Vakansiegangers met planne om die Tuinroete oor die Kerstyd te besoek kan ʼn sug van verligting slaak.
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het Donderdag die versekering gegee dat die streek gereed is om besoekers te verwelkom, ná groot onsekerheid oor of hulle nog by hul gunstelingvakansieplekke sal kan aanmeld.
Daar was vroeër berigte dat toeriste weens die skielike styging in Covid-19-infeksies liefs nie dié streek moet besoek nie.
Memory Booysen, uitvoerende burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, sê dit is te verwagte dat mense wat maande lank met Jan Tuisbly se karretjie moes ry, sal wil wegbreek.
“Daarom is dit ook te wagte dat mense in groot getalle in Desember en Januarie na die Tuinroete sal stroom,” sê Booysen.
“Die toerismebedryf lewer een van die grootste bydraes tot die streek se BBP en dra ook by tot werkskepping. Die bedryf help die Tuinroete om die boeke te laat klop.”
Booysen sê dit is wel uiters belangrik dat toeriste ten alle tye aan Covid-19-maatreëls voldoen.
“Die munisipaliteit het gesien dat mense die regulasies getrou nagekom het tydens die piek van die pandemie vroeër vanjaar. Hierdie nuwe tydperk van meer beweging beteken dat die risiko van oordrag groter sal wees en nie beperk sal word tot gebiede wat tans ʼn groot toename in gevalle ervaar nie.”
Die Wes-Kaapse provinsiale regering het vroeër ook gesê die provinsie is reg vir besoekers dié feestyd.
Die Oos- en Wes-Kaap ondervind tans ’n oplewing in Covid-19-gevalle en kommer het ontstaan oor die Kerstyd wanneer duisende besoekers na verwagting in dié provinsies sal uitspan. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het reeds gesê sy hoofprioriteit in dié stadium is om ʼn tweede algehele tyd van afsondering in die Wes-Kaap te voorkom.
Moenie worry nie. Ou Cyril maak weer vanaand die Tuinroete toe.
Omdat hulle geld maak sal gese word die covid gevalle styg daar. Word wakker!!
Toemaar, CR sal vannaand weer als deurmekaarkrap.
Die probleem le nie by Cyril nie maar sy baas met die kopdoek . Ek se weer dit is die mense wat van die Oos Kaap na die Tuinroete kom met die virus omdat hulle hospitale onbevoeg is .
CR is nie alleen wat besluit nie,julle kan nie daardie blameer nie