Tuinier in hof na moord op Bloem-vrou

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 48-jarige man het Vrydag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn 86-jarige vrou, wie se lyk Woensdag in haar huis in Gardeniapark gevind is.

Die verdagte het vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot 1 Augustus uitgestel. Die bejaarde vrou se halfnaakte liggaam is omstreeks 17:00 in ʼn plas bloed in haar huis gevind. ʼn Buurvrou het gaan ondersoek instel omdat sy die vrou lanklaas gesien het. Sy het deur ʼn venster geloer en die slagoffer op haar rug op die vloer in haar slaapkamer sien lê.

Sy het die polisie dadelik in kennis gestel. Die polisie het die voordeur oopgebreek en die vrou met erge hoofbeserings aangetref. Sy is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp aangerand.

“Daar was bloedspatsels oral op die mure en die kamers is geplunder. Dit is nog nie bekend wat tydens die aanval gesteel is nie,” het kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, vroeër gesê.

Die ondersoekspan wag vir die uitslae van ʼn nadoodse ondersoek om vas te stel of die vrou seksueel aangerand is of nie.

Die verdagte is kort nadat die vrou se liggaam gevind is, in hegtenis geneem. Hy het in ʼn buitekamer op die perseel gewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Verstopte drein water ·

Verstopte dreinwater in n verstopte drein, dit is waaraan ek dink as ek hier lees, die gemors is laer as drein water, papbroek n oumatjie, mag dieselfde jou toekom!

christine ·

Die oumatjie het haar deure gesluit al die deure het steeds hulle veiligheids kettings opgehad. Net haar kas se laaie was oop vermoedelik omdat sy besig was om aantetrek. Dink syt iets anders makeer n beroerte of iets sy haar kop oopgeval haar seun Denis se daar was nie n plas bloed soos berig nie. Die man bly glo al baie lank in die kamer dink glad nie hyt haar bygekom nie. Dink sy was siek en verswak want sy het ook nie by haar haarkapster me Budd opgedaag nie vir n lang tyd nie. Ek weer ook nie wat in vandag se lykshuise aangaan nie sien net bloed en skree stomp voorwerp agter, kom doen n nuwe ortopsie maar n onskulige mens toesluit ai ai nee dit kan nie toegelaat word nie.

christine ·

Ek kan verstaan dat die polisie onseker is daar was bloed aan sy keps en kombers in sy kamer. Maar ons weet ook van naby bottelstoor waar gedurig bakleiery plaasvind. Daar was nie n inbraak by vensters nie. So ek weet nie hoe daar in die huis gekom kon word nie. Volgens haar seun was daar ook nie spatsels teen die mure nie. Polisie is baie haastig om sake aftelos en staatslykhuise o julle wil nie weet nie, kyk hoe lyk hospitale.

Cherokee ·

Fransie en kie, wat as Christine reg is? Somtyds praat ons te vinnig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.