Tukkie-student kritiek ná motor haar tref

Adel Cato. Foto: Facebook.

ʼn Tweedejaar-bedryfsielkundestudent aan die Universiteit van Pretoria (UP) is tans in ʼn kritieke toestand in die hospitaal ná sy Maandagaand in ʼn straat raakgery is.

Frank Cato, Adel Cato (20) se pa, vertel aan Maroela Media die voorval het omstreeks 22:30 by Duncan Yard in Pretoria plaasgevind. “Sy en ʼn groep vriende het van een restaurant na die ander oor die pad gestap en ander vriende wat nog by die vorige plek was, het haar teruggeroep. Sy het net so half in die pad terugbeweeg toe die motor haar tref,” het Frank vertel.

Volgens hom het die motor Adel, ʼn kranige netbalspeler wat vir Noord-Gauteng sowel as Tukkies netbal speel, aan haar regterkant getref en haar kop het die pilaar aan die kant van die windskerm (A-pilaar) van die motor getref. “Die jong man [agter die stuur] het uiteraard rem getrap. Sy het so half op die kar gelê en toe afgeval sodat die ander kant van haar kop die pad getref het.”

Nooddienste is onmiddellik deur haar vriende ontbied en Adel is na die Mediclinic Muelmed in Pretoria gehaas. “Hulle het ons gebel en ons het hulle daar ontmoet.”

Volgens Frank het Adel erge breinbloeding en -swelling opgedoen.

Adel Cato. Foto: Facebook.

“Die paramedici op die toneel het haar dadelik onder verdowing geplaas. Hulle sou haar aanvanklik vir sewe dae onder verdowing gehou het, maar sal vandag egter stadig begin om haar uit die verdowing te bring. Ons sal eers dán kan bepaal wat die omvang van die skade is en of daar breinskade is.”

Haar been is ook beseer. “Dit lyk of dit gekraak is en die ligamente skade gely het. In dié stadium het die skanderings vir die rugstring positief teruggekom.”

Adel word steeds in die hoësorgeenheid van die hospitaal behandel. Sy beweeg volgens haar pa haar arms en bene effens, maar die gesin is nog onseker of dit is omdat sy uit die verdowing kom en of dit moontlik spiersametrekkings kan wees.

Frank vertel die gesin was in aanraking met die motoris, in sy 20’s, wat Cato getref het. “Hy is self verskriklik getraumatiseer, dit was ʼn fratsongeluk dié. Hy was hier in die hospitaal ook by haar. Ons het vir hom gesê ons sal nie stappe teen hom doen nie.”

Frank vertel sy dogter is baie sosiaal met ʼn borrelende persoonlikheid. Die gesin glo en bid toegewyd dat sy volkome sal herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Soveel respek ·

Al wat in my kop maal is soveel respek. Soveel respek vir die jong man wat dadelik rem getrap het en stil gehou het. Mag die Vader jou dra hierdeur jong man. Vir hierdie Pa wat tussen reg en verkeerd kan onderskei en ondanks sy onsekerhede en hartseer reeds die jong man troos. Baie baie sterkte vir julle en Adel, mag die Vader se hand oor jul waak en net die beste vir Adel gebeur.

Hoopvol ·

Soveel respek ek stem, dit was duidelik en volgens almal op die toneel ‘n frats ongeluk. Dit blyk ook duidelik te wees dat die jong bestuurder nie vinnig gery het nie. As jy gejaag het sou sy deur die lug getrek het. Sy sou nie op sie motor gebly het terwyl hy gebriek het nie.

Bid vir haar vinnige herstel

Cherokee ·

Maar dit is tog logiese optrede? Dit is tog wat enige bestuurder in so geval sou doen en.. ‘n bestuurder doen nie so iets bewustelik nie nie maar impulsief.

Wurmpie ·

Ons bid vir haar en haar gesin. Die jongman wat haar gestamp het ook.

Anoniem ·

Sterkte, mag al die partye sterker anderkant uitkom en ALMAL ten volle genees ! ??

Philip ·

Dit is in Adel of dan nou haar familie se hande of hulle net die ongeluk wil rapporteer en of hulle n saak van nalaatigheid ook wil oopmaak, maar van wat ek uit die storie kan aflei was daar geen nalaatigheid aan die bestuurder se kant nie, daar word nie genoem dat hy te vinnig gery het of onder die invloed bestuur het nie, verder het hy stil gehou en Adel bygestaan. So so ver ek kan sien was daar geen nalaatigheid aan die bestuurder se kant nie, en ek dink dit was klaar vir hom n skok en iets waarmee hy moet saam leef so ek is bly die pa is groot genoeg om nie nog verder skuld op die jong man te plaas nie so daar is darem nog mense wat nie enige situasie sal uitbyt om hulself te bevoordeel nie.

Speedguard ·

Daar moet egter ‘n saak van roekelose en of nalatige bestuur ondersoek word agv die beserings, die jonge dame of haar ouers kan egter die POF nader vir bystand en glo ek hul sal suksesvol wees met ‘n “eis” dit is waarvoor ons POF heffing betaal met die brandstof fooi, dit is egter nie verhaalbaar of ‘n klat op die bestuurder van die voertuig nie!

Robert ·

Nee, daar word nie geskerm nie. Ek het die jongman by geleentheid ontmoet en ek glo dit was ‘n fratsongeluk.
STERKTE aan die gesin en bid dat Adel gou sal herstel van haar beserings.

Koos ·

Daar is waarskynlik, maar jy weet mos die soeke na die feite is meestal nie welkom nie. Volstruistaktiek van die Afrikaner wat nie hand in eie boesem kan steek nie. Dis maklik om die kolletjies te verbind.

Koos ·

Dis nie ‘n fratsongeluk nie. Kom ons noem dit op die naam, iets wat die ellelange verduidelikings in die beriggie baie hard vermy: Sy het teruggedraai en voor die kar ingeloop. Mag sy heeltemal herstel.

CWS ·

Wat n wonderlike gebaar van ouers van dogter en jongman. Asb mense wat nou weer lelike dinge wil sê….niks met niemand te doen…!!!! Sterkte en spoedige herstel aan haar…ook vir haar ouers en jong man?

Anna-Marie Schoeman ·

Ek ken die Cato-gesin goed en hulle is sulke amazing mense. Om dit as ‘n frats te sien en nie die bestuurder te vervolg nie, is presies die tipe mense wat hulle is. Kom ons vat eerder hande en bid vir Adel. Sy is ‘n pragtige kind met die mooiste geaardheid.

Koos ·

Persoonlikheid en “amazing” speel geen rol as iemand ernstige beserings in ‘n botsing opdoen nie. Dis ook nie vir hulle om te besluit om die bestuurder te vervolg aldan nie. As die berig akkuraat is klink dit asof die meisie nalatig was deur oor ‘n besige pad te loop en dan terug te draai op haar spore en weer die ryvlak te betree. Terwyl sy van een restaurant na ‘n ander loop halfelf op ‘n Maandagaand. Go figure.

Geelheksi ·

Hier is 2 gesinne…ja…die beseerde en die die bestuurder se famielies wat deur die trauma moet werk. Dit raak hulle net so erg….dis hul kinders.
Wie is dié Dave en Cherokee om sulke kommetaar te lewer. Dit is al erg genoeg…sonder hulle ontydige sout in die wonde te vryf.
God…help almal wat betrokke is by die hartseer…en kom ons bid saam vir algehele herstel en goeie tyding.
Sterkte.

Nie altyd bestuurder se skuld ·

Soek geen sonnebok…. probeer net al die kante van die munstuk sien…
1. Sy het skielik omgedraai en voor kar beland — dus NIE bestuurder se skuld.
2. 22H30 die aand–saam vriende– studente– nie altyd NET bestuurders wat “onder die invloed” is nie
3. Bestuurder se aandag dalk nie voor in pad nie…. frats ongeluk.

Mag sy herstel en mag almal uit hierdie “frats ongeluk” leer

Karel Combrinck ·

Ek sou graag meer wou weet oor hierdie “fratsongeluk”. Dit lyk asof daar netsoveel simpatie is vir die man wat vir Adel raakgery het as vir haar. As daar mense in-of langs ‘n straat is, dan ry jy doodstadig of hou heeltemal stil. Met sulke optrede is dit moeilik om te verstaan hoe ‘n “fratsongeluk” kan plaasvind . M. was dit vermybaar.

Karel Combrinck ·

Ek wou nog byvoeg as dit my kind was wat hy raakgery het, sou ek sy nek ingeslaan het, gawe jong man of nie.

Ekke ·

En as jou kind die nalatige party was…. wat dalk onbewustelik, maw PER ONGELUK, voor die motor ingeloop het?
Sal jy steeds die bestuurder se nek inslaan of sou jy rede kon verstaan?

Koos ·

Karel klink of jy ‘n breker is of praat jy net groot? Totdat jy staan en snik in die beskuldigdebank…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.