Tukkie neem glo eie lewe

Argieffoto.

’n Student aan die Universiteit van Pretoria (UP) het Donderdagoggend glo haar eie lewe by ’n woonstelblok in Hatfield geneem.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die student (18) het omstreeks 07:00 vanaf een van die boonste verdiepings van die Festival’s Edge-woonstelblok in die studentevoorstad gespring.

Ooggetuies het die polisie na die toneel ontbied. Volgens Mavimbela is ʼn selfmoordbrief in die student se woonstel gevind.

Die student is in die stadium nog nie geïdentifiseer nie.

Rikus Delport, UP-woordvoerder, het die student se afsterwe aan Maroela Media bevestig, maar wou geen verdere kommentaar lewer nie uit respek vir die student se familie.

’n Geregtelike doodsondersoek word in die stadium gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Poppie ·

Soms voel dit of dit al uitweg is. Oral maak deure toe voor jou en jy is nie meer lus vir enige iets of iemand nie. En dit is nie n geval van depressief nie, maar van moed opgee. Wil die lewe verruil vir die beter lewe daarna.

Abe ·

Ja, mens is geneig om te se : Hoe onnodig. Wat kan nou so erg wees? Was daar geen ander opsie nie? Maar ons weet nie. Baie simpatie aan almal betrokke. Rus nou.

Thomas ·

Wens ek kon jou ‘n drukkie gee, net om te sê dit sal beter word.

Hennie ·

Nog ‘n wenresep deur die ANC regering… Gratis ONDERRIG maar… Nog steeds geen hoop of werk nie! Sterkte aan die familie en vriende. Dis so verdomp onnodig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.