Tuinroete: Geen visvang sonder permit toegelaat

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het bevestig dat slegs persone met ’n visvangpermit  vanaf Nuwejaarsdag in dié distrik toegelaat sal word om van die strand af vis te vang.

Visvang met ’n permit word ook slegs vanaf 06:00 tot 19:00 toegelaat. Marlene Nqumse, ’n woordvoerder van die distriksmunisipaliteit, het Vrydag in ’n kort kennisgewing gesê geen ander aktiwiteite sal tot verdere kennisgewing op strande toegelaat word nie.

Dít volg nadat vakansiegangers na bewering met visstokke na die strande gestroom het onder die voorwendsel dat hulle visvang, net om op die strand te gaan stap.

Maroela Media het vroeër berig een derde van gastehuise aan die Tuinroete het minstens 50% van hul besprekings vir die feestyd verloor nadat die regering besluit het om strande te sluit in ʼn poging om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.