Tuinroete-strande: Regering vra nog tyd om te reageer

(Foto: SANParke/Facebook)

Die DA het die regering tot 10:00 Donderdagoggend kans gegee om die besluit te regverdig waarom strande in die Tuinroete-distrik vir die feesgety gesluit is.

Pres. Cyril Ramaphosa en Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, is aanvanklik tot 17:00 Woensdagmiddag kans gegee om die redes te verskaf, anders sal die party die hof nader vir dringende verligting.

“Die DA het amptelike korrespondensie van die presidensie ontvang om ’n verlenging van die voorgestelde sperdatum aan te vra,” het John Steenhuisen, DA-leier, gesê.

“Die feit dat die nasionale regering meer tyd gevra het om te antwoord op ons brief, waarin redes gevra word vir die besluit om die Tuinroete se strande te sluit, toon net dat daar geen redes was om mee te begin nie. Dit wil voorkom asof enige redes wat nou verskaf word, bloot opgemaak gaan wees.”

Die DA sê hy sal voortgaan met sy hofaksie indien dit duidelik is dat die besluit om die Tuinroete se strande te sluit geneem is sonder rasionele redes en dus onwettig is, wat die DA glo die geval is.

Meer as 53 000 mense het intussen reeds ‘n petisie op Change.org onderteken om te eis dat strande in die Tuinroete en Oos-Kaap oop bly.

ʼn Dringende aansoek sal Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word oor die besluit om strande in die Tuinroete-distrik, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal te sluit gedurende hierdie feestyd.

Daniël Eloff, prokureur by Hurter Spies, sê die aansoek is gebring namens die Grootbrakrivier-sakeforum, Louis Cook, ’n gastehuiseienaar en voorsitter van die Gastehuisgilde van Mosselbaai, en AfriForum as derde applikant.

Die respondente is die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, die minister van gesondheid en die premier van die Wes-Kaap.

Volgens Eloff berus die aansoek hoofsaaklik op twee bene.

“Eerstens argumenteer die applikante dat die besluit irrasioneel is weens die feit dat strande en buitelugruimtes nie ’n groot gevaar vir Covid-19-transmissies inhou nie. Tweedens, dat die besluit in die belangrike tyd rampspoedig is vir die toerismebedryf wat reeds op sy knieë is na die afgelope agt maande van die nasionale ramptoestand,” sê Eloff.

Volgens AfriForum kom die beperking van toegang tot strande, wat openbare eiendom is, neer op ’n beperking van ’n basiese mensereg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Pieter ·

Stem saam, daar was geen wetenskaplike redes om die strande te sluit nie. Dit gaan net oor die onteiening van jou privaatheid en menswaardigheid. Voeg daarby saam ekonomiese elende. Beter besef dat hierdie regime voluit teen ons is.

Michael ·

Hoekom meer tyd? As hulle seker is hul kommunistiese reels val binne die wet waarom vra vir meer tyd? Alles is mos dan wettig wat hul doen. Hulle weet dis onwettig soos die hele “lockdown” onwettig is en dan wil hulle natuurlik die proses vertraag-soos hulle altyd doen. Indien ons as burgers nie gaan saamstaan teen hierdie wegneem van ons vyhede nie gaan ons nooit weer mag gaan waar ons wil, wanneer ons wil en doen wat ons wil nie. Die volk moet net in hul massa alles ignoreer en aangaan-ongelukkig glo die meeste tans dat die kommunistiese regime hul werklik wil beskerm

Johan ·

My voorspelling– Dringend? ‘n Week later sal die saak aangehoor word. Die uitspraak sal voorbehou word en die beslissing sal bekend gemaak word op die 2e Januarie 2021. Tipies ons regstelsel wat Zuma taktiek gebruik om dinge uit te stel.

Anoniem ·

ANC sal uitstel vra tot 15 Januarie. Presies wat hulle met sigaret aankope gedoen het.

Johann ·

Tipies. Tussen Doffel Babbel en Bheki besluit die magsbehepte kaders laaaaaank voor hulle dink. Behalwe natuurlik as dit oor hulle self gaan, dan dink hulle hard. Gekke paradys!

PH ·

He langer die uitstel; hoe groter die finansiële verliese en hoe groter die eise teen die staat vir verlies aan inkomste

PH ·

Ongelukkig is dit waar en ons moet weer betaal vir hulle onderontwikkelde redenasie vermoë

NEO ·

Tipies, as hulle seker was van hul feite hoekom wag. Net soos met die sigaret verbod. Nou is sigarette nie meer ‘n probleem nie. Hul sal net die saak laat sloer tot Jan 2021.

annie ·

Aan wie behoort die meeste hotelle en woonstelle en eetplekke in Durban en omstreke in vergelyking met die res van die kusgebiede? Op watter strande sal massas mense verseker die reèls breek op die kritiese feesdae? Watter groepe gaan verseker meer simpatiek behandel word? There is a plan for all this madness…

Zet ·

Op positiewe punt. Vakansiegangers in Hartenbos staan saam teen hierdie belagrike reël. Hulle kamp, geniet die strand en swem. Sonder partytjie hou, met distansieering en heel ordelik. Bravo! Almal in die land behoort die belagrike reëls te minag vir dit wat dit is.

Alleen Wolf ·

Ek stem, “BRAVO”, vir die Hartenbos mense ons moes lankal die standpunt ingeneem het.

DieKriek ·

O nee, dit werk nie so nie. Het ons meer tyd gekry toe sigaret verkope, drank verkope en strande woeps-waps voor ons neuse gesluit is? En die eerste twee is klaar onwettig verklaar.

Blikke ·

Net nog n rede om die ” white supremacy ” soos hulle dit noem, af te breek….ons weet mos waar dit vandaan kom en wie daaragter skuil….

gatgogga ·

DA, julle verleng die tydperk vir reaksie vanaf 17h00 Woensdag tot 10h00 Donderdag?
Wat beteken dit? Watter ANC parlementarier werk oornag?
As hulle nie die antwoord ken voordat hulle die regulasie proklameer nie, dan beteken dit mos al klaar dat dit ondeurdenk was.

Danie ·

Wat dan van die samedromming van mense in bedompige winkelsentrums

Peetjie ·

Die strande waar daar genoegsame vars bewegende lug is word gesluit maar die malls waar meer mense in n toe beperkte omgewing is, bly oop…

Jakes ·

Wie is die mense wat op vakansie dae in hul 10,000 de teenmekaar staan in die branders? Weinig van hulle kan swem. Mkhize en kie se maatreels het sedert Maart weinig sin gemaak.

Johan D ·

Geen tyd vir julle nie, toe julle die aankondiging gedoen moes die redes alreeds op papier uiteengesit gewees het. Moenie nou rond val nie!
MAAK DIE STRANDE OOP!

Samuel ·

Teen die tyd wat hierdie saak aangehoor en uitspraak gelewer is, is dit klaar te laat. Van hierdie hele aansoek gaan dadels kom.

Tanniepetoors ·

Meer tyd? Kon die praatpoppe en eselkoppe nie ooreenstem oor watter feëverhaal om te gebruik as mediaverklaring nie? Het die vrou met die linnekas op haar kop se denkbeeldige raadgewers nie laasnag opgedaag nie? Erken net julle het alweer nie GEDINK nie. …..Sug, jammer mede-Fonteiners, ek word partykeer bietjie meegevoer deur my eie fantasieë.

johb ·

Ek dink dis tyd om die anc regering te dagvaar vir skadevergoeding maar uit hulle persoonlike gatsakke. Ek soek te minste 50% van my kostes en verlof terug by die anc nie belastingbetalers nie maar uit Ramaphosa en Zwile en Zuma se eie persoonlike gatsakke. Tyd dat hulle sw
Elf begin betaal

JohanR ·

DA – is tyd dat vra vir uitstel net dood en voudig ignoreer word. Moenie eers vir die ANC se julle gaan hof toe nie….doen dit net, en laat die skaak stukke val. Nou moeg dat almal die ANC eers moet permissie vra voor hulle ietsie doen!

Alleen Wolf ·

DA, as julle hierdie een laat ry sonder om by julle spertyd te bly het julle verloor en beslis my bietjie respek. verder meer, as alles duidelik was vir hulle besluit moes dit gedokumenteer gewees het, so hoe moelik kan dit wees om net die dokumentasie aan te stuur, natuurlik gaan hulle, hulle beroep op die beskerming van geklassifiseerde inliging.

Ria ·

Dis nou net soos met die as sigarette. Sal dit seker ophef as die vakansie verby is

Phillip ·

Ek weet nie van daardie strande nie maar wat ek kan sê is dit is n covid broei aarde op Durban strande. Nou vra mens hoekom julle net sekere dae gesluit word en ander strande word oor twee weke gesluit. Dit laat my wonder if dit moedswillig is omdat die Kaap nie ANC is nie. Hierdie land het sy gat gesien.

Alleen Wolf ·

Hulle straf nie die “people” nie, dis gemik op ‘n ander bevolkingsgroep wat op hulle kniee gedwing moet word, ek het nuus vir hulle, behalwe ‘n paar wat by hulle kruip, wag daar vir die spul ‘n verassing, jy kan nie ‘n ware afrikaner onder kry niemand kon dit nog reg kry nie, hulle was al uitverkoop deur mede afrikaners maar het nog elke keer steker terug gekim.

Jakkie ·

Die saak gaan hulle uitstel en uitstel tot na die 3 de Januarie 2021 en dan sal die hof uitslag wees dat dit ongrondwetlik was, geen haan sal dan weer daarna kraai nie, want hulle soek nou eers redes. Hoehet hulle dan tot die besluit gekom ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.