Die liggaam van ʼn 71-jarige man is Vrydagoggend in die swembad van sy huis in Vanderbijlpark in Gauteng aangetref.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 10:30 na die huis ontbied waar hulle die man se liggaam onder die water aangetref het.
“Daar kon niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Vermaak gesê.
Volgens Vermaak word daar vermoed dat die man langer as ʼn dag onder die water was.
Die man se tuinier het Vrydag op sy liggaam afgekom en hulp by die bure ontbied.
Die oorsaak van sy dood was nie dadelik bekend nie. Die polisie is op die toneel om ondersoek in te stel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Ag shame omie, ek hoop hy was nie (ook)vermoor nie, soos talle ander in ons land . rus in vrede