Tuinier in hof ná moord op Limpopo-bejaarde

Mashadi Alfred Tladi kort nadat hy in hegtenis geneem is. Foto: Heritage Protection Group

Mashadi Alfred Tladi kort nadat hy in hegtenis geneem is. Foto: Heritage Protection Group

Die verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Pats Truter (79), wat vroeër vandeesmaand dood in die motorhuis van haar huis in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo aangetref is, het voorheen vir Truter as tuinier gewerk.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Mashadi Alfred Tladi (27) het Donderdag op aanklag van moord in die plaaslike landdroshof verskyn. Mojapelo kon nie onmiddellik bevestig wanneer Tladi weer in die hof moet verskyn nie.

Maroela Media het vroeër berig Truter se buurman in Gholfpark, ʼn veiligheidswoonbuurt op die dorp, het op 3 Februarie op haar liggaam in die motorhuis afgekom nadat hy en sy vrou onraad gemerk het. Truter se hande was oor haar bors gevou en twee handdoeke en ʼn mat uit die huis is gebruik om haar liggaam te bedek. ʼn Dun nylontou, waarmee sy vermoedelik verwurg is, was nog om haar nek. Daar was geen tekens dat sy aangerand of andersins beseer is nie.

Dr. Jan Truter, Pats se seun en dominee van die Nederduits Hervormde Kerk Letsitele, naby Tzaneen, het vroeër aan Maroela Media gesê daar is niks ooglopends uit die huis gesteel nie en Pats se handsak, met kontant en bankkaarte daarin, is in die huis agtergelaat. Heritage Protection Group (HPG) het egter gesê daar is tydens Tladi se inhegtenisneming op ʼn selfoon, motorsleutels en juweliersware beslag gelê wat vermoedelik tydens die moord gesteel is.

Lees alle vorige berigte oor Pats Truter op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Frikkie ·

Uvonka, maklik om te se “DIY”. Met alle respek gestel, neem die arme dame se ouderdom in ag asb “79” volgens die berig. Moontlik net, was die buffel deur iemand verwys wat al jare vir hom/haar gewerk het

Uvonka ·

Frikkie, ‘n oorsig van my kant af. Ek wou se indien moontlik moet ‘n mens probeer D.I.Y. Net ter inligting ook, my skoonma is dieselfde ouderdom en behartig haar hele huishouding en tuinwerk haarself maar verstaan heeltemal dit is dalk nie vir almal oud of jonk moontlik nie.

Alida ·

Mense kry dit in julle koppe. Nie alle tuinwerkers is moordenaars nie. Wees asb tog objektief.

Gerrit ·

Ongelukkig kan `n mens nie vooraf bepaal wie moordenaars is en wie nie.

Objektiwiteit sal jou niks in die sak bring wanneer jou eie huis/tuinwerker jou vermoor het nie.

olie ·

Ek kan iets oorkom vir mense wat net dood maak en loop weg of dit niks is nie. Dit kan my ouers wees……
Neeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee hou op. Here help ons mense groot asseblief

Joe ·

Nie alle tuiniers is moordenaars nie maar 80% van huisinbraak-moorde is deur tuiniers of huishulpe (Piet Beyleveldt se statistiek) gedoen of gereël. Hoe doen die mense in Aus en Nieu Seeland hulle huis- en tuinwerk? HULLE DOEN DIT SELF. Ons kolonialistiese uitkyk op die lewe is ons ondergang.

Ralph ·

Ek stem saam met Joe. Hoe minder hulle van jou weet hoe beter.

AL ·

Wanneer hul vir jou werk kan hul maklik inligting laat uitglip teenoor rowers en moordenaars. Hoe minder hul n rede het in die omtrek hoe meer verdag gaan hul voorkom. Ek bespaar in elk geval geld wat ek in die huishouding kan druk en doen my werk self. Al pyn my rug hoe. Ons het te gemaklik geword. Soos hul deesdae nie kan commit en nie vir werk opdaag nie, is my frustrasies ook minder.

Jan ·

Die man het nie vir Truter gewerk nie! Hy het vir Tuindienste gewerk onder blanke toesig! Truter kon ook nie self die werk in die tuin doen nie, aangesien sy n dubbele heupvervanging gehad het en swaar met n kierie beweeg het!! Dit net t.w.v. beter insigte op kommentaar gelewer!!!

AL ·

Tuindienste laai net hul werkers af en kom haal hul weer. Selfs tuindienste sukkel om personeel te kry want hul is te lui of te dronk om op te daag vir werk, en dan word enige een sommer aangestel want die kliente se tuine wag.

SUSAN ·

Ek sal NOOIT iemand voor my laat werk nie of ek moet iemand ken waar hy of sy werk, sodat ek weet die bediende/tuinman is betrouwbaar. Moet nooit a vreemde persoon vir jou kom laat werk nie. Doen dit liewerste self en as jij dit nie kan doen nie, wag tot jij a geskikte persoon vind..

Ekke ·

As mens na die rasisme op sosiale media kyk, en soms is daar baie min van die oorspronklike outeur te siene, maar wel, en heel dikwels, sy aanhangers wat saam kommentaar lewer. As daar op baie van die se gesigboek blaaie gaan kyk is daar meer christelike boodskappe as rassime te bespeur.
So dus kom ek tot die gevolgtrekking, dat die bybel gebruik word om geheime boodskappe rond te stuur, soos wat daar in speurverhale en rolprente weergegee is. Die ander ding wat pla, is die letters “WA” tussen hul name wat moontlik kan gesien word as “White Assasen” en almal is ook verbind tot groepe soos Azania, Azapo, BLF, PAC ens ens….
So dit “tikkle” my so bietjie. Ook statistieke wat versprei word oor moorde en aanvalle net vir Februarie…..baie ver verkeerd van die waarheid. Baie mense sien deesdae die militere presiesie waarmee die aanvalle uitgevoer word, rassisme wat deur wets toepassers geuiter word, ens. ens…
Dasroor hoor en sien mens uiters min, veral in die media

Rof ·

Dit gaan nie meer oor rassisme in die land nie, dit gaan oor ek het n witte dood gemaak vir die lekkerte, ons is nou soos die renosters n bedreigde spesie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.