Tukkies se regsfakulteit beste in Afrika

Tukkies se regsgebou. Foto: Xenonstain via Wikipedia

Die Universiteit van Pretoria se regsfakulteit het 16 plekke geklim tot die 76ste plek op die wêreldranglys.

Volgens die Times Higher Education- regsvakkeranglys, wat gister uitgereik is, het Tukkies die beste regsfakulteit in Afrika. Dié universiteit het in 2017 altesaam 35 doktors- en 179 meestersgrade toegeken.

Elzet Hurter, woordvoerder van die UP se regsfakulteit, sê hul regstudente blink wêreldwyd voortdurend uit, wat bydra tot die fakulteit se hoë plek op die wêreldranglys.

Amerikaanse universiteite oorheers die 2017-ranglys met Stanford in die eerste plek, Duke tweede, Yale vierde, Chicago sesde, Harvard sewende en New York negende. Die orige vier plekke in die top-tien word beklee deur Brittanje se Universiteit van Cambridge in die derde plek, Oxford vyfde, die London School of Economics and Political Science sewende en Australië se Universiteit van Melbourne in die tiende plek.

Die enigste ander Suid-Afrikaanse en trouens Afrika-universiteit in die top-100 is die Universiteit van Kaapstad, net een plek onder Tukkies in die 77ste plek is. Nog drie Suid-Afrikaanse universiteite het die top-200 gehaal, naamlik Unisa, die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van die Witwatersrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

SWK122 ·

Ondervind enige ander lesers (se kinders) probleme met SWK122 by UP? (Mens is te bang om te gaan kla maar ek sou graag nog opinies wil verneem.)

OomKoos ·

Dis net ‘n jammerte dat die grade wat deesdae aan Suid-Afrikaanse universiteite toegeken word nie deur talle eerstewereld lande aanvaar word nie.

Estelle ·

My gedagte nou net. En ek kan verkeerd wees, maar is die LLB nie ook een van daai wat in die buiteland nie die papier waarop dit gedruk word wers is nie?

Herman Goosen ·

Beste in Afrika? Twintig jaar gelede het ons nie eens dit as die moeite werd beskou om onsself met die derde wereld te vergelyk nie. Ons was net eenvoudig heeltemal te ver voor die res van Afrika. Vandag kan ons dit nie bekostig om onsself met Europa te vergelyk nie sedert ons net te ver onder hulle standaarde is.

Vraagteken ·

‘n Mens moet nie te veel in hierdie gradeeringsisteme lees nie. Dit is baie moeilik om twee universiteite met mekaar te vergelyk, veral as jy nie self by die twee studeer nie. Verder, hierdie sisteme is gebaseer op publikasies, en nie noodwendig akademiese vermoë nie.

As jy volgense so ‘n sisteem gaan, dan is tukkies en pukke amper heel onder in SA wanneer dit kom by algehele gradeering. Ons almal weet dit is nie noodwendig so nie.

‘N laaste punt, hoekom is Harvard nie bo nie? I rest my case…

Adam ·

Wat ‘n heerlike Donderdagoggend-grap. Unisa haal die top 200 en verlede jaar moes hulle hul LLB kursus aanpas omrede die standaard te laag was en hulle hul “akkreditasie” sou verloor.

jakes ·

As jy nie onder die top 10 in die wereld is nie moet jy jou kop in skaamte sak. M.a.w, ons regsgrade wat deur studente verwerf word beteken niks in die buiteland nie. Geen wonder dat sommige uitsprake deur regters in ons howe uiters lagwekkend is. Tiperend van n derdewereld land.

Joe Hall ·

Uitstekend Tuks!
Julle Regsfakulteit was nog altyd van heel hoogste kwaliteit.
Talle regters en Apelregters het hul tanne hier gesny. Pierre Olivier, Buddy Swart, Dirk Mostert, Spoelstra ens ens.
Eweneens nie veel fout te vind met UP se mediese en ingenieurs fakulteite se kwaliteite nie.
Wonder waar is US se PK’s.
:-)

Vraagteken ·

Weet nie so mooi wat jy bedoel as jy van hulle Ingenieursgraad praat nie… Tukkies is baie skuldig daaraan om die mark versadig te maak omdat daar te veel gegradueerdes is. Jy kan nie ‘n hoë standaard handhaaf as jy 150 studente per dosent het nie.

Agbare ·

Die regsgesinde, oorspronklik Westerse universiteite moet hulle eie ranglys begin want meeste universiteite is deur die nuwe wereldorde gekaap.

JAWAT ·

Dit vat regtig nie baie om die beste in AFRIKA te wees nie…….

Jacques ·

JA die studente word seker die beste geleer om rasse reg toe te pas . Net in Afrika .

Hans ·

Beste in Afrika-glimlag maar net. Die vraag behoort eintlik te wees word die graad wêreldwyd erken. Weet vanense wat bykans hulle hele opleiding-ander vakgebiede-in buiteland moes herhaal om daar te kon praktiseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.