Tuinier vas vir moord op vrou (41)

Liesl Nel (Foto: Facebook)

ʼn 41-jarige vrou van Nelspruit (Mbombela) in Mpumalanga is die afgelope naweek op ʼn kleinhoewe vermoor.

Kapt. Dawie Pretorius, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Saterdag net ná 09:00 plaasgevind.

Pretorius het die vrou as Liesl Nel geïdentifiseer en gesê haar dood is ʼn groot skok vir die gemeenskap.

Volgens hom het Nel vir ʼn onderneming gewerk wat werkers ontplooi om in mense se huise te woon wanneer die eienaars vir lang tydperke nié daar is nie. Haar verantwoordelikhede sou dan wees om na die huis om te sien en die diere te versorg, indien van toepassing.

Pretorius sê Nel is na bewering deur die eienaars van die huis, wat met vakansie in Kaapstad is, se tuinier vermoor. Volgens hom werk die tuinier al sowat vier maande vir die eienaars.

“Nadat niemand haar per selfoon in die hande kon kry nie, het familie na haar gaan soek. Haar liggaam is buite die huis aangetref. Dit was ʼn sinnelose moord,” sê hy.

Volgens Pretorius is die tuinier later Saterdag by ʼn informele nedersetting buite Nelspruit in hegtenis geneem. Hy het na bewering Nel se skootrekenaar en ander persoonlike items in sy besit gehad.

“ʼn Nadoodse ondersoek sal vandag [Maandag] voltooi word waarna die oorsaak van haar dood bekend gemaak sal word. Ons wil in dié stadium nie meer inligting daaroor bekend maak nie,” sê hy.

Leon Botha, vermoedelik ʼn nabye vriend van Nel, het Maandag op sosiale media geskryf: “Jou pragtige oë is nou vir altyd gesluit.”

Liesl Nel (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Anoniem ·

Dis ‘n tragiese sameloop van omstandighede Deloris. Alle tuinwerkers is nie moordenaars nie.

Heinrich van Zyl ·

Anoniem

Nee, nie alle tuiniers is moordenaars nie, maar die veiligste opsie is om alle tuiniers as moordenaars te beskou. Wantrou eerder ‘n eerlike persoon as om ‘n oneerlike persoon te vertrou.

Gemsbok ·

Nie alle tuiniers is moordenaars nie, maar al hoe meer moordenaars is tuiniers (of ander soorte werknemers)….

Jerry ·

My innige simpatie met Liesl se naasbestaandes. Hierdie was n absolute sinnelose moord op n weerlose vrou. Die maatskappy wat haar ontplooi het moet maatreels in plek kry wat moontlike herhaling van die soort insidente sal verhoed.

GENOCIDE ·

Soos wat? Ek hoor wat jy sê maar watter maatreels kan daar in plek gesit word? Sy gaan na ‘n perseel waar ‘n tuinier sê hy moet in die tuin werk terwyl sy mense met verlof is .. moet hulle ‘n sekuriteitsmaatskappy of body guard saamstuur? Ek probeer nie negatief wees nie, ek probeer net uitvind WATTER maatreëls is daar om ingestel te word?

Miasiam ·

Net nog n sinnelose moord. Bring die Doodstraf terug!!!!!!!

Ek stem ·

Ek stem 100% saam, dit kan mos nie net ok – ag wat nog net 1 persoon wees nie. Ek hoop regtig Cyril Ramaposa is die antwoord om hierdie gemors hok te slaan.

barend ·

kom ons alamal laat ons tuinwerkers gaan ,werk in jou eie tuin ons doen dit net vir n maand ,wat se julle slaan terug op hierdie manier voel hulle dit

Louw ·

Wil jy hulle nou omkrap…of lessie leer …maand u kiding me ,dis my tuin sal self in hom werk

treurgrond ·

Sinnelose moord sinneloos – hene wanner gaan dit eindig. Bring die Doodstraf terug. Innige innige simpatie met Liesl se familie en vriende. Sjoe ek is helemal geskok.

Leon ·

As die doodstraf terugkom , sal wittes gehang word vir iets soos die doodskis saak , en ander groepe ligter vonnise kry vir erger misdade. Bid eerder dat dit nie gebeur nie.

Theresa ·

Dis ongelukkig die waarheid. In ‘n land waar onregverdigheid en ongeregtigheid seëvier, gaan dit foutief aangewend word.

Isabel ·

Ek stem saam. Wat as dit een van jou mensies is wat onskuldig aangekla word en hy of sy moet gehang word of iets. Kom ons bid eerder vir ons land en regering. Daar is krag in gebed. Ek se maar net…

Johan Grobbelaar ·

Vir die wat se hulle gaan die doodstraf teen ons gebruik wil ek die volgende se; ek is bereid om een onskuldige teen honderd skuldiges op te offer. Die onskuldiges gaan in elkgeval dood maar huidiglik met geen nagevolge nie

Gemsbok ·

Dankie Johan, ek neem aan jy is ons eerste vrywilliger vir opoffering…

Johan Grobbelaar ·

Gemsbok jou kortsigtigheid help niemand en as dit beteken dat my oppoffering n einde aan hierdie elende maak deur “onskuldig” tot dood veroordeel word net sodat die doodstraf kan terug kom, dan ja, staan ek voor in die ry. ‘n Pel van my se ma is vanoggend dood in die gras langs die pad aangetref nadat sy vir vier dae vermis was. Jy sal gemaklik more daarvan in die koerant lees en dan maar weer aan gaan met jou lewe of snedige aanmerkings op MM maak. Die tyd vir opofferings is op ons ou grote

DAVID ·

Hoe kan haar werkgewer haar alleen op n klein hoewe laat,RIP Liesl. Sinnelose moord en vir wat?

Sterkte ·

Pragtige vrou wat vir mense WERK geskep het en hier word sy vir amper niks vermoor nie .. Weereens .. ‘n tuinier wat 4 maande daar gewerk het? Mense mense . ons moet wakker word as ons nie reeds is nie. Sterkte aan haar familie en vriende, sy het niks verkeerds gedoen behalwe om wit te wees nie.

Wil weet ·

Wil weet wat sê sy misdaadrekord?
Stem saam met jou Leon . . .

Marianne ·

Haar Goeie Dade sal deur baie onthou word. Haar moord is sinneloos… ons kan net bid vir krag en genade van Bo.

Leon ·

I had the privilege of knowing Liesl. She was beautiful inside and out. A kind hearted woman with a true sense of life. She loved nature and her friends. She was passionate about many things. She was cultured and well spoken. She had a great smile and loved to laugh. She was serious about conservation and the ethical treatment of animals. She was a hard working person. Loyal to the task and always willing to help. She was compassionate, I’ll always remember her tears when she saw people or animals in distress. I’ll always remember her warm laughter filling every corner of the room. I’ll always remember her telling me the botanical names of trees wherever we walked. I’ll always remember her love for her mother and father who she treated with so much respect. I’ll remember her getting excited for a certain part in a concerto and for her knowledge of classical music.

I will always remember her beautiful brown eyes.

Thank you for the impact you had in my life and the people around us. We will always love you.

Wherever you are will be beautiful.

Cindy ·

Rest in peace beautiful lady. Our sincerest condolences go out from the bottom of our hearts to her friends and familie.

Zita Nawn ·

Leo’s moving tribute to this beautiful young woman is heartwrenching. Sincere sympathy to Liesl’s closest family and loved ones on your devastating loss . RIP beautiful angel.

Yankee ·

Antwoord my asb. “Sinnelose moord”? Maak enige moord dan sin?

Willie ·

Mens los nie iemand met n nuwe tuinier nie… klaar… aan haar genade oorgelaat…

Jaco ·

Bewys net weer `n mens kan nie die mense vertrou nie, moet ook nie julle hoop op CR sit nie!

christa ·

Barend ek stem saam. Huisbewoners moet bietjie self in hulle tuine werk dan sal die mense bietjie voel hoe is dit sonder werk. Ons mense het baie gemaklik geraak. As ons in ons eie tuine werk sal daar baie geld gespaar word aan ‘n gym.

Anoniem ·

Alle tuiniers is nie moordenaars nie, nes alle blankes nie rassiste is nie. Enige mens is ewe weerloos met of sonder tuin en/of huiswerkers. “Boikot” mentaliteit gaan nie juis veel bereik nie. ;-)

Johanné steyn ·

Plaas ‘n verbod op o.a die Zimbabwers se verblyf en werkpermitte in SA, dan sal die moorde met 50% verminder!!!!

Nettie ·

@Johanné steyn – ek sê: maak ons grensposte TOE, doen weer ordentlike grenspatrollies en rig grenslyne ordentlik op, dan sal midaad met 75% afneem. Hou die buitelanders BUITE die land, maak soos Benjamin Netanyahu gemaak het met die hul “no go zone” in die woestyn tussen Afrika (Egipte) en Israel en hul streng immigrasie/deportasie-wetgewing. Eers dán sal hierdie sinnelose moorde stopgesit word. Om ook vir jouself in die huis en tuin te werk, is nie altyd ‘n duidelike oplossing nie – netnou word jy vermoor omdat jy weier om die nasie werk te gee!

Peet J ·

Hierdie is nie iets nuuts om ‘n huis en die diere op te pas terwyl die eienaar met verlof is nie , baie hoërskool leerlinge doen dit om ekstra geld te verdien. Die probleem is die onderneming het ‘n verkeerde besluit geneem om ‘n aantreklike vroulike persoon daar te plaas, ek dink dit moes eerder ‘n mans persoon gewees het.

Casper Labuschagne ·

Tragies en sinneloos. Geen redelike rede kan hiervoor gevind word nie.

Geen rede nie, behalwe dat die slagoffer as relatief weerloos beskou kan word teenoor haar aanvaller. Geen rede nie, behalwe dat ons liefs moet gaan soek tussen die woorde van politieke leiers – want woorde in Europese tale wat ‘n toestand beskryf word ook op ‘n Afrika manier ondubbelsinnig vertolk as probleme wat deur onderdane reggestel moet word.

Ada ·

Sy moes iemand aan haar sy gehad het toe sy die huis moes besoek.
Die maatskappy moes voorkomend gewees het.
So ‘n verskriklike groot verlies.

Frik ·

Die berig is foutief. Die tuinier het 8 jaar vir die huiseienaar gewerk.

Vertrou hul nie ·

Stem saam jy vertrou hul nie al werk hul 30 jaar vir jou. Wees op jou hoede van voor en agter. ‘n Boer wat met skape geboer en verkoop het se jarelange werker, wat op die plaas gebore is, goed behandel en hom soos ‘n kind behandel het, het agter op die bakkie gesit en toe hy uitklim hom met ‘n hamer op die kop geslaan. Sy storie “die oubaas sou nog gelewe het as ek hom nie met ‘n sak toegegooi het nie”. Die oom het versmoor. Vir die magistraat se hy, hy moes die skaap slaan en die oom het die skaap vasgehou en sy kop was in die pad. Nee wat my opini het nie verander nie vertrou hul net sover jy hul sien. As jy te goed is vir hulle wil hul net meer he.

Wonder ·

Mag die Vader almal wat geraak is deur haar dood, met Sy hand van vertroosting en liefde oor julle hou.

Jessica ·

Another life taken away from loved one, how many more??? Now the people have to stand together this is the end of our nation getting raped and murdered, NOW MY QUESTION IS – WHAT IS THE PRESIDENT *RAMAPOSA* GOING TO DO ABOUT THIS???????? HE CANT OVER LOOK ALL OF THIS, HE HAS TO STEP UP IF HE IS A REAL MAN, IF HE CANT HE IS NO PRESIDENT.

anton ·

Ek lees almal se kommentaar en oplossings vir die probleme in die land hier op amper elke berig van moord, roof, doodslag ens.
Mense, julle mors julle asem en tyd want niemand gaan aan julle voorstelle en gepraat en gekerm aandag gee of iets daaraan doen nie. Weet dit maar net en maak vrede daarmee en gaan oor na n plan” B” want glo my julle planne en voorstelle val op dowe ore!!!

Sarel ·

Dit sal nooit weer ophou tot Christus terug kom nie.Dit sal eiendelik toeneem soos suid afrika totaal verval

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.