Tuinier soek ná verkragting van 14-jarige

Argieffoto

Argieffoto

Die Bethlehem-polisie in die Vrystaat is op soek na ʼn tuinier wat na bewering ʼn 14-jarige meisie by haar ouerhuis in die dorp aangerand, verkrag en beroof het.

Lt. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, het gesê die man het na bewering Vrydag die meisie en haar sewejarige boetie met ʼn skêr gedreig. “Albei is erg aangerand en vasgebind, waarna die meisie verkrag is. Die man het met vier selfone en ʼn skootrekenaar gevlug,” het Mohobeleli gesê.

Die polisie glo ene “Suna” Motsamai sal hulle in hul ondersoek kan bystaan.

Mohobeleli het ʼn beroep op inwoners gedoen om seker te maak hulle het werknemers soos tuiniers en huishulpe se persoonlike inligting. “Werkgewers moet seker maak dat hulle afskrifte van werkers se identiteitsdokumente het en ook weet waar hulle woon. Dié basiese inligting is waardevol in ʼn noodgeval of wanneer ʼn misdaad gepleeg word. Dié inligting kan daartoe bydra om ʼn misdaad op te los,” het Mohobeleli gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rupert Ashford ·

So is die twee alleen by die huis gelos? Met die tuinier?

tamboti ·

Rupert, dis omstandighede, miskien moet pa en ma werk en daar is nie geld vir naskool of kinderoppasser nie.
Maar hoekom mag ons kinders nie veilig alleen by huis bly nie? Dit is omdat skelms nie waarlik GESTRAF en afgeskrik word nie. So ‘n misdaad is die doodstraf die enigste ware straf, in die openbaar en finansiele vergoeding deur oortreder en/of familie aan die slagoffer!
Die woord “mense regte” moet asseblief verander word na “kriminele priviligie” en “slagoffer misbruik”, want dit is die toedrag van sake in SA.

Tiger ·

Ai toggie!My hart gaan uit na daai kindjie en haar ouers.Ongelukkig glo ons mense nog nie dat die tyd verby is om tuiniers en huishulpe in diens te neem nie.Feit is dit IS.Hier is weer ‘n klasieke bewys.Hulle het ALMAL selfone by hulle en neem fotos van jou hele huis ,kluis en kombuis om dit so uit te druk en voorsien ander kriminele met die fotos of self video grepe.So weet kriminele presies hoe jou huis binne lyk ,wat daar is om te steel watter tipe alarmstelsel jy gebruik ,wat in jou klere kaste is ,wie slaap waar ens ens.Mens kan nie teen hulle wen nie.Die beste is hou hulle uit jou erf en huis uit.

Sulke tye ·

Sulke tye voel dit jy wil die skepper van mense regte te lyf gaan!!!!! Daarmee kan enige een wegkom. ‘n 14 jarige dogter en 7 jarige boetie is groot genoeg om by die huis te bly, hul het selfone, telefone en alarms. Elke persoon het die reg tot veiligheid in sy eie huis. Die probleem is die dem tuinwerker, ek stem saam met Tiger, dink 2 x voor jy iemand in diens neem. Neem sy ID, maak self gesertifiseerde afskrif, kyk waar hy nog werk, waar hy/sy bly. Leer jou kinders om nie die deur vir die tuinwerker oop te maak nie!!!! Alternatief wees dan daardie middag daar! Indien daardie stuk gemors gevang word moet hy uitgesorteer word op die manier wat hy sy dade gepleeg het nie met mense regte nie!!!!! Daardie dogtertjie was weerloos, hoe moet daardie arme seun cope met die idee hy was daar en kon niks doen nie, jou gewetenlose stuk gemors, jy kon mos net die fone etc gevat het!

Veritas ·

Sulke tye, jy praat waar. Ek het aan ‘n meer gepaste naam vir die DING gedink. Na ‘n lang tyd van ertjiepitte inspan, kon ek net aan woorde dink wat nie gepubliseer sal word nie. Hy is laer as slangmis se skaduwee.

Bets ·

My liewe hemel, ek wonder of die ding nou soos n man voel! Hy is n regte lafaard! Baie maklik om n jong kind aan te val en te verkrag maar hy sal nie die moed he om met n man van sy ouderdom of grote te veg nie!! Hy weet hy sal skeef geslaan word.

My hart gaan uit vir die jonk meisiekind. Haar lewe het nognie eers begin nie!! Ek dink aan haar en bid vir haar. Vader ek hoop hy word gevang! Baie sterkte vir haar ouers, asb julle moet almal gaan vir sielkundige behandeling.

Ek wil ook net vir haar ouers se, dit was nie julle skuld nie. Ons het die reg om veilig te wees in ons eie huis. En moenie sleg voel oor hulle alleen by die huis was nie want om alleen by die huis te bly is deel van die groot word proses.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.