Tukkies sê AfriForum Jeug praat ‘snert’

Die Universiteit van Pretoria is van 1 Januarie vanjaar af so te sê uitsluitlik Engels.

AfriForum Jeug sê hy veroordeel ten sterkste die aankondiging van die Universiteit van Pretoria (UP) se nuwe visiekanselier, Tawana Kupe, dat die universiteit van vanjaar af net in Engels sal funksioneer.

Die organisasie beskou dit as ’n skending van die universiteit se onderneming teenoor reeds ingeskrewe studente wat hul kwalifikasies in Afrikaans wou voltooi. “UP het onderneem dat studente wat ingeskryf het om hul studie in hul moedertaal Afrikaans te voltooi, wel dié geleentheid sou kry,” sê Ohann Fourie, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir kampusse.

Maar Rikus Delport, UP-woordvoerder, het Woensdagmiddag by navraag gesê hy kan nie “reageer op goed wat nie so is nie. Dis snert. Studente kry die geleentheid om hul studie in Afrikaans klaar te maak.”

Tukkies se raad het in Junie 2016 ʼn nuwe taalbeleid aanvaar ingevolge waarvan Engels die primêre onderrigtaal word. Ook is besluit dat Afrikaans as onderrigtaal geleidelik uitgefaseer word, het UP vroeër in ʼn verklaring gesê.

Engels sal ook die taal van alle amptelike kommunikasie en administrasie op alle kampusse en in alle koshuise wees.

“Ná ʼn vertraging weens ʼn hofsaak het Engels op 1 Januarie 2019 die leer- en onderrigtaal vir alle eerstejaar-programme geword. Engels sal ook die taal van alle amptelike kommunikasie en administrasie op alle kampusse en in alle koshuise wees.”

AfriForum Jeug beskuldig Tukkies daarvan dat die universiteit “nie eerlik ten tyde van die verandering van die taalbeleid en die daaropvolgende hofsaak tussen die UP en AfriForum [was] nie”.

“Hierdie studente moet nou van studietaal verander in die middel van hul kursusse,” beweer Fourie, “en die aanpassing is enorm. Dit is nie regverdig teenoor die studente nie, want die universiteit het inderwaarheid vir hierdie studente ’n rat voor die oë gedraai.”

Hy sê in gesprekke tussen AfriForum, AfriForum Jeug en die universiteitsbestuur is beklemtoon UP wil juis meertalig probeer funksioneer en sal moeite doen om onder meer Afrikaans en Sotho te akkommodeer.

“Die visekanselier se verklaring maak dit egter duidelik dat daar geen erns met hierdie ondernemings was nie,” meen Fourie, “en dat UP geensins daarna streef om moedertaalonderrig te bevorder nie.”

Delport sê hy weet nie van so ʼn verklaring nie.

AfriForum Jeug sê dié organisasie het reeds in 2018 klagtes van ontevrede lede ontvang wat weens hierdie standpunt in die eksamen benadeel is. “Daar was gevalle waar die betrokke UP-dosente nie die studente van Afrikaanse memoranda tydens insae in die vraestelle wou voorsien nie.

Studente sal self die vertalingswerk moet doen om goed genoeg te verstaan om te slaag.

“UP se reaksie hierop was dat alle dosente nie Afrikaans magtig is nie. Die verdere implikasies daarvan vir studente wat aanvanklik in Afrikaans begin studeer het,” sê Fourie, “is dat klasse nou net in Engels aangebied sal word. Studente sal dus self die vertalingswerk moet doen om sodoende goed genoeg te kan verstaan om te slaag.”

Fourie sê ongeag die hofuitsprake van die afgelope paar jaar bly AfriForum Jeug se standpunt dat enige onderriginstelling wat die belange van sy studente op die hart dra, moeite sal doen om moedertaalonderrig aan te bied.

“Ons standpunt is nie dat daar net Afrikaanse klasse by universiteite moet wees nie; ons is van mening dat daar ’n nasionale verantwoordelikheid op universiteite rus om ander Afrikatale uit te brei en dit tot akademiese taal te ontwikkel,” sê Fourie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Johan ·

Die probleem is dat daar meer as een amptelike beleid is. Die een is net meer verskuil as die ander… Die verskuilde een is die ware een…

Outop ·

C P Hoogenhout het dit amper 100 jaar gelede al gese met sy gedig:

Engels Engels alles engels
Engels wat jy sien en hoor
In ons skole in ons kerke
word ons moedertaal vermoor

Hy sluit die gedig af met:

Dis vooruitgang roep die skreeuers
Dis beskawing wat nou kom
Die wat dit nie wil gelowe
Die is ouderwets en dom

willem Botha ·

Ek stem die pas moet versnel word en elke afrikaanssprekende persoon sal moet help.

Paul ·

Moenie worrie nie, Afrikaners is besig om die dinge mbv Solidariteit en Afriforum hul plek in die land te vind. En dinge raak al klaar beter, stadig maar seker.

marous ·

Snert want hulle word toegelaat om in Arikaans klaar te maak ? En daarna is dit nie meer snert nie ?

B ·

Selfs al is ek lid van Afriforum moet ek erken is UP reg oor die reeds ingeskrewe studente se voltooing in Afrikaans. Kollegas, stry die goeie stryd maar moet nie kredietwaardigheid inboet deur impulsief te reageer met ‘onvolledige’ feite.

Wel skokkend is hoe min Afrikaanse studente tans toegelaat word, dis minder as 30%

Koos ·

“Credibility” = “geloofwaardig”
“Kredietwaardig” = credit worthy. Dis te doen met jou vermoë om geld te kan leen.

Johannes ·

As voormalige Tukkie is dit uiters skokkend! Met Tuks wil ek niks meer te doen hê nie! Verraad teenoor Afrikaans. Skande!

Charles ·

Johannes, ek het aan die einde van 2010 by “Tukkies” klaar gemaak- was SO, SO verskriklik trots gewees in die jare daarna op my “alma mater”.

Toe “Die Moeilikhede/The Troubles” begin, seker in 2014/2015 omstreeks as ek dit reg het, en UP in die opvolgende warboel van haat en onverdraagsaamheid en onder die druk van radikales swig en my taal versaak en ook my kultuur en kennisoordrag in ons Taal; was ek KLAAR met hulle en het die gevoel SOOS MIS VOOR DIE SON VERDWYN.
Ek weet nie wat gaan hierdie openbare “universiteite” doen vir ondersteuning en befondsing nie, want Afrikaanse mense kanaliseer nou al hulle geld na Akademia toe.

Hulle gaan nog smekend en bakhand kom staan- waar ons hulle die deur VINNIG gaan wys!! Maar moet net nie vir EEN oomblik dink daar sal OOIT weer ‘n sweempie van ons pragtige moedertaal op daardie verfoeilike kampus gepraat word nie.

Ons is op ons eie! Kom ons vat die geleentheid aan en maak die beste daarvan vir ons en ons geliefde taal sodat Sy net groter en groter hooogtes bereik!

Se Maar Net ·

As dit nie genoeg is dat als alreeds vir n Bol Snot gaan nie vat hulle nou Afrikaans ook weg!

Baie onregverdig! Sies vir julle!

Hennie ·

Hoe lagwekkend. Engels… Die taal van ware onderdrukkers! Maar nou ja, as jy penosel is dan is daar nie pille nie!

Thinus ·

Weereens word ons taal en kultuur verkrag deur ‘n ruggraatlose, liberale en getransformeerde universiteitsraad om agteroor te buig vir die swart studente wat als wat Afrikaans is wil vernietig. Tukkies gaan ook soos Vista universiteit eindig. Een groot gemors wat deur wanbestuur bankrotskap in die gesig stuur. Good riddens.

aj ·

Daar verloor Tuks sy kompeterende voordeel deur plaaslik UITSONDERLIK en internasionaal relevant te wees …. in Afrikaans!

Nou is Tuks net nóg een van tientalle sukkelende 3de wêreldse ‘ROTTEN-ENGLISH’ ‘wannabe’ universiteite.

Ons Afrikaanse kinders is WÊRELDKLAS en kan baie beter doen deur aan Nederlandse of opregte Engelstalige internasionale universiteite te studeer. So ook ons Afrikaanse akademici!!!

Daar is duisende ‘aanlyn’ kursusse wat Afrikaanse studente kan doen om hulle voor te berei om as wêreldburgers te leef … onafhanklik van die agterlike “Rotten-english” Afrika ‘hole’ waar rassisme, geweld en korrupsie hoogty vier.

Ek vertrou dat al die Afrikaanse alumni en donateurs ook die Afrikaanse studente sal ondersteun wáár ookal hulle voortaan gaan studeer … deur studiebeurse beskikbaar te stel.

Kom ons Afrikaanses begin sateliet kampusse van vooraanstaande internasionale universiteite as teenvoeter vir Tuks (se skandelike verraad) … in Pretoria.

Waar ons Afrikaanse studente en akademici kan werk en studeer onder die administrasie van Belgies / Nederlandse universiteite.

Hoe lyk dit met ‘n NASPERS gefinansierde Pretoria akademie vir Afrikaanses?

Deon ·

Beslis. Residensiele universeite is duur en lomp. Plaaslike akademiese instellings kan affilieer by Europese universiteite. Baie van die akademiese werk kan deesdae aanlyn gedoen word. Die Ruperts, Wieses en baie rykes kan selfs een van Mediclinic hospitale omskep in ‘n Afrikaanse mediese skool, met Wouter Basson as rektor.

Charles ·

Uitstekende, uitstekende idees en voorstelle, wanneer begin ons!

Lief Afrikaans!

Bossie ·

Dis Afrikaanse studente wat in Afrikaans skoolgegaan het, wat nou die meeste benadeel gaan word met die ‘Alles Engels’ beleid. Weereens.

Thinus Erasmus ·

Ja en oor 20 of dalk 10 jaar van nou, is TUKS ook ‘n gefaalde instelling, wat nie kan verstaan waar het dinge verkeerd gegaan nie!

Deon ·

Die laaste generasie Afrikaanse proffies is besig om uit te beweeg.

Manie ·

Tukkies loop die selfde pad as kovsies. Die hele universiteit het sy karakter verloor en probeer polities punte kry. Dit gaan julle n nikswerd graad gee op die einde van die dag

Deon ·

Min SA grade wat na 1995 toegeken het waarde. Teen 2030 sal geen SA graad iets beteken nie.

Jerry ·

Ek sal dit glo dat AfriForum snert praat. Vandat AfriForum/Solidariteit op die toneel verskyn het om Afrikaner belange, taal en regte te beskerm gaan dit maar beroerd met die Afrikaner. Die trackrecord wys dat die magshebbers die Afrikaner teiken, uitsluit en isoleer agv AfriForum/Solidariteit se ondermyning van die staat en buitelandse veldtogte teen die staat. Onder AfriForum/Solidariteit se waak word boere aangeval en vermoor vir grond, die Afrikaner verarm, sy regte word geteiken en vertrap en sy belange duik in die hek in die breer SA samelewing. Die Afrikaner word mislei en doelbewus gemanipuleer deur AfriForum/Solidariteit se Afrikaner nasionalisme agenda as kwansuis die Afrikaner se enigste uitweg en toevlug! Afrikaans sal dus eersdaags net by Solidariteitinstansies soos akademia beskikbaar wees. Dit lyk vir my of dit nog lekker plesierig gaan raak by AfriForum/Solidariteit. Vorentoe gaan die Afrikaner net een van twee keuses kan uitoefen, sluit aan by AfriForum/Solidariteit of emigreer!

Zirk ·

Jerry, oftewel Rip van Winkel. Waar was jy die laaste 24 jaar.? Seker reeds geimigreer. Die huidige eenparty regering se verskuilde agenda was van die begin af om die blanke en in die besonder die.Afrikaner die land uit te dryf. Met of sonder Afriforum of Solidariteit. Jy is uiters naief as jy dink die ANC het simpatie met jou of met my.

Trotse Oraniër ·

Al weer ons ou vriend broer Jerry. Daar is skaars woorde om die deurmekaar gebrabbel van u kommentaar te beskryf maar laat ek my tog hierin begewe soos ‘n arm veearts wat genadedood moet toepas op ‘n ou tannie se hondsdol poedel al weet hy sy kan nie betaal nie. Die geknor en gehap wat telkemaal spruit uit ‘n verstand so patologies verwyder van die werklikheid laat mens wonder of u desperaat hoop op finansiële ondersteuning van die FW De Klerk stigting. Alternatiewelik spreek u agenda van ‘n baringsnood om erkenning te kry of tog net raakgesien te word deur die persoon wat u glo u biologiese pa is soos Marthinus Van Schalkwyk of Roelf Meyer. Wat ookal die hartseer omstandigdhede mag wees wil ek u tog aanmoedig om weer u medikasie te hervat solank dit deur ‘n dokter voorgeskryf is wat nog deur Afrikaanse Professore opgelei is en regtig omgee vir u brose gemoedstoestand. Laat vaar die haat jeens Afriforum en Solidariteit en wees dankbaar dat daar in die tyd van ‘n totale aanslag teen Afrikaners wel briljante rolspelers in organisasies dien wat heldhaftig genoeg is om die arrogansie van ons vyande uit te daag. Meer belangrik selfs as dit wil ek ‘n beroep op u doen om tog nie die lesers van MM so te vermoei met sotlikheid nie, daar is genoeg irritasies in die alledaagse bestaan en ‘n bykomende bron van ergernis is oorbodig. Groete dan, bevrees ek my, tot volgende keer.

Jan ·

Nonsens, die aanslag op Afrikaans/Afrikaners het begin lank voor Afriforum Solidariteit hulle veldtogte geloods het, dié is juis van stapel gestuur na die aanslag op ons begin het.

Snowball ·

So, vir die afgelope 25 jaar is SEB, die uitwissing van Afrikaans in skole en universiteite, wit haatspraak asook OSV, die gevolge wat ons dra omdat Afriforum en Solidariteit bestaan? Te dik vir ‘n daalder om daai saamgeplakte redenasie te laat vlieg! Na ’94 het Afrikaners nog steeds help bou aan die nuwe SA, maar die retoriek tans is dat ons en ons kinders sal boet vir Apartheid tot in lengte van dae en dat enige een wat wil, haat en geweld teen ons kan spoeg sonder enige nagevolge. Huidiglik is Afriforum en Solidariteit die enigste weg in baie gevalle waar mense uitgebuit en weerloos staan – soos die juffrou in SR sal getuig. Dit sal ‘n bitter dag wees as ons so slapgat en geintimideerd staan dat ons dié wat ons ophelp, verban omdat dit nie ons korrupte rasistiese regering aanstaan nie.

Rooi Jan ·

Wou iets sê vir jou Jerry, maar het besef daar is nie n manier om met iemand soos jy te redeneer nie want jy kan net jou eie standpunt insien. Sterkte vir jou, want as jy wel n blanke Afrikaner is gaan jy binnekort geen steun netwerk hê nie siende dat jy nie belangstel in die enigste een wat vir blanke Afrikaner belange veg nie. En die ANC/EFF gaan jou bloots ry tot jy ook maar emigreer of het jy klaar?

Snowball ·

@Trotse Oraniër.
Ek was nou lekker suur omdat hulle my kommentaar vir Jerry nie plaas nie, maar joune het my tone laat krul van plesier.

Thinus Erasmus ·

Ai Jerry, net toe ek dink daar is hoop vir jou, toe kom mors jy als weer op!
Maar ek wag nog vir jou antwoord; glo jy regtig die ANC kan onder CR weer die Rand “optel”?

marina appelgryn ·

Jerry, jy sit pot mis. As dit nie vir Afriforum en Soldariteit bewegings was is ons blankes en Afrikaan sprekendes lankak in die grond in vertrap! Dis polities korrekte rugraatlose mense soos jy wat daardie burgerlike bewegings afkraak.

Philip ·

Tuks verander julle naam want dis beslis nie waarvoor ons Afrikaners betaal het vir ons onderig nie. As daar nie meer wit Afrikaans studente is nie sal dit seker ‘n spook instituut word..

Zirk ·

Jerry, oftewel Rip van Winkel. Waar was jy die laaste 24 jaar.? Seker reeds geimigreer. Die huidige eenparty regering se verskuilde agenda was van die begin af om die blanke en in die besonder die.Afrikaner die land uit te dryf. Met of sonder Afriforum of Solidariteit. Jy is uiters naief as jy dink die ANC het simpatie met jou of met my.

OomKoos ·

As oud Tuks-student beskou ek die ” nuwe universiteit” as ‘n blote boskollege. Ek bejammer studente wat onder die indruk verkeer dat hul grade internasionale erkenning geniet.

Dries du Toit ·

Nou wat impliseer jy nou eintlik Jerrrie. Wat is jou oplossing dan. Verstaan nie hoekom jy Afriforum/Solidariteit so skel nie. In die ou dae sou jy ‘n uitstekende kandidaat vir teer en veer gewees het

Praat Waar ·

Engels die slawe taal,wonder wie is die slawe meesters in die land?Die ingilse taal het meer gedoen om devisie en haat en hartseer te pleeg in die land as enige ander taal,en nou wil die wat onderdanig was onder engels weer onderdanig wees aan die kroon taal,Weer n kolonie?miskien!Lord renwich en Theresa and her old majesty se onderdane.Dom was maar nog nooit slim nie.

Dries du Toit ·

Jerrie wat het jy teen Afriforum. In die ou dae sou jy n uitstekende kandidaat vir teer en veer wees

Jakes ·

Ek het self my taal van onderrig op universiteit van afrikaans na engels verander, al n hele paar jaar terug. Dit was hartseer maar prakties, mens sukkel vreeslik om voorgeskrewe boeke in afrikaans te bekom.

JJ ·

Jakes daar’s ook ‘n ander voordeel aan in Engels studeer: as jy oorsee aan ‘n Engelstalige universiteit soos Oxford verder wil gaan studeer, moet jy ‘n spesiale eksamen skryf om te bewys dat jou Engels goed genoeg is (en daai eksamen is geen grap nie). Tensy jy natuurlik reeds in Engels studeer het. Om so blindelings op Afrikaanse universiteitsonderrig aan te dring maak ons deure vir ons kinders toe, nie oop nie.

Snowflake ·

Nou praat jy snert Jerry… hoe kan Afri en solideriteit geblameer word vir die onder drukking van ons taal en vel kleur!!! M. a. w volgens jou mag geen instansie opstaan vir ons nie??? Liewer stilbly en aanploeter?? Dis jou voorstel… a nee a… waar kom jy vandaan my ou??

Deon ·

JJ, hoeveel SA studente gaan nagraads in die VK of Amerika studeer? Net ‘ n handvol, en dit is gewoonlik die room van die oes. Ou Jan en Sarie wat moet hard werk om ‘n graad in Afrikaans te behaal sal maar sukkel in akademiese Engels. Maar tog sal hulle eendag suksesvol wees in hul beroepe.

Thinus Erasmus ·

JJ,
Jou argument is holrug gery, behalwe dat dit baie effektief is om jou moedertaal te begrawe, want: As ons kinders in Engels moet leer by universiteit, dan moet ons hul mos by Engelse skool inskryf, en dan ook Engelse kleuterskool, en net om hul nie te verwar moet ons permanent Engels by die huis praat.
Die uiteinde is Afrikaanse mense wat rerig sukkel om Afrikaans te praat en verstaan, en hulle kinders sal defnitief vlot Engels wees sonder enige behoefte aan Afrikaans.
MY TAAL. MY KINDERS SE TAAL , MY VOLK!

Snowflake ·

Nou praat jy snert Jerry… hoe kan Afri en solideriteit geblameer word vir die onder drukking van ons taal en vel kleur!!! M. a. w volgens jou mag geen instansie opstaan vir ons nie??? Liewer stilbly en aanploeter?? Dis jou voorstel… a nee a… waar kom jy vandaan my ou????

Johan ·

Ons was onder die indruk ons was ontslae van die britse onderdrukking, maar hulle werk nog na al die jare ons storie.

Eke ·

so waneer verander tuks hulle naam? Want tukkies is tog n afrikaanse naam gewees. En net n klip in die bos as my afrikaans nie meer goed genieg is nie hoekom is my afrikaanse geld nog goed genoeg so verval als ek weet mens moet engels he en dit goe maar wraggies gee die leerders die keuse

JohanL ·

Akademia is die oplossing – net soos die Afrikaner in die begin van die 1900’s saamgestaan het om Afrikaans as taal te ontwikkel, sal ons nou weer moet saamstaan. En ek dink hoe gouer al die Afrikaanse akademici wat iets voel vir Afrikaans, begin saamwerk met Akademia, hoe beter. Bou Akademia uit tot ‘n privaat Afrikaanse instelling en los Tukkies (en Kovsies en Maties) laat hulle maar tot gronde gaan. En voor die wolwe weer “rassisme” skree – enige persoon van Afrikaanssprekende tot Chinees is welkom om by Akademia te studeer – in Afrikaans.

Trots Afrikaans ·

In Namibia het die staatskole Engels as alleen taal ingebring. Die Afrikaners het privaat skole begin. Die gevolge is dat die staatskole platgeval het.
Van die privacy Apple het Angels ingebring en is besig om hul gate re sien. Die smile dat die beste presteer is die wat Afrikaans bly.

wilma ·

Die werklikheid vandag is ongelukkig dat meeste maatskappye vereis dat alle werk in Engels gedoen MOET word en dit is kommerwekkend om te sien hoe sommige persone wat merendeels in Afrikaans studeer het, sukkel om met die “ander taal” om te gaan.

Deon ·

Taalonderig op skool is te akademies. Dit moet meer prakties wees wat dit makliker maak om ‘n taal aan te leer, en daarin te werk.

Deon ·

Wilma, in die sakewereld moet jy die werk kan doen. Ek het gesien dat nie-Engelsprekendes wat grade in Engels gedoen het aan ons bos univesiteite nie die werk kon doen nie, ten spyte van die “Engelsgeit.”

Pietman ·

Engels gaan jou verder bring in die sakewêreld. Maar ek glo Afrikaans moet op hoë vlakke funksioneer anders sal dit tot niet gaan. Die mense wat hul taal so meng en dit nie in winkels praat nie is die grootste bedreiging vir die taal.

is ek reg ·

Hulle sien ons Afrikaanse kinders laat hul nie stuit deur al die politieke dinge nie. Soos dat ander taliges in ons skole ingedruk word, dat ons Godsdiens nie meer aangebied mag word nie.
Nou moet n kind wat nog altyd in Afrikaans geleer het, skielik in engels leer en skryf? Ek is dom, maar ek sien wat is jul plan.

JJ ·

Interessant genoeg was Tuks, oftewel die Transvaal University College, se onderrigtaal oorspronklik Engels. Dit het toe na dubbelmedium verander en eers in 1932 ‘n Afrikaanse universiteit geword. Dus, in effek keer die universiteit net terug na sy taalwortels toe.

Thinus Erasmus ·

JJ ja dis interessant, maar Engels was nie totaal afgeskaf soos hul nou met Afrikaans wil doen. Maar hierdie argument sal oor so 10 jaar of so be-oordeel word op grond van die toestand en prestasies van die nuwe Tswane Engels Universiteit.

bgj van der westhuizen ·

dit is tyd dat ons as afrikaners self ons universiteite bou wat in Afrikaans klas gee waar ons dit beheer en bepaal wat die slaag syfer moet wees om in te kom en klaar te maak en stuur al die staat sin na hulle hel wand daar sword in elke geval baie min wit kinders toe gelaat

Gideon ·

Die saak kan mos maklik opgelos word. AfriForum Jeug moet maar net bekend maak tydens watter geleentheid het die Visekanselier dit gesê het en wat sy presiese woorde was.

Jerry ·

Zirk, jy is reg oor die ANC se agenda. Toegegee dat AfriForum/Solidariteit se agenda dit ten doel het om vir die Afrikaner n toevlug te wees en n heenkome te skep volgens n strategiese plan. Die uitvoering van die plan word geimplementeer deur leerinstellings soos akademia te stig en opgevolg met onwrikbare standpunte en teenstand vir die behoud van Afrikaans by universiteite net om dan die hofsake te verloor. Skielik kan die Afrikaner slegs by Solidariteit instellings in Afrikaans studeer. AfriForum stig ook paralelle strukture met die staat om die regte en belange van die Afrikaner te beskerm soos onder andere met plaasbeveiliging. Ten spyte hiervan vind plaasaanvalle steeds plaas en word boere steeds vermoor. AfriForum loods buitelandse veldtogte en blameer die staat se versuim om boere te beskerm as aandadig aan die moorde terwyl AfriForum net soos die staat, liederlik gefaal het om boere te beskerm. AfriForum/Solidariteit se strategiese plan het tot onlangs toe verhoed dat hulle enigsins in gesprek sou getree het met ander invloedryke rolspelers in SA wat Afrikaner belange en regte sou kon help beskerm omrede dit bestaansreg verleen het aan AfriForum/Solidariteit dat die ANC staat die Afrikaner teiken, uitsluit en isoleer. AfriForum/Solidariteit gebruik dus die aanslag teen die Afrikaner tot eie voordeel vir die bou van n sakeryk en herlewing van Afrikaner nasionalisme. My naam is Jerry en my kommentaar baseer ek op die feite tot my beskikking. Dries en Snowflake baseer hulle kommentaar op beledigings!

Therese van Schalkwyk ·

Jerry

Dis duidelik uit jou talle vorige kommentare dat jy ‘n emigrant is wat in die buiteland aan groot heimwee ly en soveel moontlik Afrikaners wil aanspoor om die land te verlaat.
Solidariteit en AfriForum se skitterende suksesverhaal betreffende Afrikaners en ander bedreigde minderheidsgroepe is klaarblyklik ‘n bitter pil.
Jou herhaalde aantygings van uitbuiting van Afrikaner-leed deur hierdie twee organisasies is nie net belaglik nie, maar grens aan laster.
Vreemd dat dit toegelaat word.

Deon ·

Onthou net dat Afrikaans het sekere kampusse uniek gemaak. Met alles in Engels, maak dit nog sin om 3 LLBs in die Wes Kaap aan te bied? Ten minste 2 moet verdwyn. Maak dit nog sin vir Wits, UP en UJ om almal LLBs, BIngs, BScs en BComs aan te bied. Universiteite se geld raak op en daar gaan besnoei word. Jammer proffies, begin maar soek vir ander werk.

Heinrich ·

Dankie aan die slimkoppe by die universiteiete vir die doelbewuste verkragting van Afrikaanse mense se regte. Julle is die slimkoppe wat iets moes kon uitwerk het maar toe swig julle voor die boelies wat baklei teen ‘Imperialists’ maar aandring op die taal van die ‘Imperialists’. Die geskiedenis sal nie trots na julle kyk nie.

aj ·

Moedertaal onderrig lewer ALTYD die beste resultate in terme van KWALITEIT ONDERRIG en LEER.

Slegs Afrikane probeer om in ‘n derde taal, Rotten English te onderrig en te leer. Dit korrespondeer met die agterlikheid van Afrika. Toevallig?

Moedertaal onderrig en leer verbeter die kwaliteit van denkvermoë (kognisie).

Eers NADAT die idee helder en duidelik in die brein gevorm is (in moedertaal!) kan die denker die idee in ‘n relevante taal oordra aan ander mense. As die denkende mens iets waardevol het om te sê sal sy /haar idees vertaal word na al die tale in die wêreld.

Baie van die kommentators hier bo verstaan nie dat kwaliteit denke (kognisie) (in die moedertaal) kommunikasie in ‘n taal VOORAFGAAN nie.

Baie sprekers is VLOT in Engels maar arm aan kwaliteit denke (kognisie) … seker omdat hulle in ‘Rotten -English’ opgevoed is?

JohanL ·

aj, baie, baie, baie dankie vir die sinvolle inset. En alles wat jy geskryf het, is deur studies ook bewys.

Dit verklaar hoekom menige Afrikane wat in Gr 1 – 3 in hul moedertaal leer en vanaf Graad 4 in Engels moet (of wil) leer, in werklikheid dan met ‘n agterstand begin wat net nooit uitgewis word nie. As ek reg onthou vat dit tot in die koers van 6 – 8 jare om die lees, skryf en praat van ‘n taal te leer.

Johan ·

As dit Tuks of Niks is, dan moet dit eerder maar Niks wees.

Johann Jordaan ·

Net ‘n vraag met die komende verkiesing vir wie gaan jy stem, gaan jy stem vir ‘n party wat ons afrikaanssprekendes se reg beskerm om in jou taal skool te gaan en te studeer of gaan jy vir ‘n party stem wat nie jou reg beskerm nie?

Charles ·

Geagte Johann – VF + – alhoewel ek STERK na Front Nasionaal of die KP neig, maar dan moet ons genoeg wees om vir die FN TEN MINSTE een setel te besorg- in 2014 het daar maar LANDSWYD ‘n rapsie oor die 5000 mense vir FN gestem, met dus ‘n landswye persentasie van SLEGS 0,03%

KOM ONS MAAK FN IN 2019 GROOT!!! DAT HULLE ‘n STEM VIR ONS KAN WEES in die parlement (lees: sirkus) veral vir selfbeskikking wat hulle doelwit is en dat hulle bietjie “moeilikheid” kan maak – ONS KAN AS ONS WIL!!!!!!!
Indien nodig sal die FN IN ELK GEVAL saam met die VF+ (wie maar bietjie flou; om dit liggies te stel; is oor ons internasionale reg tot selfbeskikking en afskeiding) koukus.

Nettie ·

Afrikaans is my huistaal, Afrikaans is die taal waarmee ek grootgeword het en wat ek primêr praat …. MAAR:

Engels is ‘n wêreldstaal. Dit is die taal waarin besigheid gevoer en gedoen word. As jy op Universiteit is, maak ek die veronderstelling dat jy matriek geslaag het en maak ek die aanname dat jy darem ‘n redelike mate van Engels onder die knie het. Ek dink die saak rondom Afrikaans as onderrigtaal word ‘n storm in ‘n teekoppie gemaak, In SA, met sy 11 landstale, kan daar nie meer voorsiening gemaak word vir Afrikaanse eksklusiwiteit nie.

‘Skuus as ek op Afrikaanse tone trap.

JohanL ·

Nettie, met alle respek ek stem nie saam nie. In Switserland word daar vir as ek dit reg het 4 amptelike tale voorsiening gemaak. En niemand trap op mekaar se tone nie en almal respekteer almal.

Net omdat die swart Afrikane nie hul taal op akademiese vlak wil bevorder nie, nou moet ons Afrikaanssprekendes maar ook hul voorbeeld volg en dit toelaat?

En volgens jou is daar nie plek vir Afrikaanse eksklusiwiteit nie, maar indirek reken jy wel vir Engelse eksklusiwiteit (alle onderrig slegs in Engels). As jy wil leer, kan jy leer, mits…… dit in Engels is.

Skuus as ek op jou tone trap.

Charles ·

Lees bietjie Jaap Steyn se “Trouwe Afrikaners” oor die taalpolitiek;endie ware ongelooflike,droewige enhartseer MAAR HOOPGEWENDE,MOEDIGE EN UITEINDELIK OPBEURENDE verhaal agter Afrikaans;wat opgebou is van vernedering deur die imperialistiese Brit,en bespot is,en waaroor daar verneder is, waar seuns van Afrikaans Hoer Seunskool in Petoria GEWEIER het om medaljes te ontvang tensy dit in beide AFRIKAANS en Engels is,waarvoor soldate wat nie instruksies in Afrikaans ontvang het nie voor die landdros moes verskyn agv versuim,en waarvoor baklei is en gebloei is en voor gesweet is.

Waag om dit vir my te vertel dat na dit alles;…die opbou van ‘n wereldgehalte taal met ‘n wereldklas literatuur wat OPGEBOU WAS UIT NIKS,MET DIE MEES BEKROONDE SKRYWERS DENKBAAR,dat jy reg is om MY MOEDERTAAL te abadonneer en jy sal ‘n mond vol van my kry!Waag dit ten slotte om vir my te vertel ONS KAN NIE WEER DIESELFDE DOEN EN AANHOU DOEN NIE EN PRESTEERNIE!

Indien jy gemaklik voel om te redeneer soos jy doen gaan gerus aan!Moet net NIE ander mense probeer oortuig van jou foutiewe opinie nie,en ook nie om dit op andere te probeer afdwing of dit te propageer nie,WANT ONS KEN DIE WAARHEID, EN WEET WAARVAN ONS PRAAT.Gee maar op,dis seker lekker knus en gemaklik,ons sal nooit nie.Sonder jou taal,jou kultuur;is jy niks,en dobber jy rond op ‘n Oseaan van onsekerheid!

Delia ·

Charles, my hart swel van trots toe ek jou skrywe lees! My pa was Afrikaans sprekend, maar toe hy op skool was in Pietersburg, was Engels die voertaal. Hy het geweier om die taal te praat….moes in die hoek gaan sit met ‘n hoed op sy kop met die woorde “I am a Dunce” daarop geskryf. Hy het toe besluit dat, indien hy Engels moet praat, sal hy dit beter doen as die Engelsman self.
Die dag met sy aftrede, het van sy medewerkers die hoof van die dept gevra of hy dalk ‘n paar woorde in Afr kan praat….waarop die hoof geantwoord het..”die man is Afr sprekend”…..oop monde oral !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.