Tuinier gevonnis vir gru-moord op bejaarde

hof-hamer

Argieffoto.

Die tuinier van Sophie Gehring, die 72-jarige vrou wat in Oktober 2015 wreed in haar huis in Riebeeckstad naby Welkom vermoor is, is vir haar moord gevonnis.

Solomon Tladi Tlake (31) is in die Bloemfontein-streekhof skuldig bevind op aanklagte van moord en roof. Hy is lewenslange tronkstraf vir Gehring se moord opgelê en tot ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van roof.

Maroela Media het vroeër berig Gehring se liggaam is op 6 Oktober 2015 in haar huis aangetref. Sy het alleen in ʼn huis in Florastraat gewoon.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê Gehring se dogter het bekommerd geraak toe haar ma haar nie gebel het om haar geluk te wens met haar verjaardag nie. Nadat sy ook nie haar ma telefonies in die hande kon kry nie, het sy en haar man van Bloemfontein af na Riebeeckstad gery om ondersoek in te stel.

Gehring se liggaam is in haar kamer aangetref met haar hande en voete vasgebind en ʼn plastieksak oor haar kop getrek. Daar was sigbare beserings aan haar kop en gesig. Volgens Thakeng het Gehring se klere verspreid oor die kamervloer gelê en was haar twee selfone en juweliersware vermis.

Tlake is later vir haar moord in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Annamart ·

Bly dat geregtigheid geskied het met my ma se hofsaak. Die nagmerrie sal egter nooit vir my einde kry nie en nooit kan vergeet nie.

Swannie ·

Baie jammer oor jou verlies. :-(

Maak net seker wanneer die gemors voorkom vir parool, dat jy (julle) dit altyd sal teenstaan, sodat hy werklik lewenslank sal sit.

As Chris Hani se moordenaar lewenslank moes sit, dan hierdie een ook.

Annamart ·

Ergste is toe hy na die tyd selle toe gaan dat hy vir my se hy gaan my volgende kry. Geen berou of gevoel.

Adele ·

Bitterlik jammer vir jou seer. Leef jou lewe….moet vir niks bang wees nie. Ons dien n almagtige God!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.