Tukkies-koshuise kom tot ’n einde

Lees ook:
Tuks sê oor koshuise
Tuks bevestig hy oorweeg koshuisveranderings

Een van Tuks se ikoniese geboue, "Die Skip" Foto: Mike Prins, Wikimedia

Een van Tuks se ikoniese geboue, “Die Skip” Foto: Mike Prins, Wikimedia

Koshuise by die Universiteit van Pretoria (UP) verander in woonstelblokke wat verblyf sal bied vir of net eerstejaar of net seniorstudente. Dié aankondiging is glo op 26 Junie aan koshuis-ouers gekommunikeer waarna die UP die toepassing daarvan uitgestel het tot 2015 ná hewige teenkanting van studente.

“AfriForum Jeug het verlede week ’n skrywe aan prof. Themba Mosia, visekanselier vir studentelewe, koshuisaangeleenthede en akkommodasie, gerig wat uitlig dat geen konsultasieproses met studente gevolg is of die effek op studentekultuur volledig bepaal is nie,” het Rochelle Oosthuyse, die voorsitter van AfriForum Jeug Tukkies gesê. “Verder bevraagteken AfriForum Jeug ook waarom die besluit in vakansietyd geneem is, en op grond waarvan die besluit geneem is.”

Volgens AfriForum is die volgende inligting tydens die vergadering op 26 Junie oorgedra:
– Die manskoshuis, Olienhout sal slegs vir eerstejaars beskikbaar wees.
– Onderskeie dameskoshuise, soos Inca en Asterhof, sal slegs vir eerstejaars beskikbaar wees.
– Die manskoshuis, Boekenhout sal slegs senior studente akkommodeer.
– Dameskoshuise, Lillium en Jasmyn, sal slegs senior studente akkommodeer.
– Besoektye aan manskoshuise sal drasties ingeperk word.
– Klubhuise in koshuise sal moontlik algeheel ingeperk word.

“Nie koshuisouers, die direkteur van koshuisaangeleenthede óf studenteleiers is geken in die saak nie,” het Oosthuyse bygevoeg. “Tradisies soos Jool, Ienk Melodienk, Sêr en Kaskarfees is nou in die gedrang. Hierdie besluit ruk die mat onder studentelewe by Tukkies uit.”

AfriForum Jeug is in gesprek met die UP en het versoek dat geen verdere stappe of besluite geneem word sonder dat studenteleiers daarin geken word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

se-net ·

Jul kan wat probeer, hul het KLAAR besluit, wat baie jammer is!!!!

Huiskomitee student ·

Hierdie artikel is nie akkuraat nie. 2015 gaan aan soos normaal. Prof. Mosia het dit beslis. Na 2015 gaan hulle weer kyk na die sisteem of na ‘n beter, nuwe een wat sal werk. Hierdie website is kak.

Sune van Heerden ·

Dagsê Huiskomitee student

Dankie vir jou kommentaar! Ons het die inligting uit ‘n mediaverklaring van AfriForum ontvang.
Ons stel dringend ondersoek in.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Ons het intussen met AfriForum bevestig al die inligting is korrek. Soos genoem in die berig word die plasingsbeleid in 2015 heroorweeg wanneer studente se insette in ag geneem sal word.

Groetnis
Suné

Lelanie ·

As nie so oud-tukkie en as oud VSR-lid kan ek jou verseker dat jy alles wat Tuks bestuur aan studente opdis met ‘n hap sout moet neem. Tuks bestuur is bobaas wanneer dit kom om skelm besluite te neem en dit vir studente weg te steek of as ‘n wonderlike besluit voor te hou

Michiel ·

Dit is ‘n belaglike besluit. Hoekom wil hulle verander wat werk??? Tradisies is daar met ‘n rede.Ek hoop die studente veg teen dit.

meester de bruyn ·

Jy kan altyd n besluit verander, en hierdie is n besluit wat moet omgekeer word. Mens kan nie so belaglike besluit neem en nie dink aan die nagevolge nie. Mens sal dink met al doktors grade in die universiteit se bestuur sal hulle beter besluite kan neem. Maar almal het seker maar breinfart oomblikke!

Adele ·

Ek dink dis Absurd dat hulle geskidenis wil wegneem. Geen meer koshuisse gaan maak dat daar geen meer belangstelling gaan wees aan UP nie. Los tradisies soos dit is en stop om jong studente se studente-lewe te tuister.

mnrtradiesie ·

Dis nou tipies kat op n warm plaat optrede deur universiteitsowerhede wat dam onder die eend uitruk. Dis n ding wat al jare kom agv vergrype van senior studente tydens oorienteering wat hulle nie steur aan reels en regulasies nie. Die hele debakel by Potch het dit nou weer op die voorgrond geplaas en druk van regerings wee af om orienteering af geskaf te kry is nou weer fel. As ons senoir studente nie bykom en hulle aan die reels begin onderwerp nie gaan ons kort voor lank met die tipe drakoniese reels ge-ets in landswettte sit en dan kan NIKS verander word nie en dan gaan blaam plaas niks help nie.

Lize ·

Wat ‘n jammerte. Hoop nie hulle kry dit reg nie! Koshuislewe is iets wat geen mens sal verstaan wat nie self in die koshuis was nie. Dit is n voorreg wat nie van studente ontneem mag word nie!

Sue-Anne ·

Ja tipies!! Hierdie storie kom nie net van gister af nie, die universiteitsbestuur sit en beplan dit al laaaaaankal!! Ek wil net aan die universiteitsbestuur van Tukkies dankie se… Dankie dat julle studente ontneem van ‘n koshuislewe, ‘n studente lewe, tradisies, mooi herinneringe en studente trots! Dis glad nie asof julle die studente daarvan weerhou om hulleself as jong mense uit te leef die laaste paar jaar voor hulle offisieel die grootmenswereld betree en met die harde realiteite van die lewe gekonfronteer word nie. Dit is immers die tyd wat ‘n mens vir oulaas ‘n bietjie simpel en spontaan kan wees… Vernietig die koshuislewe, dan vernietig julle studente trots, TUKKIE trots!!!

Oud Tukkie ·

Nie om snaaks te wees nie, maar die tos wat aangejaag is die laaste tyd het hier op afgestuur. Die studente het hulleself te blameer.

Liezel Vermeulen ·

Dit is regtig jammer. Tyd vir almal om in te gryp en groot bohaai te maak, sodat dit gekeer kan word. Ek was sosiale HK lid van Jasmyn en het die heerlikste tyd gehad! As Tuks eers hierdie stap regkry, is dit nie lank voor die ander universiteite volg nie. Ons moet sorg dat ons kinders ook eendag ‘n lekker studentelewe in ‘n koshuis kan beleef. Ek verstaan koshuislewe is nie vir almal nie, maar daar is mos genoeg woonstelle vir daardie studente.

reinhardt roets ·

Dink nie dis gepas nie … dis n ikooniese koshuis en tot vandag toe sal my pa nog “die skip” herken … hou hom soos hy is !!! Mense wil te veel verander aan goed wat nie verandering benodig nie ..

Bekommerd ·

Ek is het gehoop dat die wat sulke besluite neem en deurvoer in ‘n koshuis was om die waarde van dit te besef. Maar dit word erg betwyfel?

Ek weet die koshuis waar ek was 32 jaar terug se huidige huisvader, onder andere, het geen begrip en derhalwe twyfel ek in die waarde van hierdie besluit. Inteendeel, hy behoort nie Jong mense te lei,

Ons land en omgewing het ons nou beroep op ruggraatlose mense wie dink hulle is en was leiers. Ek hoop hulle sal eendag terugsit en besef hoeveel kinders (mense) se lewens hulle benadeel het deur hulle eng, selfsugtige bydrae hulle tot die samelewing maak.

Ek het direkte ervaring en as iemand twyfel – dit het niks te doen met ras! Inteendel my kinders se beste vriende is van ander rasse en nog verder as ons eie klein landtjie.

Mense wat hierdie besluite neem het geen begrip van die lewe en waarde van dissipline. Inteendeel hulle was opgebring om te vernietig en op die lewe te trap.

Ek glo hulle het klaar plek vir hulle kinders elders.

Mariëtte Ferreira ·

Hierdie is absolute snert. Jou bron het vir jou die verkeerde inligting gegee. Ek het eerstehands met ‘n lid van die topbestuur gepraat en hy sê daar is hoegenaamd geen so besluit geneem deur die Universiteit van Pretoria nie.

Marcelle Venter ·

Ek lees met groot heimwee van besluite wat gemaak word in verband met ons oer oue traditioneele koshuise. Is die bietjie trots wat n ou tukkie nog kan he nog moet weg geneem word. Wanneer ek terug kyk na alles wat julle al weg geneem het Ai man kry julle nie skaam nie. En ek is oortuig daarvan dat die van julle wat hierdie besluite neem nie een n oud Tukkie is nie.

Marguerite ·

Dit is nie die waarheid nie. Asb moet nie alles glo wat as feit berig word nie.

Christoff Bekker ·

Hierdie berig is snert! Baie swak joernalisme Suné om alles te glo wat Agriforum sê! Volgense hulle is al die boere al vermoor en die res van die wittes in see gejaag! Doen bietjie beter navorsing en kry geloofwaardige bronne in die vervolg

HK 2011 ·

While it’s sad that quite a lot of great res traditions will be lost, quite frankly I think this is a good move. Especially in reducing the academic chasm between res and daily students. Res just proved to be too much of a distraction from what people actually go to university to do. We may not like it, but at the end of the day it’s the best thing for students whether they know it or not.

Wessel Vosloo ·

Ek is ‘n oud Taaibos en Tuks man,het in 2003 klaar gemaak! Koshuis was soos vir my,baie van ons se enigste lewe as Student by Tuks! Dit het ons rede gegee om te studeer agv baie goeie vriende wat gemaak is, tradisies en al die pret soos Jool,Bokjol,Serrie,Ink ens. Dit sal ‘n groot skande en teleurstelling wees as al die Tuks koshuise in Woonstelle verander. Net nog ‘ kak manier hoe geskiedenis net weggegooi word vir ons Suid Afrikaners.

As jy nog nooit in ‘n koshuis was nie, moet nie daai tradisies Judge nie,want dis wat ons sterk gemaak het om suksesvolle persone vandag in besigheid te wees! Dis die waarheid. Ek se laat vaar die gedagte en laat ons Tuks koshuis tradisies bly voortleef!

Hannelie ·

Jy was ‘n leeftyd gelede in n koshuis. Ek laat my nie vertel koshuislewe op Tuks was in elk geval nog iets noemenswaardig nie. Alles het lankal verander en lyk niks meer soos almal met soveel nostalgie nou onthou nie. Sad but true.

Liezl Hesketh ·

Ek weet koshuise was nog altyd so ‘n groot deel van universiteitslewe, en ek wil nie ‘n “prophet of doom” wees nie, maar soos Hannelie bo gesê het, dinge het baie lank gelede al begin verander en die gloriejare is verby.

En hierdie hou ook tred met tendense elders in die wêreld – ek weet in Brittanje maak meeste universiteite koshuise net beskikbaar vir eerstejaars. En dit is een van die redes waarom nuwe webwerve soos TheRoomLink so belangrik is vir studente om verblyf te vind. Maar darem beteken dit dat studente alreeds gevestig is by ‘n universiteit wanneer hulle vir verblyf in hulle 2e jaar moet soek.
Ek is jammer dat dit die universeitsondervinding gaan verander – maar soos hulle sê in Engels ‘perhaps all good things come to an end’ ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.