Tuinier wat glo uit weerwraak wou moor vandag in hof

Een van die brandbestryders Donderdag op die toneel. Foto: @OF_THE_SOUTH / Twitter

Een van die brandbestryders Donderdag op die toneel. Foto: @OF_THE_SOUTH / Twitter

ʼn 57-jarige man verskyn na verwagting Maandag in die hof nadat hy in hegtenisgeneem is vir poging tot moord op Jenny van Tonder, ʼn 63-jarige inwoner van Alberton in die Oos-Rand.

Maroela Media het vroeër berig die man, wat as ʼn tuinier gewerk het, is Vrydag omstreeks 17:00 in South Crest in hegtenis geneem. Hy was glo kwaad omdat die eienaar van die huis hom gevra het om, weens ʼn beweerde drankprobleem, sy kamer te ontruim.

Van Tonder, ʼn huurder in dieselfde gebou, was in haar motor toe die man glo petrol oor haar motor gegooi en dit aan die brand gesteek het. Hy het te voet gevlug. Sy is na Unie-hospitaal geneem vir brandwonde aan haar gesig en hande. Sy is later na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal oorgeplaas waar sy onder sterk verdowing geplaas is.

Buiten ʼn saak van poging tot moord, word die tuinier ook aangekla van opsetlike saakbeskadiging.

Lees ook:
Tuinier vas na hy vrou in haar motor aan die brand steek
Tuinier steek glo voertuig aan die brand met vrou binne-in

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.