Tuinier maak gruvonds by Vanderbijlpark-huis

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 71-jarige man is Vrydagoggend in die swembad van sy huis in Vanderbijlpark in Gauteng aangetref.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 10:30 na die huis ontbied waar hulle die man se liggaam onder die water aangetref het.

“Daar kon niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Vermaak gesê.

Volgens Vermaak word daar vermoed dat die man langer as ʼn dag onder die water was.

Die man se tuinier het Vrydag op sy liggaam afgekom en hulp by die bure ontbied.

Die oorsaak van sy dood was nie dadelik bekend nie. Die polisie is op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Savethetigerplz ·

Ag shame omie, ek hoop hy was nie (ook)vermoor nie, soos talle ander in ons land . rus in vrede

DPJ ·

Hoe tragies tot om 2 dae voor Chritus geboorte herdenking so tot ‘n einde te kom.
Mag die Helige Gees u naastbestandes ryklik vertroos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.