Tuinier vas vir Bfn-vrou se moord

Daleen Cameron (Foto: Daleen Cameron, Facebook)

Die tuinwerker wat die dag van Daleen Cameron (67) se moord saam met haar by die gesin se huis in Bloemfontein was, is in hegtenis geneem.

Volgens lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, is die 39-jarige tuinwerker Woensdag omstreeks 21:30 in verband met Cameron se moord in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig Cameron se man, Alex, het Dinsdag gou apteek toe gegaan en Cameron alleen tuis saam met die tuinwerker gelaat. Toe hy terugkom, het hy sy vrou se liggaam in ʼn plas bloed gevind en die tuinwerker was skoonveld.

“Die polisie se ondersoekspan soek sedertdien na die tuinwerker en het hom ʼn dag ná die moord – met behulp van die gemeenskap – in die Botshabelo-nedersetting opgespoor,” bevestig Covane.

“Polisiebeamptes het ʼn sinkhuis in die nedersetting strategies omsingel, dit afgesper en op die verdagte toegeslaan.”

Covane sê die polisie het tydens die inhegtenisneming op bloedbevlekte klere beslag gelê. Duur bottels alkohol wat na bewering Dinsdag uit die Cameron-egpaar se huis gesteel is, is ook in die besit van die tuinwerker gevind.

Die tuinwerker is tans uit op parool vir sakeroof.

Die motief vir die moord is in hierdie stadium nog nie bekend nie. Die tuinwerker sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn op aanklagte van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Swerwer ·

Geen tuinwerker of huiswerker meer nie, dankie. Ons regstelsel is darem uitstekend “Uit op Parool vir sakeroof ” en daar pleeg hy toe sommer moord. Nou word daar weer parool toegestaan en wat dan?

groenboer ·

Ja, ek vra my ook af hoe op aarde hulle die knaap in die eerste plek aangestel het. Skynbaar sonder enige CV of verwysing of enigiets? Is goedkoop arbeid werklik mens se lewe werd? Ons Afrikaners wil eenvoudig nie leer nie.

Maggies ·

Verstaan ek reg? Is die vent op parool vrygelaat nadat hy moord gepleeg het… of was hy op parool toé hy die moord gepleeg het?

marisa ·

Hy was op parool vir sakeroof toe hy die moord gepleeg het…..

Suzette ·

Die motief is om te MOOR en die “kick” wat daaruit gekry word. Dis vir hulle lekker om iemand dood te maak. Ook so ironies – maak die persoon dood by wie jy kos en geld kry.

Louis ·

Dit is hoekom ek geen tuinier of huishulp aanhou nie. Hul is net skelm. Ek is al in my 60 en daar is nog nooit by my ingebreek nie. Laat mens dink ne

Pieter ·

Geen geluk. Doen jou huis en tuin werk self. Dan raak jy baie gelukkig met geen inbrake. 99.9 inbrake is weens binne inligting wat uitlek.

Mariaan ·

Hoe tragies! En tipies..jy is goed vir hulle dan word jy vermoor…bou nou n land met dit…onmoontlik…so jammer vir die arme vrou

Anel ·

Hy sal seker weer 10sent se borg kry, maar die boer van Glenco sit al amper 2 maande en nog steeds sukkel hy om borg te kry. Wat ‘n siek samelewing! Koelbloedige moord word beloon maar selfverdediging en noodweer tel nie ‘n punt nie. Siek man!

Dup ·

Hoe werk hierdie geweldenaars se koppe? Besluit hulle net op die ingewing van die oomblik om ñ ander persoon dood te maak?

Charles ·

Innige medelye. Vet enige iemand deeglik voor hul naby jou familie kom. Verseker jy het multi dimensionele sekuriteit in plek ten alle tye.

Aanhouer ·

So ň paar jaar terug was daar ň tannie wie se tuinjong 10 jaar vir haar gewerk het en op ň dag toe sny hy haar keel af.

Pieter ·

Of doen self die werk wat baie mense as benede hulle beskou.

Perdeby ·

Die man moet sommer die staat dagvaar omdat hulle iemand of borg uit het vir sakeroof, en nou sy vrou vermoor het agv van hulle nalatigheid, want ek sou dit verseker gedoen het met die hulp van Gerrie Nel. Hulle sal dan 2 keer dink voor hulle weer so iemand borg gee.

Vicky ·

PAROOL. Borg en Parool is twee verskillende dinge.
Hy was uit op parool.

Niklaas ·

Nie alle tuinwerkers en bouer/messelaar knape kan vertrou word nie. Doen jou huiswerk op elke werksoeker. Dit mag jou lewe verleng , want daar is uiters gevaarlike manne daarbuite en vele is van buurlande ook.

Madz ·

SIEN wat ek bedoel??!!!! Maar as jou naam Garth Simpson (vorige artikel) of Andre (vroeër die week ivm Brendan Horner saak) is dan bly jy toegesluit…. Flippen klomp NARRE! Die hele WERELD lag vir julle sirkus!

Wilna ·

Dit is so hartseer. Sterkte aan familie. Nerens Meer veilig nie. Bring die doodstraf terug.

Delene ·

Hoop hy is tans in aanhouding! Die berig is misleidend! Verwys na parool vir sakeroof. Klink of die knaap alweer op parool uit is….

gatgogga ·

Die berig is nie misleidend nie. Konsentreer net op wat jy lees.

Kirst ·

In ‘n ander berig op MM staan daar dat haar man hardeware toe was. Dit maak seker nie saak of dit apteek toe was nie, maar hardeware maak meer sin as die tuinwerker daar was en iets dalk gekoop moes word waarmee hy moes werk.

Hier is ‘n les vir ons almal te leer. Huis- en tuinwerkers kan so maklik toegang tot jou erf en huis kry en word ook soms alleen daar gelaat. Ons almal moet meer versigtig wees, en sit kameras op wat jy van jou slimfoon af kan monitor. Mens kry nou ook kameras met ingeboude AI wat vir jou ‘n kennisgewing stuur as ‘n mens oor lyne wat jy opstel op die beeld op jou foon beweeg. Ek het so een opgesit nadat twee makkers een aand oor ons bure se muur in ons erf ingekom het. Gelukkig het die alarm hulle laat weghardloop. Nou kry ek ‘n kennisgewing en kan kyk wie dit is selfs as ek nie tuis is nie. Die kamera moet net binne jou wifi se opvangs wees. Jy kan selfs met iemand praat oor die kamera en dit kos maar R2 000 op die bekende blou aanlyn inkopie platform.

Arthur ·

Parool is ‘n vloek en skending van wetsgehoorsame burgers se grondwetlike regte op veiligheid!! Dit moet uit die wetboeke verwyder word…..

Frank John ·

Net Jesus kan help. Christene moet bid teen die bose magte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.