Tuinier vas oor verkragting van 14-jarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tuinier wat na bewering ʼn 14-jarige meisie by haar ouerhuis in Bethlehem in die Vrystaat erg aangerand, verkrag en beroof het, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Kheswa “Suna” Motsamai (39) het vlugtig in die hof verskyn op aanklagte van verkragting en aanranding en die saak is uitgestel.

Lt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê Motsamai is Saterdag in Dundee, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem nadat hy vir meer as ʼn maand op die vlug was. Die polisie het Motsamai sedert 1 April gesoek nadat hy na bewering die meisie en haar sewejarige boetie met ʼn skêr gedreig het. Albei kinders is erg aangerand en vasgebind, waarna die meisie verkrag is. Motsamai het na bewering met vier selfone en ʼn skootrekenaar gevlug.

Mohobeleli het ʼn beroep gedoen op werkgewers om seker te maak dat hulle ʼn rekord van mense in hul diens se persoonlike besonderhede het in geval van nood of as ʼn misdaad gepleeg word. “Basiese inligting oor huishulpe en tuiniers kan baie help om misdaadsake op te los,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
pop

Maak jou eie huis skoon, doen self tuinwerk of gooi alles toe onder sement, maar moenie jou kinders se lewe in gevaar stel deur hulle tuis te los met werkers nie. Die meneer het n werk maar kan die krimineel in hom nie onder druk hou nie.

Irene

Hoeveel gaan nog verkrag word dis veregaande dat meisies so swaar kry dankie hy is gevang gee lewenslank asb

My bydrae

Gillian Schutte, wat sê jy nou?

Gesiggie

Dit is skrikwekkend? en waar was die ouers tydens die geval? Ja wat maak seker dat jy die nodigste inligting van n persoon het wat enige werk vir jou doen… n mens kan niemand meer vertrou”’ Sterkte aan die meisie, jou lewe is verwoes…. deur n monster wat kamstig in die tuin wou werk… dalk al lankal beplan…net gewag vir sy regte oomblik… hoop jy kry jou dag…Motsamai

Liza

Die ouers moet ook seker soos al ons ander werk! Jy kan onmoontlik nie heeltyd jou kids veilig hou nie…. So voor julle klippe begin gooi, bly eerder stil! Ek is vreeslik jammer dat dit gebeur het…