Tuinier steek glo voertuig aan die brand met vrou binne-in

ʼn Brandbestryder by die toneel. Foto: @OF_THE_SOUTH / Twitter

ʼn Brandbestryder by die toneel. Foto: @OF_THE_SOUTH / Twitter

Die Alberton-polisie in Gauteng is op soek na ʼn man in sy 50’s, nadat hy Donderdagoggend glo petrol oor motor uitgegooi het, en dit aan die brand gesteek het terwyl ʼn vrou nog binne die voertuig was.

Kol. Sollie Maswanganyi, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 07:00 by ʼn huis in Southcrest plaasgevind. “Die man het as ʼn tuinier by die huis gewerk en in ʼn kamer op die perseel gebly. Hy en die huiseienaar het glo ʼn onderonsie gehad en die huiseienaar het die tuinier aangesê om die perseel te verlaat,” het Maswanganyi gesê.alberton karbrand2

Die tuinier het egter glo die huurder, ʼn vrou in haar 40’s, daarvoor blameer omdat hy uitgeskop is. “Hy het vanoggend na ʼn vulstasie gestap en petrol gaan koop. Hy het haar aangeval toe sy in haar voertuig was. Hy het die petrol oor die motor uitgegooi en dit aan die brand gesteek.”

Maswanganyi het gesê die tuinier het daarna van die toneel gevlug. Die vrou kon intussen uit die voertuig ontsnap, maar het brandwonde aan haar arms en gesig opgedoen. Bure het met haar na ʼn nabygeleë hospitaal gejaag. Dit is nie bekend wat haar toestand is nie.

Martin O’Grady, ʼn insleepvoertuigbestuurder, was kort na die voorval op die toneel. “Toe ek opdaag, het die bure die vrou in hul voertuig ingelaai. Haar wonde het ernstig gelyk en haar klere is ook gebrand,” het O’Grady aan Maroela Media gesê. “Die motor het vir my soos ʼn Toyota Tazz gelyk. Die motor het onder ʼn afdak gestaan en is heeltemal verwoes. Die brandweer was ook op die toneel.”

Die huishulp het glo die hele voorval gesien en het aan die polisie verduidelik wat gebeur het. Niemand anders is in die voorval beseer nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en opsetlike saakbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ekke ·

Dankie maroela,media vir die plaas van stories by berigte dit werk !!

Amelia ·

Goeie genade!!! Dis baie wreed!!! En dit oor ‘n ‘onderonsie?”-‘

Ek sê ook: Weg met huishulpe en tuinhulpe. Ons hande is nie rond nie. Ons kan ons eie werk doen.

Vandag kan jy niemand meer vertrou nie.

Trippie ·

Amelia – jy is heeltemal reg. Die stoffie(s) wat nie vanaand skoongemaak kan word nie, moet maar wag vir more.

Trippie ·

Hoeveel moorde en aanvalle wat gepleeg word, word verbind met gevalle waar die tuinier/huishulp betrokke is ? Daarom maak ek die stelling.

Piet Makwas ·

En hy gaan seker niks oorkom nie want hy het mos mense regte en ‘n regering wat hom beskerm!!

Peter Says ·

Brand en afbreek, dit kan hulle baie goed doen, opbou en vorentoe…nooit…sterkte aan die dame.

pop ·

Ja wat, sonder hulle kan ons goed klaarkom> hulle verneuk ieder geval met die werk. Ek maak maar kamer vir kamer skoon. Niemand is al dood van stof nie!!!!!Daai vrou kon haar lewe verloor het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.