in private hoedanighede en nie op die kampus nie. Jy maak van die grap ‘n rasistiese storie. Hulle moes nou net nog die radio op die skouer gedra het met die liedjie “Paint it Black” wat speel.

Carel ·

Ooo – so it is ok for back people to say, sing and sent pamphlets around “kill the boer” but if people have a dress up party it becomes a issue? What does all these people that now criticise these girls say about farm murders?

Common people – this is nothing – they are not harming or murdering – or insulting any person or race – if you have a party and you dress up to a theme that is what it is……

But again this show the deep seeded racism from the majority of people in our country ….towards whites….

Ronel ·

Gaan hulle tugstappe teen Leon ook insit??? Regtig dis presies dieselfde

HEVW ·

Nicolize Mulder jou reaksie is so kleinlik dat dit benede kommentaar is. Trouens dit is siek, mislik kleinlik. Maar nouja, as jy jou UP se naam met n plank wil slaan gaan maar aan met jou sieklike vervolgens waansin.

marianna ·

Dit is nou regtig pateties, wat van al die swartmense wat hulle gesigte wit verf? Ek kan mos my gesig verf die kleur wat ek wil dit het mos niks met ander mense te doen nie.

HEVW ·

Nicolize Mulder jou voorgenome tugstappe is so kleinlik dat dit benede kommentaar is. Trouens dit is mislik siek. Maar nouja, as jy jou UP se naam met n plank wil slaan, gaan dan maar aan met jou vevolgingswaansin.

Eugene W Steyn ·

Ek is ‘n Tuks Alumni en ek is hoogs ontevrede oor die manier waarop UP opgetree het deur in te meng by studente se privaat-aangeleentheid. Die UP se optrede is totaal onvanpas, buite hulle verantwoordelikhede en ek wil antwoorde hê vanaf die bestuur.

charmaine ·

Ag dalk was dit sjokolade body paint!

As hulle nou sulke swart gesigte het hoe kon UP wat nou n saak wil maak hulle uit ken? Het iemand gaan klik?

Ek is seker daarvan daar is ander studente wat erger dinge doen as om hulle self swart/bruin te smeer.Lees maar net TUKSKINDER op Facebook en lees hoe walglik is die taal.

UT Mijnhardt ·

Gesigte verf

Gestywe in rooi en blou
maar na die paartie , maar dis nie eg
almal verbasend sien sy ryding
die kerel vlieg’ nie weg

Dis presies dieselfde nou ,
die een van Superman
ek wed nie een van hul
kan stryk soos aia Ann
of stofsuig- opvou soos ,
soos skepsel – Roos

Waaroor gaan dit dan nou ?
waaroor’s dit dan?
Die meisies net jolig
dis mos wersiteit . hulle kan’

Meisies maar ek moet
al sou jul se jul’s soet
die grimering bly swak
al sou jul wat ook doen
al is die grimeer ook wat
die neuse’s naasteby nie plat
en ge ghoodgeheerde lippe ?
al sou jul wat ook doen
wie was ooit vir dit’ te soen ?

Ons se dis mos nie skade
Ons se dis studentepret
Kamtig die bedoelings wat jul het
maar dis wel ongeskryf ,
ongeskryf maar… dit is wet
Wat ek met pa se geld kom maak het
op jul toekoms en leerdery
daarop moet jul let

Wie is die Afrikaner vrou ?
van oor vyf jaar of tien ?
Daar’s nie tyd vir speel nie
Vir die’ volk n tyd ter rou
Gebruik die tyd vir Sara’s lering
die volk smag so n geleerdheid ?
By die Poort is daar strenge kering

By wie sou hul dit geleer het ?
Waar’t die jong vrou dan so’ begin ?
Kan die jong vrou, die meisies hul besig
hul tyd so te bedryf
as meer as net gesig’n ,hare’n lyf

Nou jolytmaak ?
Eerder ander se droefheid voel en troos
Skaamend huil tot gesig nie swart maar rooi is
Daar is nie nou tyd vir speel nie
huil oor’d volk en oor sy dooies
bid vir ons volk en land
oor’d geliefdes wat oor aard verstrooi is

Sou Ragel en Rebekka ,hul so geverf wou sien
Kom spoedig ,dan’s sy Afrikaner moeder
Sou Ragel …,ook Sara n Rebekka
Sou God’ sy kinders SO wil sien ?

Eddie ·

Mense moet regtig nou groot word. As mens die duiwel gter elke hoek wil soek, dan moet hulle maar voortgaan. Dit was n private partyjie gewees, hulle kan immers doen wat hulle wil. UP word wakker!!!!

meraai ·

Waar ga alles heen, hulle het nie UP borde om hul nekke gedra, op hul perseel gewees of enige amptelike klere van UP gedra nie. Kry ‘n lewe. Miskien is daar iemand in Pretoria wat die meisies met verblyf of regshulp kan help. Glo hulle en hul ouers het nou ekstra uitgawes. Ons hou gereeld dress ups, so ga elke poliesman, bakker of nurse ons nou aankla.

Ina Baker ·

Liewe Hemel Mense! Daar is mense wat doodgaan van honger, aangerand, verkrag word, kinders wat geslag word vir muti!!! En julle mor oor so iets! Julle prioriteite het dringend aandag nodig.

Andries Kotzé ·

Nicoleze Mulder van UP, julle is absoluut gek. Los die studente uit!!! Hulle het sowaar niemand skade gedoen nie!!! Gaan en gebruik julle energie liewers by Potch Universiteit waar die rassistiese plakkate teenoor ons wittes so brutaal gebruik word!!! Dan sal ek julle ook ondersteun…

Gremlinski ·

Wit studente moet oppas: UP se ANC-lakeie gaan julle ALMAL skors, omdat julle kaal stort of bad, en omdat julle sonder broek op die toilet sit. Dat dit in die privaatheid van jou badkamer of toilet geskied, skeel hulle g’n duiwel nie, solank hulle de ANC-grootbase se RASSISTIESE opdragte kan uitvoer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.