Tukkies se nuwe taalbeleid op ys geplaas

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

AfriForum het tussentydse sukses behaal in die regstryd teen die implementering van die Universiteit van Pretoria (UP) se nuwe taalbeleid.

Dié beleid wat op 22 Junie 2016 aanvaar is, bepaal dat Engels vanaf 2017 die primêre taal van onderrig aan die instelling sal wees. Volgens AfriForum is dit ʼn growwe skending van Afrikaanssprekende UP-studente se taalregte en daarom word ʼn hofaansoek uitgereik om die besluit te hersien en tersyde te stel.

Vir die nuwe taalbeleid om amptelike status te geniet, sal ʼn wysiging van UP se institusionele statuut benodig word, wat deur die minister van hoër onderwys en opleiding, dr. Blade Nzimande, bekragtig moet word. Gevolglik het AfriForum die minister versoek om die publikasie van die gewysigde statuut terug te hou, hangend die uitkoms van die regsgeding.

Die departement van hoër onderwys en opleiding het pas ʼn skriftelike onderneming gegee dat dit geen wysiging van UP se statute sal oorweeg alvorens daar nie duidelikheid oor die grondwetlikheid en wettigheid van die nuut aanvaarde taalbeleid van die universiteit is nie.

Minister Nzimande verbind hom dus daartoe om geen besluit oor die statuutwysiging te neem tot die hooggeregshof uitspraak in die saak tussen AfriForum, Solidariteit en UP gelewer het nie.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gemoeid met taalsake, word die minister se onderneming verwelkom. “Dit is noodsaaklik dat die nuwe beleid nie geïmplementeer word alvorens die regsaksie daaroor afgehandel is nie. Studente moet sekerheid oor die universiteit se taalaanbod hê voor hulle vir studie in 2017 kan registreer.”

“AfriForum bedank die minister vir sy standpunt wat hierdie reg erken en beskerm, in teenstelling met die universiteitsbestuur wat die taalbeleidwysiging skynbaar probeer deurstoomroller.”

Daar word tans op ʼn hofdatum vir die saak teen UP gewag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos ·

Dankie baie Afriforum ek persoonlik dink julle mors tyd en finansies wat in Akademia bestee kon word maar vertrou op julle leierskap en professionele leiding.

Jan Jooste ·

Puik werk manne. Maak dit so moeilik moontlik vir die vyande van logika en geregtigheid om agteruitgang te bewerkstellig.
Hul aanslag spruit voort uit jaloesie op die Afrikaanse kind se prestasie. Derhalwe moet kinders aangemoedig word om nog beter te presteer!!!!

Anti DA ·

Die probleem is nie dat wit en bruin kinders nie presteer nie die probleem is die Diskriminerende wette teen hulle geïmplementeer deur die ANC en ondersteun deur die DA gelukkig het ons nog organisasies soos Afriforum/Solidariteit en die VF+ wat nog dit onder gebreinspoel de mense se aandag bring.

JC ·

Ou Max, as hierdie die tipe werk is WAT AFRIFORUM DOEN, kan hul gerus maar my sin van Afrikanerskap kaap!!!!!!!!!!!!

jaco ·

Julle afrikaanses wat so kla oor alles engels word, moet bly die finale onderrigtaal gaan engels wees en nie Zulu of tswana nie.
Engels is oorspronklik n taal wat deur WIT mense in Europa gepraat is. soos wat hierdie mense oor die wereld versprei het met hulle kolonies en hulle british empire, het hulle oral hulle wil op inheemse en verowerde gemeenskappe en volke afgedwing en dikwels daardie mense onderdruk. die taal van daardie onderdrukking was deurgaans Engels. Baie latere apartheidswette, wat deur afrikaanssprekende wit mense gemaak is, was sterk gebaseer op britse wette wat deur wit engelssprekendes gemaak is. goed soos tuislande vir swart volke en paswette vir swart mense is goeie voorbeelde. dit dateer vanaf LANK voor apartheid in 1948 begin het. Swart skoolkinders is ook in die koloniale tyd in Engels onderrig. Van onderrig in hulle eie tale het bitter min gekom. Dit is dus vreemd dat Afrikaans as sogenaamde taal van onderdrukking maar net met n ander taal van onderdrukking vervang word. Ek stem nie saam met die uitdrukking “taal van onderdrukking” nie, maar as mens dan nou regtig verskillende tale aan onderdrukking wil koppel, loop Engels met wat in die britse empire gebeur het en Duits met wat in die Tweede Wereldoorlog gebeur het, VER voor Afrikaans. Julle wat so kla oor die miskenning van Afrikaans, behoort eintlik in julle mou te lag dat die ANC so onnosel is om nou maar net n ander sogenaamde wit taal van onderdrukking te propageer.

JC ·

Jaco, ek respekteer regtig jou opinie, maar gaan kyk na wat se die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, asseblief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.