Tuks-betogers dreig om universiteit tot stilstand te bring

Betogende studente by UP. Foto: GrootFM/Twitter

Betogende studente by UP. Foto: GrootFM/Twitter

Betogende studente by die Universiteit van Pretoria (UP) het Woensdag aangedui dat geen onderrig of assessering aan dié universiteit sal plaasvind nie totdat die voorgestelde klasgeldverhoging vir volgende jaar teruggetrek word.

“Hulle moet nie klasgeld opstoot nie, ongeag die 6% wat Blade [Nzimande] gister gegee het. Ons wil nie ’n verhoging in klasgeld hê nie want ons klasgeld is reeds te buitensporig vir arm studente,” het Karabo Sekhukhuni, woordvoerder van die #UPrising-studentebeweging, gesê.

“Ons het die armste van arm studente aan die universiteit. Die studente wat daagliks in die biblioteek slaap het net geld vir registrasiegeld gehad en niks anders nie. Die studente is baie vyandig oor die 6%. Ons verstaan nie hoe Blade kan pleit vir daardie verhoging in klasgeld nie.”

Sekhukhuni het gesê die kampus sal telkemale tot stilstand gebring word totdat daar aan die studente se eise voldoen word. Toe hy gevra is of studente nie bekommerd is dat hulle moontlik hul eksamens kan druip weens verlore akademiese tyd nie, het Sekhukhuni gesê die eksamenroosters sal moontlik aangepas moet word.

“Ons gee die bestuur tot Vrydag om terug te kom na ons toe. Ons memorandum voer onder meer aan dat indien die betogings langer as beplan aanhou, hulle alle akademiese programme moet aanpas.”

UP sowel as die Universiteit van die Vrystaat het Woensdag klasse en eksamens opgeskort nadat studente aangesluit het by die betogings wat landwyd by universiteite voorkom. Volgens UP is klasse opgeskort sodat daar op ʼn vreedsame wyse na oplossings gesoek kan word.

“Toeste en eksamens vir 21 Oktober is herskeduleer. Geen studente sal benadeel word deur die aanpassings aan die akademiese program nie. Gevolglik word daar nie van personeel verwag om op die kampus te wees nie. Daar sal slegs van noodsaaklike steundienspersoneel verwag word om vir diens aan te meld,” het die universiteit in ’n verklaring gesê.

Studentebetogings teen ʼn toename in klasgeld het verlede week by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) begin en vinnig na ander universiteite regoor die land versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

antjie ·

…….en my kind wil oor n paar jaar universiteit toe gaan…. nee wat ons land is in sy kanon in, ek stuur haar liewers oorsee…..

Aster ·

Antjie, dis die beste beluit wat ‘n ouer nou kan maak vir jou kind. My kind word Januarie, 2 jaar en dink het hoe hierdie land gaan lyk wanneer hy eendag sy eie potjie moet krap! Ons en ons kinders is NIE VEILIG in SA nie. Ek gee ‘n voorbeeld, kyk hoe laag daal die slaagsyfers om “dié wat nie die paal kan haal nie” akkkommodeer kan word. As hulle kan toy toy oor verhoogde Univeriteits gelde dan moet ons ook begin toy toy oor die stygende Eskom tarriewe, oor die kospryse, oor die prys van petrol en en en… Ek sal nie verbaas wees as hulle die Universiteite aan die brand gaan steek nie, dan moet hulle maar ‘n boom loop soek waaronder hulle kan sit en leer. As jy kinders het, moet jy baie gou tot ‘n besef kom en sien dat hier nie ‘n toekoms vir ons kinders is nie. Ons moet vining plan maak!

Martin ·

Antjie en Aster, nou na watter perfekte wonderlike land gaan julle na toe weghardloop? En as julle nou daar is, en dit is nie meer lekker nie, gaan julle weer terughardloop hier na ons toe? Maar soos jy sê, ons moet ‘n plan maak. Om weg te harloop gaan niks help nie.

swartperd ·

die studente word gebruik en gemanipuleer deur ‘n aanvoerder wie hulle dink hulle
saak ten goede “dryf” spreekwoordelik ‘n “man” met ‘n sweep wat ‘n perdekar dryf met
swartperde voor hom ingespan. Die “sweep” is: woorde wat verdraai word, valse aanklagte
wat opsweep tot emosionele vernietigende gedrag. Ma in die proses trek hulle *sy wa* vir hom
dus sy uiteindelike doel
lees skrif: open6:5, lev6:3,jerm7:9,jerm29:9
bid vir ons land aan die hand van die skrifte as verwysing

Paul de Beer ·

Dit is nou die toekoms van die land se mense. Die sogenaamde “room” van die land!
Hierdie is sommer twak. My pa was ook nie in staat om vir my te betaal nie. Ek moes werk vir my studie by die tegnikon. Oor en uit! Hulle moet eenfoudig aanvaar dat dit nie vir almal beskore is nie em die rrgering sal moet ophou geld mors, wanbestuur en verdoesel, dan sal daar meer beskikbaar wees vir subsidies…

susan ·

En nou Ly ons kindest wat wil leer daar onder. Hulle roosters en skedules moet nou verander net om die ander spulletjie te pas. Kom die eksamen en toetsuitslae gaan daar weer getoy toy word sodat hulle deurgesit word. Om te kan studier is n voorreg nie n reg nie, maar kry dit nou in hulle koppe.

Malinda ·

Plaas hulle nou maar alles vernietig en kyk waar gaan hulle eindig

Joleen ·

Daar is verhogings omdat als duurder word en salaris verhogings ook gedwing word. As jy nie kan bekostig om te studeer deur ‘n universiteit nie, dan los jy dit of kies ‘n goedkoper opsie. Alles wil al ewig ontwrig word om hulle te pas en wat word eintlik bereik? Ek stem saam, vernietig alles en kyk dan. Vir Universiteits student is hul ook maar lekker stupid.

Johann ·

Ek kan julle Suid Afrikaners nie verstaan nie! Julle werk soos slawe, GEE vir die regering die helfte van julle swaar verdiende inkomste, en met dit wat oorbly betaal julle vir alles wat die regering veronderstel was om te voorsien (met julle belasting), maar nie doen nie….en julle’s tevrede daarmee. Te hel hiermee. As die verdompde regering nie R700 miljoen uit gemors het nie, en nie ‘n klomp comrades aangestel het wat ons jaarliks R1,6 miljard kos nie, was daar genoeg geld om AL ons kinders vir gratis te laat leer……Maar daarvan wil julle nie hoor nie??

neelsie ·

Johan,
Dis alles waar.
Hoe doen ons dit in praktyk?
Die anargie en wetteloosheid is die taal van die Bose.

Genugtig ·

Dis met hartseer (ja, werklike hartseer) dat ek lees en loer na die foto’s van my werksplek. Ons is aangeraai om nie vandag in te gaan nie. My vraag bly huiwer op my lippe: geen verhoging? So hoe en waar gaan dit verhaal word? Terwyl ek enersyds simpatie het met die doel van hele oefening, is die wyse van betoging natuurlik vir my totaal volksvreemd. Ek sit nou net en wonder…gaan ons eie belaglik lae verhogings en piepklein salarisse ook volgende jaar sneuwel? Of gaan ons weer gedwing word om NOG meer te publiseer (terwyl ons alreeds agteroor buig om die akademie, navorsing en prakties te balanseer). Want goeie onderrig kos, wel…geld. Al is dit weliswaar die liefdesdiens-druppeltjies wat ons verdien. Akademie en ordentlike onderrig was nog altyd my passie. Nou moet ek net my kop bo water hou met die een golf na die ander wat die passie verswelg.

Johann ·

Niks is nog vernietig nie. EK haal my hoed af vir mense wat opstaan teen finansiële uitbuiting. Ek hoop dieselfde gebeur in ons skole…..waar skoolfonds oor die afgelope 5 jaar met tot 122% in sommige gevalle gestyg het….en ouers NIKS sê nie, want die skool hou hulle gyselaar deur hulle kinders……want as jy NIE betaal nie, word jou KIND benadeel!!! Die ouers van studente behoort reg langs daardie studente te staan…..en aan te dring op waarde vir geld (belastinggeld). Die skelm spul kaders in die parlement leef ‘n leefstyl waarvan ons net kan droom……met die flippen geld wat ons so goedsmoeds aanstuur…..terwyl ons krepeer!!

Johann ·

Vir diegene wat so skop en skree oor die betogings: Ek aanvaar julle is tevrede om tot die helfte van julle inkomste aan die regering oor te betaal, en dan met die res van die geld ‘n lening van R200 000,00+ af te betaal vir jou kind se graad…….wat dan nie werk kry nie omdat hy of sy wit en Afrikaans is? G’n wonder Suid Afrika se ekonomie lyk soos dit lyk nie. Julle verdien om finansieel uitgemergel te word, want julle laat dit toe…

Martin ·

Met die kan ek saamstem. Nie met weghardloop nie. Daar is genoeg geld vir Zuma en sy Pionne vir masiewe verhogings elke jaar, en om vakansies van Miljoene met hulle families op eksotiese eilande te gaan hou. Daar moet mos dan ‘n geldjie wees om die studente ook te ondersteun!!!!! Soos Johann sê, kyk hoe gaan dit in ons skole. Watter ouer met ‘n gemiddelde inkomste kan vandag regtigwaar nog twee of drie kinders op skool hou en aan al die ander behoefte ook nog voorsien. Nee wat die lotjie maar aangaan.

Liz ·

Ja, hul wil alles flippen verniet he. My seun werk, studeer (wat hy self betaal) en doen in sy aftyd ekstra werk vir sy studies. Hy is getroud en het ‘n baba, maar doen alles om vir ekstras te betaal.
Betogers wil ALLES verniet he en dan word dit opgemors en vernietig. Ja nee, ons wittes se ellendes begin nou eers

ANDRÉ ·

Hierdie ‘studene’ kort net ‘n helse klap teen die kop!

ANDRÉ ·

Hierdie ‘studente’ kort net ‘n helse klap teen die kop!

Drieka ·

Hallo mense het julle gaan kyk wat kry die studente alles. Hoekom dis dit reg as die krag so verhoog word en dan beteken dit alles se pryse verhoog. Eskom werker kry groot verhogings en nog steeds is daar loadshedding. Nou verhoog klas gelde en almal het ñ probleem en nog steeds soek ons die beste onderrig vir ons kinders. Hoe regverdig ons dit. Studente wil in klasse sit met aircon. Oeps maar die universiteite kry dit nie verniet nie. Nee regtig hierdie is ñ dieper saak as net verhoging van klasgelde.

Julian Coetzee ·

Ek sien hier is alweer jou tipiese middelklas blanke wat kommentaar wil lewer oor hoe hulle dink dit is en hoe hulle dink dit moet wees…ek is n blanke student aand die Universiteit van Pretoria, en ek stem 100% saam met die betoging!

Alhoewel ek nie deelneem aan die betoging nie staan ek agter my mede studente wat hulle eie studies betaal en die wat sukkel met geld!

Hier is ook n paar ouers wat ek sien sê hoe hard hulle kinders werk om hulle studies te bekostig. Great! Welldone daarvoor!

Meskien as hulle ophou net aanvaar wat mense op die tafel vir hulle neerlê, sal hulle nie 9 werke moet werk om te betaal vir hulle studies nie.

Luister as jy nie saamstem met iets nie moet jy net sê “o.k ja Mnr. Dis reg Mnr.” Nee dankie sorry sulke mense pis my net af.

Solank jy dit in n gepaste volwasse manier hanteer go for it!

chrisp ·

Julian kom nou wys jou ondersteuning en gaan betoog saam.Hoekom doen jy dit nie aangesien jy so sterk hieroor voel?Dalk bang?

Ek neem aan jy sien jouself nie as ‘n middelklas blanke nie dus ‘n hoeklas blanke perdalks?Indien laasgenoemde verstaan ek jou houding jeens die “betoging” egter goed.
Jy en baie ander sal wel flussies uitvind dat die “betoging” glad nie gaan oor wat jy dink nie.
Vra jouself die vraag af waar het al hierdie dinge begin en wat is die einddoel.Ook hoekom word dinge vernietig of op die beste geskend?Hoekom standbeelde verwyder saam met my taal vanaf kampusse waar baie van ons middelklas blankes afgestudeer het ekself inkluis?Ewe skielik is al die kampusse in ‘n een of ander “betoging” sommer net so spontaan ?Maar nee jy glo dit gaan oor hoer klasgelde.Dit is ‘n verskoning man, enige ander een sou ook kon werk.

O ja en mense wat nie vir hulself kan dink nie urineer my weer af.

Jonie ·

Chrisp, ek stem 200% saam met jou! Verstaan ook nie hoe party mense se logika werk nie…. En Johann, alles wat jy sê is so waar, maar dit kos duisende rande om die land te verlaat, wat meeste van ons nie kan bekostig nie. Ons is net te dankbaar om ‘n werk te hê, maar daar het jy geen keuse nie, belasting word outomaties afgetrek. En almal wat skree “ons moet iets doen!”, hoekom sit jul nie voorstelle op die tafel nie?
En as iemand eers afpraat na die “tipies middelklas blankes”………. I rest my case

anita ·

Hier kom n GROOT belasting verhooging! My eiendomsbelasting,, my erfbelasting,, my persoonlikebelasting is soooo hoog , om nie eers te praat van elektrisiteit rekkening nie..my meter in huis voel soos n dobbelmasjien! Moet hom elke 2 de dag laai! En nie R50 nie, nee dis net vir die rdp huise..hier kom GROOT uitgawes!solideriteit is jul antwoord! My vriendin se kind daar gestudeer.hy het n ambag vandag! Dis n oproep ver..bel hulle baie behulpsaam,,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.