Tuinier vas ná moord op bejaarde egpaar

Past. Vic Smith en sy vrou, Elize Klopper-Smith, is wreed vermoor in hul huis op die dorpie Hofmeyr in die Oos-Kaap. Foto: Facebook

Die Oos-Kaapse polisie het ʼn 54-jarige man wat voorheen aan talle oortredings skuldig bevind is, in hegtenis geneem in verband met die grusame moord op ʼn bejaarde egpaar van die dorpie Hofmeyr.

Past. Vic Smith (77) en Elize Klopper-Smith (65) se seun Martin Kloppers (47) het Saterdagoggend soos elke ander oggend na sy ouers se huis in Piet Retiefstraat gestap om koffie te gaan drink, vertel ʼn inwoner, Teresa Opperman.

“Toe hulle nie oopmaak nie, het hy sy vrou [Brenda] gaan roep, wat Vic-hulle probeer bel het. Sy het toe die polisie ontbied.”

Beamptes het die huis saam met Martin binnegegaan en die egpaar in die badkamer aangetref waar hulle vasgebind was. Opperman vertel Smith, wat verswak was en met ʼn loopraam oor die weg gekom het, se kop is meermale teen die bad se rand gekap. Sy vrou se skedel is met ʼn ysterspar oopgekloof.

Die aanvaller het Elize Klopper-Smith se skedel met ‘n ysterspar oopgekloof. Niks is uit hul huis gesteel nie. Foto: Facebook

“Bewyse wat op die toneel bymekaar gemaak is, is vir forensiese ontleding weggestuur,” het kol. Michelle Matroos, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, in ʼn verklaring gesê. Die motief vir die moord is onbekend. Opperman sê volgens die beamptes op die toneel is niks gesteel nie.

Die polisie het blykbaar onmiddellik die egpaar se tuinman, wat gereeld by hul huis gekom het, van die moorde verdink. Hy is aangekeer kort nadat die vermoordes se liggame gekry is.

“Dit was ʼn wrede en koelbloedige aanval op ʼn weerlose paartjie wat ons ten sterkste veroordeel,” het lt.genl. Liziwe Nsthinga, Oos-Kaapse provinsiale polisiekommissaris, dié naweek gesê. “Ons was geskok om te verneem dat die vermeende [moordenaar] aan die paartjie bekend was en dit het ons selfs hartseerder gemaak.”

Die verdagte verskyn vandeesweek in die landdroshof op Hofmeyr (foto), maar word op Burgersdorp aangehou omdat Hofmeyr se polisieselle nie op standaard is nie. Foto: Morné van Rooyen

Volgens gerugte wat sedertdien die ronde doen, het die verdagte dit reggekry om uit die aanklagkantoor te vlug, maar het ʼn ambulansbestuurder hom agternagesit en aangekeer.

ʼn Bejaarde inwoner (72) wat verkies om anoniem te bly, sê hy woon nou al tien jaar op die dorpie, maar dis die eerste keer in dié tyd dat bejaardes vermoor word. “Ons is almal baie getraumatiseer deur wat gebeur het. Veral die bejaardes wat alleen woon, is bang.”

Hofmeyr is ’n gewilde aftreeplek vir bejaardes wat op soek is na goedkoop behuising. Foto: Morné van Rooyen

Gevra of hulle hul veiligheidsmaatreëls gaan opknap ná die moorde, het hy gesê sover sy kennis strek, het hulle reeds gedoen wat hulle kon om hulself te beveilig.

Opperman vertel Smith en sy vrou, wat uit Kempton Park na Hofmeyr verhuis het, is van die talle bejaardes wat na dié dorp verhuis het omdat behuising goedkoper is as in groter sentra. Sy kan nie dink wat die verdagte moontlik by die bejaardes sou wou steel nie. “Nugter weet wat in [die vermeende moordenaar se] kop aangegaan het.”

Sy het bygevoeg: “Dit moet vir die ander ses bejaarde paartjies wat hier woon, angswekkend wees.”

Die verdagte word op Burgersdorp aangehou tot hy op Hofmeyr in die hof verskyn omdat die plaaslike polisieselle volgens Opperman nie meer op standaard is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

JJ ·

Waar’s die fotos van die moordenaar MM? Hoekom plaas jul nooit die fotos nie, maar nét van sommiges?

Tania Ludick ·

Hy het nog nie in die hof verskyn nie en ook nog nie gepleit nie daarom sien jy nie sy naam of gesig nie

Nettie ·

Die aangeklaagde word op Burgersdorp aangehou omdat die polisieselle op Hofmeyr “nie meer op standaard is nie”. PRAGTIG, ANC-REGERING! NIKS IN HIERDIE LAND IS “MEER OP STANDAARD” NIE.

Blommie ·

Nettie dis soooooo waar, niks is meer op standaard nie.
Ek bly in Rustenburg en ons lisense kantore het toegemaak vir twee weke oor daar nie papier is nie.
Hoe in die LEWE hardloop enige besigheid uit die BASIESE behoeftes om jou besigheid aan die gang te hou.
maar dis mos NO PROBLEM ons is almal op verlof vir 2 weke.
LEKKER MAN LEKKER

Johann ·

Dit breek my hart en onstel my ontsettend wanneer ek oor sulke goed lees.
Ek is net dankbaar dat ek die geleentheid gekry het om die land te verlaat.

Haan ·

Besin baie baie mooi oor wie jy op jou erf/plaas/plot toelaat om vir jou te werk.

Nog n oumens wat moes sterf onder die rassehaat wat deur ons sogenaamde ‘leiers’ aangehits word. Dit breek my hart. Dit breek goeie verhoudings tussen gewone mense van verskillende rasse. Ons moet ernstig begin bid vir ons gebroke land wat geskeur word deur bose mense

VanAfrika ·

n Mens word net al hoe kwater en kwater en ons kan niks doen nie.☺

Elvira ·

Motief?????? Asseblief. Moenie n motief siek nie. Die motief is Malema. Rassehaat.

Charles ·

Daar moet ernstig oorweeg word om die doodstraf weer in te stel!! Elke dag is ons koerante net vol moord en doodslag!!!

Tania Ludick ·

Is jy ernstig? Doodstraf met die huidige regering aan die stuur?

apie ·

Doodstraf? Jy is mos heeltemal naief. Onskuldige mense sal die doodstraf in hierdie land kry. Hier is geen reg en geregtigheid nie. Jy is op jou eie. Pas jouself op en wees weerbaar te alle tye. Dis my raad aan jou

Elizabeth ·

Die verdagte is al aan verskeie misdade skuldig bevind …??? Hoe kom dit dan dat hy op vye voet is?????

Lana ·

Jy’s doodreg met wat jy vra, Elizabeth.
Dit is een van ons grootste probleme.
Die mense wat vir “kleiner” oortredings nie ordentlik gestraf word nie. Hulle sien dat hulle met al groter dinge wegkom. Op die einde pleeg hulle moord. Dis oor en oor bewys.

marous ·

Die motief is die direkte opdrag van die verotte leiers van die hool van ‘n plek om die blankes uit te moor en te begin by ou mense vrouens en kinders wat die minste weerstand bied . Geen ander rede nie !

Ursula ·

Maroela media pls add a translate button on your site for international people who can’t read or understand Afrikaans.

Cherokee ·

Ursula, digitale manipulering soos vertalings het ver gevorder maar ek twyfel of ‘n digitale vertaler gevind sal word wat lang berigte foutloos sal vertaal.

charmaine ·

Stem saam Ursula en stuur die vertaling aan ons President saam met fotos sodat hy kan sien hoe wreed onskuldige ou mense aangerand word. Skokkend!

Oujongvrou ·

As ek nog een keer moet lees iemand se die doodstraf moet terugkom gaan ek sweerlik n toeval kry. Dis n kriminele land met kriminele in bewind, nou hoe dink julle, hoe gaan die doodstraf terugkom. En is wereldwyd al ooit doodstraf teruggebring wat eers afgeskaf is. Neeeee!!!.

Sandra ·

En so word die werkloosheid al hoe erger en erger. Goeie mense sit later sonder werk, omdat mense te bang word om iemand in diens te neem, en sukkel maar self aan solank jy kan. Mense raak selfs skepties teenoor diegene wat algeruime tyd vir jou werk, omdat mens nooit weet hoe beinvloedbaar hulle is vir rassehaat nie….

Anoniem ·

Weet nie wat die motief vir sie moors was nie!!!! Regtig!!! Dis net om dood te maak, omdat hulle kan, en omdat hulle wegkom daarmee, soos die talle ander kriminele net tussen ons rondloop en beskerm word. Kriminele in ons land word mos meer beskerm as die onskulsige landsburgers!

Nel ·

Hierdie is sooooo wrees. Ek kan my nie indink nie ….. Dit is ongelooflik hartseer. RIV oom en tannie, baie baie sterkte aan die familie xx

GP ·

Baie sterkte aan die familie van hierdie ou mense.

Wonder hoe gereeld is die eerste verdagtes die tuinier of die huishulp, en hoe gereeld was hulle betrokke al was dit nie direk nie. Daardie nederige onskuldige enetjie wat nou al jare daar werk. Ons sal soos die res van die wereld moet begin om ons eie werk te doen, binne en buite.

Alida ·

Stuur die fotos en berig Australia en VSA toe en moenie CR en LS vergeet nie. Dit is afgryslik.

GP ·

Kan nie dink wat hierdie mense so op hul ou dag moes deur gaan nie. Hoe is hierdie dinge moontlik?

Hoe kom n familie ooit oor so iets?

Ek glo hierdie wiel sal ook draai.

boetman ·

Ons verken naweke die Oos Kaapse platteland en is geensins verbaas oor hierdie voorval nie. Hofmeyr is net nog een van bykans al die plattelandse dorpe in die Oos Kaap waar die kerke op Sondag gesluit is en elke drankwinkel, kroeg of tavern onwettig wawyd oop is – met volle samewerking van die dorpe se plaaslike polisie.

Laatslaper ·

BOETMAN……is die kerke hier in Hofmeyr gesluit op ‘n Sondag???? Dit was nog nooit gesluit sedert ek hier in die dorpie ingetrek het nie. Dis wel waar dat daar te min lidmate vir sommige kerke is en die betrokke mense ry na omliggende dorpe om eer aan hul God daar te betoon.

Helaas moet ek met jou saamstem wat die drankwinkels en taverns betref. Die taverns is 24/7 oop en niks word daaraan gedoen nie.

Befonk ·

Ek is stukken ek le weereen en bloei op n stofpad
Dit is so seer om te lees wat moes die 2 oumense in hul laaste uur deurgemaak het
Ek is so jammer Tannie en oom dat jul soveel pyn moes deurgemaak het
RIV en sterkte vir familie en vriende

Philip ·

Tragies is al wat ek kan sê en simpatie met familie. Weereens huishulp. Ek lewe deur die genade van God. Ek is 74 jaar oud en in my kombuis deur my werker op ‘n Sondagaand aangeval wat my keel probeer sny het en met genade van Bo krag gekry om dit te verhoed maar hy het met regterkant van my gesig pap geslaan met “snackwicher ” nadat ons op die vloer beland het. Was toe bewusteloos en vir dood gelos. Het wakker geword en is 3 weke later uit hospitaal ontslaan. Die saak is laas week vir maand uitgestel. Ek prys die Here elke dag want ek lewe normaal. Mens kan nie glo wat in die land gebeur nie.

Alida ·

Hoekom is die gemors op vrye voet as hy skuldig bevind is op vorige klagtes?

Piet ·

En so gaan genocide stadig maar seker aan word wakker CR dit is nie diefstal nie maar rassehaat teenoor blankes so word ons al hoe minder doen iets

Anita ·

Darem vreeslik toevallig dat daar 2 aanvalle in Oos-Kaap was. En die een was moord op bejaarde egpaar en ander een het onder meer ontvoering behels.
Toegegee dat ‘werknemers’ baie dikwels direk of indirek betrokke is.
En dan is daar die oormag bendes wat oral heel georkestreerd toeslaan om te martel en moor.
LET WEL nie om te roof óf in te breek óf te kom kuier nie.

AW ·

“Capital punishment in South Africa was abolished on 6 June 1995 by the ruling of the Constitutional Court in the case of S v Makwanyane, following a five-year and four-month moratorium since February 1990.”

hercules ·

ek is so bly niemand kan sien wat in my gedagtes aangaan nie – ek is dankbaar dat ek nie die regering aan bewind is nie, want eendag sal hulle verantwoording doen vir alles!!

Anoniem ·

Ja hercules, die regering van die dag het baie burgers van hierdie land se bloed aan hulle hande.

Theresa ·

Innige simpatie en meegevoel aan die familie en vriende. En sterkte aan elkeen wat nou benoud is oor veiligheid daar waar hul gedink het hul gaan rustig kan wees.
Waarom wonder oor die motief?
Dis glashelder dat moorde daagliks sonder enige sweempie van ‘n motief buiten MOORD gepleeg word. Wrede, gevoellose MOORDENAARS!
Vertrouensbreuk soos huiswerker of tuinwerker of verpleegster of enige een in vertrouenposisie wat moor, moet sommer nog ‘n 5 jaar bykry. Minimum tronkstraf behoort per geval hier 50 jaar te wees.

Maggie schneider ·

Moenie naif wees nie hulle gaan witmense op hang vir die k woord enjoy enige klein oortreding

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.