Tuks-betoging: Memorandum van eise aan bestuur oorhandig

tuks

Een van die studente wat Maandag op die Tuks-kampus met ‘n onbekende voorwerp gegooi is. Foto: Facebook

Lede van die sogenaamde #UPBlackMonday-beweging, wat eis dat Afrikaans heeltemal van die kampusse van die Universiteit van Pretoria (UP) verwyder word, het Maandag ʼn memorandum met hul eise aan die universiteitbestuur oorhandig.

Dit kom nadat gemoedere Maandag op die kampus hoog geloop het tussen verskillende studentegroepe en die polisie ontbied moes word om die situasie in bedwang te bring.

Die #UPBlackMonday-beweging se eise, wat hulle op Twitter gedeel het, sluit in dat die naam ‘Tuks’ glad nie meer gebruik word nie, aangesien dit ʼn afkorting is vir Transvaal Universiteit Kollege en “tekenend is van die onderdrukkende Apartheid-regime”.

Volgens die memorandum word ook geëis dat Afrikaans glad nie meer as onderrigtaal gebruik word nie en alle amptelike kommunikasie, wat e-posse, fakse en briewe insluit, in Engels moet geskied. Die beweging eis ook dat kennisgewings op die kampus slegs in Engels aangedui word, die tweetaligheidsvereiste in posbeskrywings verwyder word en dat alle Afrikaanse name van lesingslokale en koshuise op die kampus geskrap word.

Verder eis hulle ook dat geslags- en rassekwotas by alle departemente ingestel word en dat die oorgrote meerderheid van koshuisinwoners swart moet wees. Hulle eis ook dat alle Afrikaanse koshuis- en daghuis-tradisies afgeskaf word, “aangesien dit die grootste skuldiges is in die onderdrukking van swart mense by die universiteit”. Die tradisies waarna die memorandum verwys, sluit in Afrikaanse koshuisliedere of liedere waarin Afrikaans geloof word, asook om van studente te verwag om huiskomiteelede as ‘Juffrou’ en ‘Meneer’ aan te spreek.

Die beweging eis ook dat die universiteit se kurrikulum “gedekoloniseer” word deur alle Afrikaanse vakke te skrap en vakke soos Afrika Filosofie en inheemse tale by die kurrikulum in te sluit. Die fondse wat gebruik sou word om Afrikaanse vakke aan te bied, moet dan aangewend word om voorheen benadeelde studente se studiegelde te dek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

119 Kommentare

Zander ·

Voorheen benadeel? Dit maak my verskriklik opgewerk! Wat van regte prestasiebeurse waarvoor gewerk word?

Settelaar ·

Wonder maar net oor die voorheen benadeel?? Hoeveel universiteite en skole was hier toe Van Riebeeck in 1652 hier aangekom het? Blykbaar het die infrastruktuur ook toe al lekker gewerk!!

Frederiks ·

Die laaste sin sê alles van hul Afrika denkwyse. Die fondse wat gebruik sou word om Afrikaanse vakke aan te bied, moet gebruik word om arm klipgooiers se studiegelde te dek.
As die UP nie meer daardie vakke aanbied nie, het hul ook nie meer daardie studente nie. So, geen fondse vir arm klipgooiers nie. Kry dit nou in hul koppe.

PJ ·

Wil de klerk en sy trawante nie net gou by die universiteite gaan inloer en die studente gaan gerus stel en vir hulle verduidelik daar niks is om oor bekommerd te wees nie dis net een van sy wigte en teenwigte wat nou ingeskop het nie

Johan 2 ·

Dankie PJ…die linkses is nou baie stil ne. Seker landuit.

jakes ·

Ek stem saam .Toe de Klerk waar is jy of kruip jy weg soos die lafaard en verraaier wat jy.Waar is jou sogenaamde De Klerk stigting nou hoekom is jy nie op die voorgrond om vir Afrikaans te veg nie . Jy sal nie daar wees nie want jy is nie ‘n Afrikaner nie maar ‘n joiner .

Willie ·

Dis nie net De Klerk nie,dit was sy hele party! Nie een van daai ministers wat betrokke was by die onderhandelinge, het ooit n wapen opgetel om sy land te verdedig nie! Hulle het in hul lug verkoelde kantore gesit en kyk waar daar nog n rand gemaak kan word voor die aanslag van die buiteland en kommunistiese regerings terwyl ons geslag die grense moes oor om die vyand (die totale aanslag) moes keer,sonder n sent vergoeding en met ons lewens op die spel. Die ’totale aanslag’ is besig om plaas te vind met massas aan die opmars (wat kan hy verloor) om alles te vernietig wat hierdie eens treurgrond/bloedgrond/donkerland,ons vaderland, vir ons as tuiste bied.

Luister ·

As De Klerk, en die destydse regering; (met meeste stemme in referendum vir Ja) nie gedoen het wat moes gedoen word nie, sou wat NOU gebeur, en ERGER, toe al gebeur het.
Dalk was alle wittes nou al uitgemoor!

ANDRÉ ·

Ek raak nou wragtig g–vol vir hierdie boewe en hulle gedrag. En wat weet hulle van apartheid?! My liewe hemel – hulle was nie eers gebore nie toe apartheid die orde van die dag was. Gee my krag!!

Andrea van Vuren ·

Ek vra met trane in my oë. Wié het TUKS gebou, wié het die Unigebou gebou en ook die monument. Wié het RAU gebou voordat dit UJ geword het. Wié het die Pretori Agemene hospitaal opgerig voordat dit die HF Verwoerd Hospitaal geword het en hoë gehalte mediese sorg aan almal gegee het. Hulle het alles van ons af weggevat. Wat wil hulle nog hê? US is reeds tans besig om in sy doodsangs te roggel! Hoé gaan gebede nog help as Satan uit die parlement grynslag en no 1 saam giggel?

Oosie ·

Dis nou wat gebeur wanneer onopgevoede kinders losgelaat word om te doen wat hulle wil. In ons dae kon jy nie eers ‘n koshuisvenster breek en daarmee wegkom nie…

Jacques ·

Ons moes die seniors as mnr aanspreek. Hk lede as edelagbare en die primarius as ekselensie. Ons is onthef as Jarre na n jaar van dit. Ek het twee jaar se diensplig agter die rug gehad en was ouer en deur meeste seniors maar het meegedoen aan die tradisie. Dit het ons gevorm.

DD ·

Ja Jacques, dit het van ons ‘n geslag gemaak met waardes, respek, ruggraat en deursettingsvermoë. Hulle minderwaardigheidskompleks sal seker vir ewig voortbestaan.

Ronel ·

Weet julle ek kry sommer n siek gevoel as ek die berigte so lees. Al wat hulle doen is demand!!!!!!!!! Hoekom se hulle nie maar wat hulle regtig wil he nie. Geen wit mens op kampus nie. Hulle wil alles he.

Johan 2 ·

Maklik om daai een te antwoord…NEE natuurlik nie…gee dit dalk so 2000jaar?

Arno ·

Jy het seker iets onvanpas (rassisties) geskryf, Anna. Lees die terme en voorwaardes en skryf eerder iets wat die moeite werd is om te lees.

anna ·

die wit student in die artikel is nog steeds aantreklik bloedstreep en al. Hy getuig ook van integriteit en van goeie afkoms.

Des ·

Ek is jammer. Ek sou my tas gevat en huistoe gegaan het. Hulle soek juis aandag want die ma was nie daar nie. Sonder om voorberei te wees kan jy niks doen nie.

Mielieg ·

EFF het Zuma hof toe gevat en geweet hulle het n saak, met die taal beleid is dit n ander storie, as jy weet jy het nie n kans nie, dan saai jy verwoesting. Ek wag nogsteeds vir hulle”slim” debat by SOÑA.

Ben ·

Daar is 23 Universiteite en tegniese universiteite in die land en almal gaan gekaap word oor tyd. Dit is hoe die ANC opereer. Die betogings kom nie van studente nie, maar mense wat vanuit die VSA weer teruggeplant word na hulle opleiding as “New leaders from Africa Initiative….” Die enigste oplossing is aanlyn afrikaanse universiteite wat in elk geval baie goedkoper sal wees. hoop daar is vordering in daardie rigting. en ek hoop die skenkers van Tuks en Maties, wat insluit borge en beurse van groot groepe, individue ens staak dit dadelik sodra afrikaans verwyder word soos hierdie mense beplan. Skenk eerder jou geld aan afriforum of Solidariteit en doen aansoek om aanlyn te studeer by Akademia Universiteit. My dogter is tans UWK- 4de jaar (honns) en dit gaan goed. Mooi kampus ens. My seun is klaar afstudeer na drie jaar by City Varsity en hy het self presteer by n plek waar die meeste mense van ander rasse uit ander afrika lande kom. Almal het goed gejel. Dus is die haat net bloot die resultaat van propagandisme. Gaan alles basies oor mag.

Cobus ·

Ek stem 100% saam met Ben. Net soos met die plaas aanvalle is dit duidelik dat hierdie voorvalle (aanvalle) haarfyn beplan en uitgevoer word. Die feit dat hierdie aanvallers nog nie eers gebore was toe apartheid afgeskaf is nie toon dat die haat teenoor wittes aangeblaas en aan die gang gehou word deur die Politiek (Politieke Party) wat dit propageer en orkestreer.

Rommel ·

Die besigheid ruk nou heeltemal hande uit. Dit gaan net erger word, ons is lankal by die omdraai punt verby…net een pad oor..

Vicus ·

Die bleddie hooligans! Hulle breek alles wat ons oor jare opgebou het, in n oomblik van gekkige waansin af!

jo ·

Dink ek is geban om iets hier te se maar gaan weer probeer sal mooi praat.
Is hier n oorlog op pad of wat? Want ek het net kettie en weet nie of hy gaan werk nie.

Trots Afrikaans ·

Lees Siener se voorspellings en maak jou eie opsomming.

Emile ·

Ek lig my hoed vir Tuks se Afrikaanse jeug wat, anders as die Boland slap wingerdlatte, murg in hul pype het en hul konstitusionele regte verdedig. Welgedaan.

Skaam julle Stellenbosch, skaam julle, skaam julle.

Francois ·

Om standaarde te behou sal ons (soos in die verlede) vir onsself moet sorg. Ek sal asb antwoorde op die volgende vrae oor Akademia wil bekom:
1. Wanneer beplan die universiteit om na ander vakgebiede uit te brei (bv medies, BSc ens)?
2. Hoekom moet die kurrikulum by die RSA staat geakkrediteer wees. (Daar kan ‘n Europese of Australiese leerplan gevolg word.)
3. Kan oorsese befondsing vir bg uitbreidings bekom word?

jo ·

Ek will dit ook baie graag weet. Ons kan nuwe tegnologie gebruik en selfs nog beter universiteit skep. Waarom sal ons akkreditasie van hierdie grap van n piesangrepubliek wil he.

Leonard van der Dussen ·

Francois vra die regte vrae: hoekom moet akademiese kursusse deur die staat goedgekeur word? Dit was nie vroeër so nie, dis ‘n nuwigheid van die laaste paar dekades, maar deel van daardie dinge wat ons maar oor ons laat kom het. Hoekom ook weer buitelandse akkreditasie en registrasie? Aansluiting, ja, maar ons het die kennis en vermoë om self te weet hoe lyk geloofwaardige kursusse van sekere standaarde en doelwitte en om dit te bedryf. Dis tans ‘n enorme proses om ‘n kursus by die Zuma-breinkrag geakkrediteer te kry, en in werklikheid dra die proses baie min tot akademiese groei by.

aandag! ·

Ons almal wil so graag weet, Francois. Dit is bly-of-gly stadia vir my gesin. En ek is glad nie lus om te gly nie, te lief vir my volk. Dr Paul Steyn? Flip Buys? Ons wil soooo graag goeie nuus hoor…

Paul ·

As ek antwoorde op vrae by ‘n instelling wil hê, dan vra ek die instelling direk. Ek vra dit nie as ‘n kommentaar op ‘n nuusblad nie.
Akademia se webwerf het kontakbesonderhede en die mense is nogal op en wakker om vrae te beantwoord.

HEVW ·

Ek verneem hier by ons in Namibie het die gees ook begin oorwaai en onse president het baie duidelik standpunt ingeneem en gewaarsku : Dit stop onmiddellik. Geen eksamentoelating voordat fonse nie vereffen is nie.

Piet Pompies ·

HEVW,klink goed altyd hoop gehad dat dit daar beter sal gaan,maar het ek nie nou rammelings gehoor van grond wat deur die regering opge-eis gaan word?

Ansie ·

Dit is met ‘n seer hart wat ek vandag op kampus was – gewonder het oor my motivering om na 1992 nie die land te verlaat nie want ek het vas geglo ons kan ‘n verskil maak. En as dosent het ek trots klas gegee – gesien hoe daar werklik swart leiers uit die geledere van kinders kom wat voorheen miskien gevoel het hulle is benadeel. Ek is trots Afrikaans – maar het nodig om te glo in hierdie land. Om vandag hierdie kinders te sien wat rondhardloop soos barbare en klasse omverwerp het my met ‘n intense hartseer vervul … hoekom sou mens as jy so bevoorreg is om al die kanse gegun te word jou ophou met sulke nonsens soos iemand anders wat in Afrikaans klas kry – hoekom nie die kans benut waar jy nie hoef te betaal nie en so bevoorreg is dat die staat jou studies betaal – ek het nooit die voorreg gehad nie – moes met groot studieskuld my loopbaan begin. Dit maak tog dat ek vanaand moedeloos is en jammer voel .. my Sosiologie vriend en professor se dit sal oorwaai … alle sosiale stelsels gaan deur sulke golwe … en more oggend 6:30 is ek weer op kampus om nog ‘n dag te kyk hoe kan ek die studente wat nou agter raak help … ek moet bly glo in hierdie land …

Erika ·

Welgedaan Ansie. Dankie vir julle wat vasbyt en daar is vir ons kinders. My dogter is daar. Eerste jaar. Daar is vakke wat sy in Engels doen maar sy geniet haar Afrikaanse sielkunde baie. Nou wonder ek, Afrikaans is een van die amptelike tale. Dis nie net NOG n taal nie. Die student het n keuse in watter taal hulle onderrig wil he. Wat is dan nou die problem. Is dit nie maar net nog n verskoning vir n ander eintlike doel nie. Stemme verwerf?? Wat het van respek geword? Respek vir mekaar? Die apartheid en rasisme kaart word so maklik gespeel…..dit verblind mense…..kan nie eers meer die kleure van die reenboog onderskei nie….almal sien swart…. ai ai….. sterkte en wees veilig almal wat soos Ansie voel. Dankie dat julle daar is vir ons kinders…… Die goeie oorwin altyd……dis dalk nie in ons tyd nie…..maar dit sal kom

Net ek ·

Jy laat my lekker lag ou mater jou siel mooi uit getrek… Spel net jou naam reg… Rustige nag..

Chris ·

Mnr Pompies, sê my asb in reguit Afrikaans wat jy met “verkramptes” bedoel?

Danie ·

Piet.klink vir my jy stem saam met di EFF.oor afrikaans wat moet weg gaan by tuks

Erns ·

Hier is die realiteit: PG Du plessis het in sy roman, Fees van die ongenooides, geskryf van ‘n vername boer se seun wat konstant oorlog gepropageer het. Sy pa het hom vermaan deur te verwys na die feit dat oorlog geen maklike saak is nie en dat hy nie weet waarvan hy praat nie. Toe die oorlog uitbreek was daardie boer se seun met sy allermintige groot mond die eerste een wat se maag beswyk het en weggehardloop het soos ‘n groot lafaard. Tweedens sal ek graag die volgende wou weet: Stel jou voor jy was in die middel tagtigs president van SA, wat sou jy gedoen het? Ek sal voorstel dat die vraag omsigtig geantwoord moet word. Derdens is dit vir my interessant dat baie op sosiale media uitpak, maar as die verkiesing kom dan word daar slap gele (of gestem vir ‘n blou ANC). Voor julle kretiek lewer, leer eers om saam te staan. Saamstaan beteken nie noodwendig mens stem saam oor alles nie. Vierdens, die ANC lag hulle dood vir ons sosiale kommentaar (verwys na FB blad ‘Afrikaans Sal Bly), waar mense (met die regte motief) onverantwoordelike kommentaar maak en so mooi in die hand van die ANC propganda masjien speel. En dit so net voor die verkiesing. Laastens, ek is ook keelvol, maar is ek van mening dat ons ons breine moet inspan en nie sommer net skote in die lug vuur nie.

Erns ·

Die blad ‘Afrikaans sal bly’ het intussen die post waarna ek verwys het verwyder.

ou tannie ·

Erns, waar anders kan mense stoom afblaas? Moenie als so Ernstig opvat nie

ou tannie ·

Anna jy is in die kol! Daardie wit student is familie van my. Baie goeie gene!

ou tannie ·

Anna jy is in die kol! Daardie wit student is familie van my. Baie goeie gene!

Piet Pompies ·

Chris, verkramptes was die versamelnaam vir die 500,000 neebroers in die laaste referendum wat nie deel wou wees van die beloofde Utopia waarin ons ,ons nou bevind.Ek dink verkramp kan ook iets te doen of in gemeen he met die woord krom…iets soos krom sig..kon om of verby die NP en AB se liegstories sien ….dis my beste Afrikaans.

Paul ·

Die swart studente assosieer Blankes met Afrikaans. Die rede agter die swart studente-betogings is nie net soseer oor Afrikaans as taal nie, maar alles en almal wat daarmee geassosieer word en hul eintlike doelwit is eintlik die Blanke studente. Hulle wil nie Blanke studente by TUKS hê nie, maak nie saak of hulle Afrikaans- of Engelssprekend is nie. Dis waaroor dit gaan. Ek lees hulle soos ‘n boek.

Leon ·

Al hierdie dinge gebeur omdat ons geskiedenis gekriminaliseer is. Gaan bv na die Hector Peterson memorial in Soweto en kyk hoe word die haat teenoor ons aangevoer. Skole geskiedenis is dieselfde! Onthou ook, ons gaan ook nie uit en verkondig die Woord nie. Dink julle Christene sou so maak? Ons baklei eerder in ons kerke oor kansel lappies en kerse as om die Evangelie te versprei. Ons is ook agter die geld god en sport god aan. Ons spandeer meer tyd aan daardie gode as aan ons eie vrou of kinders en wat bly oor van ons tyd om die Evangelie te versprei. Seker die helfde van die wat die evangelie wel versprei, doen dit in ander lande soos Indië ens. Maar ons probleem is op ons eie agterstoep! Ons het sedert 1994 amper dubbeld soveel mense in die land, maar ons kerke het nie gegroei nie. Dit se alles.

Piet Pompies ·

Ai ou Roelie ek was in die SAW maar my van is nie Kok;\)). Die eenheid waarin ek was,was daar nie Kokke en soort van ‘ n rang ook gehad,maar ek kon dit nie koop soos vandag moes dit toe maar op die ou manier verwerf.Jy is reg ,met die Hulp van my tablet sukkel ek Mawr on the spell want when by wil bietjie Brits praat .…gun die outjie die foutjie ..lekker slaap.ek ga took nou kooi toe.

HEVW ·

Piet Pompies.Dit het glo van geledere uit die jeug gekom, maar daar is baie duidelik gestel dat geen grond gratis beskikbaar is nie. Vir elke stukkie grond sal voor betaal word. Wat dit betref is dit maar baie stil.

Asseblief-sê-ja ·

Willem, sê vir Gerrit hy moet asb ‘n baksteen op sy kop sit, ek het twee pragtige dogters wat oppad is! Hy lyk na my tipe skoonseun;-)

anta ·

Dis verstommend hoe hierdie wit kinders daagliks moet klas loop, as hul nie veilig is nie..
ek het al hoeveelkeer genoem, solideriteit het n goeie opleiding instansie op die been gebring..
staan saam en haal julle kinders uit, geen fee’s must fall gaan vir wit geld nie.laat hulle die koshuise vat..wit word verneder net omdat hul wil leer……gee hulle medisyne terug..
geen wit..geen geld..geen wit geen toi toi..dan wil ek sien ..plaas van saamstaan! En mekaar verdra en leer…vir n beter s.a.kyk hoe lyk hierdie land, soos n ashoop.hier in wtb ry jy nie net deur potholes nie, maar deur drain gemors wat oorloop..om van te kots!

Willem ·

Paul jy is 100 persent reg. My aanmerking is alweer verwyder. Die wereld Maroela inkluis is bang vir die waarheid. Rasse haat is nou baie erger as 1994. Nou vra ek jou wat het die ANC bereik. Net n Zuma klub gestig. Blanke studente moet opstaan vir hulself. n oog vir n oog en n tand vir n tand. Dis al wat hul verstaan.

Paul ·

Dankie Willem, dat jy saam met my stem. Sou die Blanke studente vir hulself opstaan, sal jy egter sien hoe daar teen hulle opgetree word. Harhandig, skorsing, hofverskynings, om maar sagkens te stel. Hulle mag nie vir hulself opstaan nie, dis heeltemal onwettig. Ek kry die gevoel dat die huidige opstande en gewelddadige betogings die stille goedkeuring van die owerhede wegdra.

Lorrie ·

Hoekom word DIE persone op kampus toegelaat? Die volgende gaan vry huisvesting en etes wees. Dit gaan nie ophou nie, hulle beleid is soos die Engelse verskroeide aarde gedurende die Anglo boere oorlog. Google dit gerus vir die wat nie weet wat dit is nie.
Ek het gedink mens gaan Univ toe om te swot. UP moet maar alles wat histories is wegsluit, anders sal daarmee vuur gemaak word. Daar is mos Engels ook, bly weg uit die Afr. klasse as jy dit nie wil hoor nie, Dit is nie net studente wat so optree nie, personeel doen dit ook net op n meer subtiele manier, want jy kan ge -“fire” word. Afrikaans en blank het net so n reg soos enige ander taal in die land.

HEVW ·

Piet Pompies , Ek het vergeet. Hy het nou die dag gewaarsku grond waarop nie effektieg geboer word nie gaan teruggevat word.

Frik Lotz ·

Hierdie nonsens by die universiteite moet nou stop. Het die bestuur vd universiteite dan geen ruggraat nie? Waarom word daar nie opgetree teen hierdie mense wat alles ontwrig en vernietig nie. Afrikaans kry die skuld vir als. Witmense kry die skuld vir als. Ons almal is nou keelvol! Ons moet sterk staan en ons nie laat intimideer nie. Ons moet opstaan vir dit wat reg is! Opstaan vir ons volk, taal en kultuur! Die Afrikaner is hier om te bly en gaan nie verdwyn nie! Bring terug die respek en dissipline, want in hierdie land is daar nie meer so iets nie. Dit kan nie so aangaan nie!

Disselboom ·

Emosioneel voel Disselboom soos jy, en die weerstand teen die barbarisme moet voortgaan.

Die tragiek is egter dat die land met sy besittings aan die ANC/kommuniste oorhandig is. Hulle regeer “wettig” en kan met die eiendom van die staat – waaronder die openbare universiteite tel, doen net wat hulle wil. Dis mos “democracy”, en wat die meerderheid wil hê, gaan gebeur. Ons moet of die oorlog in sy volle omvang aanpak en die land terugvat, of die stadiger maar dalk meer rasionele opsie volg om ons eie instellings op te bou; en dit help nie om dit onder die kommunistiese wetgewing van registrasie en akkreditasie by die staat te doen nie. Dis harde gedagtes, maar of lydelike oorlog of fisiese oorlog?

jc ·

AFRIKAANS

Afrikaans is die oggenddou op my
tong. Afrikaans is die kole op die
braaivleisvuur en die reuk van ‘n
vars omgeploegde land op Die Plaas
Afrikaans is Breytenbach, Brink en Ham
bidge…
Ek Maak Nog Deure Oop, Winterhande
en
Gods
besluit.

Afrikaans is Allerpragtig! die mooiste tongval
onder die
Son.
Afrikaans-my liefling- Suid-Afrikaans en kind van Afrika.
Ons vir jou.

Josua Keys ·

Vir die wit student wil ek graag die volgende raad gee, staan saam en moenie dat julle geintimideer word nie. Die wereld daar buite sien die beeld materiaal laat hulle bessluit wie is die geweldadiges, die studente wat nou die dag arms ingehaak het en vorentoe beweek het ongeag die gewelds dade wat julle moes verduur wil ek net se tien uit tien, die betogers haad n georganiseerde teenvoeter optog en daarom gaan hulle oor na geweld, dit is net jammer dat ek as our die gemors moet aanskou op tv , internet ens . Dit is nie waarom ons op die grense geveg het nie ons was daar sodat julle almal wit en swart in vrede kon skoolgaan en studier maar die ANC en die EFF is besig om dit te verwoes en die wereld sien dit raak.

stemja ·

Die chaos is maar net voorbereiding vir die munisipale verkiesing wat voorle. Deur kragdadig op te tree wil hulle die verlore jeug wat alles beloof is, se stem wen! Na verkiesing sal dinge na normaal terug keer! Wens net ons kon ou FW en Kortbroek vir n wyle tussen die anargiste neersit!

Gemsbok ·

As ‘n spiëel eenmaal gebreek het sit jy hom nie weer aanmekaar nie. Die illusie van ‘n reënboognasie wat in vrede saamwerk tot almal se voorbeeld het met die transformasie van die staatsdiens onder Mandela, die instel van SEB, BEE en onteiening van minerale regte onder Mbeki and die Guptafisering van die land onder Zuma begin breek. Onder Malema word hy uitmekaar geruk.

Moet daarom nie verwag dat dinge “na normal” gaan terugkeer nie. Met verkiesings bykans elke 2de jaar kan ons verwag dat die Marikanas en #UPBlackMondays die nuwe norm gaan word namate die spanning opbou totdat die volgende groot ontlading plaasvind.

Eddy ·

Wonder of Blade agter alles sit,alles word met stilte by die ministers gedoen,dit terwyl anargie aan die orde van die dag is.

Charlotta ·

Hierdie gemors/of dan agtergeblewenis moet een ding weet, ons Afrikaners is deel van hierdie land. “So get used to it”

Liezl ·

Die ergste van alles is 90% van hulle is gebore na apartheid hulle was glad nie beïnvloed deur dit nie dalk hulle ouers ja , maar nie hulle nie. As almal van hulle net kan besef dat om ‘n graad te kry is ‘n voorreg en nie ‘n reg nie sal die land alklaar ‘n beter plek wees. Jy het nie ‘n graad van ‘n universiteit nodig om suskesvol te wees nie as jy nie die befondsing het nie is daar talle ander opsies wat jy van kan kies hulle dink dit is net hulle wat benaadeel word , maar daar is ook soveel wit studente wat nie kan bekostig om te studeer nie , maar nêrens sien ons hulle wat soos barbare aangaan nie. Hulle wil so graag studeer maar dan gooi hulle tantrums as hulle nie hul sin kry nie en breek die kampus af waar dink hulle gaan hulle studeer as dit verwyder is agv hulle.? Ander lande lag vir ons agter hulle hamde om te sien wat in ons land gebeur.

Gemsbok ·

Afrikaners het nie die getalle, grondgebied of wapens om ‘n gewapende stryd suksesvol te voer nie. Waar het ‘n ylverspreide, maklik herkenbare minderheidsvolk sonder enige noemenswaardige internasionale steun al ooit in die geskiedenis hul regte kon beskerm en bevorder deur ‘n gewapende stryd?

Die enigste strategiese aksie wat die situasie kan verander is dat Afrikaners moet konsentreer in ‘n gebied waar hulle die meerderheid vorm. Kyk na Orania as voorbeeld.

danie ·

Dis mos nou eenvoudig, die staat universityd behoort aan almal, so dit maak sin dat n enkele groep nie alleen voordeel kan trek nie. En dis ook nie dat hulle aandring dat klasse in zoeloe moet gebeur nie. Ek is dankbaar dat ek my kind in n privaat universiteit in geskryf het, sy loop klas deur die dag , en leer in engels. Een van die dae sal n staats universiteits graad net soveel beteken as n matriek sertifikaat.

ou tannie ·

Afrikaans en Engels is die enigste wetenskaplike tale in ons land. Wys jou net wat als in ons voorouers gesteek het! Wat is die woord vir bv. n mitochondrion in zoeloe of setswana?

Pieter.v ·

ou tannie Jy is reg ons het die jongste taal in in die land ,maar is al die ander tale ver vooruit , dit sluit in medies ,ekonomies,tegnies ,wetenskap ,noem maar, nie een van die ander tale kan dit se nie ,wys maar net ons is baie meer skeppend en ons taal groei nog steeds. hulle kan nie skep ,maar afbreek wel.

Theresa ·

En so gaan hulle weereens aanhou betoog totdat hulle hulle sin kry. Hoe siek is ons land?

NEL ·

Wonder wat die wereld van ons dink. My seun laat weet uit South Dekota dat sy baas wil weet of ons genoeg beweeg ruimte het om ‘n volmaakte lewe te ly , anders moet ons maar op trek soontoe want hulle kan nie glo dat die land so vervalle geraak het nie, Hy was besig om geld te bele in besighede maar het dit gestop na aanleiding van die gemors in S.A.

Rooikop ·

Dis reg ou tannie…en hulle het soveel afrikaanse woorde wat hulle van ons gesteel het om hulle eie “taal” mee op te maak – So nou wonder ek hoe gaan DIT werk. Hulle haat afrikaans, maar hulle self gebruik geleende afrikaanse woorde…

Ahooy ·

Die ANC regering moet verantwoording doen vir die gemors. Het hulle nog nooit gedink daar sal meer universiteite nodig wees nie.? Moet die apartheidsregering van 20 jaar terug se fasiliteite steeds aan die aanvraag voldoen? O nee ., nog nooit daaraan gedink nie!!! Te besig om die soustrein te ry. Die gepeupel kan mos maar net vat en “demand” .
Die regstelsel is net so pateties. Byna geen student word tot verantwoording geroep nie.
Koperdiewe kry tronkstraf van oor die 20 jaar elk terwyl moordenaars 10 maande sit…….
Dit klink regverdig vir my!!! Stel n kommitee aan om die kwessie te ondersoek!!!!! En ons liewe DA skitter in hulle onbetrokkenheid!!!

Ronel ·

Ek dink Maroela het my al verban. Hulle plaas geen van my kommenttaar nie. Is julle bang vir die waarheid. Genoeg is genoeg, nou is dit tyd vir ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Ons moet veg vir ons taal en regte.
Wat is volgende geen meer onderig vir wit kinders. Of gaan hulle ons skole invaar

m ·

Hier kom groot bollie in hierdie land. Hierdie gemors kan nie gelos word om te maak soos hulle wil en almal en alles moet by hulle aanpas nie. Ek dink die helfde van hierdie gemors is nie eers studente nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Charlize ·

Hulle is nie. Die meerderheid van hulle is van buite universiteite.
Moeilikheidmakers.

Muis ·

Hoe snaaks is dit nie hulle wil nie skool gaan waar Afrikaans gepraat en gebruik word nie, maar as hulle by die straat hoeke staan en bedel dan is dit altyd in Afrijkaans want ons sal mos maar altyd gee dan sukkel hulle nie met die taal nie hoe eronies!

jb ·

Met al die vereistes wat hul stel, klink dit of hul, hul eie universiteit kan stig. So gaan doen dit en los ons kinders uit!!!!!hiehie

L ·

Gaan kyk na Medunsa, dis op die stadium hulle eie Universiteit. Daar brand hulle ook als af, gereeld. Daar is geen Afrikaans, klas gelde word elke jaar gebruik om die hoof hek oor te bou…..

Inge ·

Dit is ‘n voorreg om te gaan studeer, nie ‘n reg nie! Al hierdie eise is belaglik! Hulle is nie in beheer van die Universiteit nie, wie dink hulle is hulle?

Rens Roodt ·

goeie ou Vrystaat !!! – altyd met n warm gevoel om die hart

Llewellyn ·

Een van die basiese human rights in SA is opvoeding ( education ) : “You have the right to basic education, including adult basic education, in your own language (if this is possible).” Daai “if this is possible” is seker nou weer die scape goat wat die barbare gebruik :( Gaan die staat dan vir dié studente ‘n “Afrikaans Alleen” universiteit bou ?

Esmarie Pretorius ·

Hehehehe, hulle is sooooooo jaloers op die Afrikaners, hulle kan net nie ons wonderlike kultuur verdrae nie. Ons sukkel NOOIT met hulle nie, maar hulle kan ons net nie uitlos nie. Hulle minderwaardigheids komplekse sal nooit verdwyn nie.

Es ·

Die boek “Anton Rupert” is n moet lees in tye soos die. A Rupert wou medies studeer maar het agv gebrek aan fondse vir B.Sc ingeskryf. Hy het omdat hy in Afrikaans wou studeer, nie na Stellenbosch destyds gegaan nie maar wel na UP. (boorling van Graaf Reinette. Lees waarvoor hy moes veg vir erkenning)… dan ook Chris Barnard. Kaalvoetkind. Min fondse. Planne wat gemaak is om te kon studeer. Later bekende Hart Chirurg. Nog baie ander voorbeelde in die verlede. Niemand het verniet studeer nie. Baie opofferings deur familie en gesinslede gemaak dat ‘n gesinslid kon studeer.

Marous ·

Die Universiteite doen niks on die studente te beskerm nie. Dit gaan derhalwe nie ophou voor hulle nie die laaste wit student van kampus verdryf het nie. Die koeel is dwarsdeur die kerk. Die studente moet die instellings verlaat en dan die rook uit die universiteite en die bestuur in persoonlike hoedanighede dagvaar! Skadevergoedingseise gaan biljoene beloop! Verlaat die plekke NOU want daar gaan vir julle geen beskerming wees nie , en geen vooruitsigte om te studeer nie!

Vickus ·

5 miljoen teen 40……. 5 miljoen teen 35……… 5 miljoen teen 30 ens. Bring it on !!!!!! Wat anders bly vir ons oor, net sit en kyk. Maak geskiedenis.

Charlize ·

Dit is ‘n belaglike beweging, apartheid my voet! Dis ‘n klomp oningeligde mense wat geen integriteit het nie. Jy sit waar jy sit, want jy werk nie! Jy sit waar jy sit, want jy glo die wêreld skuld jou iets. Jy sit waar jy sit want jy is pateties en alleen. Jy klou vas aan ‘n verlede wat jy geen idee oor het nie.
Julle dink julle gooi ons – as afrikaner – se geskiedenis weg, nee julle gooi SUID-AFRIKA se geskiedenis weg, julle is DEEL van die geskiedenis.
Ek bid net dat ons Afrikaanse studente – blank en nie-blank – sal bid.
Dis tyd dat ons weer begin saam staan en weer begin glo aan die genade van God. Slegs hy sal ons help om die duiwel uit te wis. Slegs God sal ons help.
Baklei eerder met die Woord van God, in plaas van ‘n klip te gooi soos ‘n lafhaard. Bid hardop in hulle gesigte, maak hulle bang, nie seer nie. Se vir hulle “EK VERGEWE JOU” Die genade van GOD is baie baie baie groter en sterker as hulle klip-gooi en spiese. BID MENSE, BID!!

Here help ons!

tamboti ·

Charlize jy sal moet voor gaan staan en dit bewys, maar ek weet dat Bloedrivier nie so gewen is nie. En dit was verseker met die hulp van God.

Izzy ·

En dis hoe hulle ‘vreedsame’ betogings altyd lyk! Mense word aangerand, eiendom word vernietig of uitgebrand…..maar volgens hulle is hulle altyd vreedsaam en kan hulle nie verstaan as die polisie met rubber koeels begin skiet nie. Belaglike spul.

Laurika ·

Dan kan ons ook mos nou die Engels sprekendes en Britte in SA kwalik neem en met goed bestook, vermoor en haat vir wat hul aan ons gedoen het in die konsentrasie kampe tydens die Anglo Boere oorlog. Hoeveel van ons Suid Afrikaners insluitend kinders en babas was op allerhande maniere gemartel en vermoor.
Die “ou apartheid dae” is ‘n fabele verskoning vir barbaarse gedrag. Tyd om OOR dit te kom genugtig. Ek kan nie meer skuldig wees vir dit waaraan ek geen deel gehad het nie??

peet ·

Ek wil net graag weet wat se F.W. hiervan nadat hy ons land net weg gegee het en gedink het dit is mense wat sal saam werk nou sit ons met die gebakte pere en het hulle kinders is lankal klaar met universiteit in die goeie ou dae

HEVW ·

Piet Pompies, n beter opsie vir ons albei. Kom trek in hier by ons. In die staatsdiens en banke is daar nie veel werksgeleenthede nie, maar wel by privaat maatskappye. O.a veral in die mynbedryf. Maar ek reken jy met jou weermagondervinding word meer daar benodig. Een of ander tyd.!!!!!

Trots Afrikaans ·

Gemsbok, ek stem nie saam nie. God is in beheer, wat meer het jy nodig?
Kyk wat Hy gedoen het met 300 man.

Dapper is nie die afwesigheid van vrees nie, maar die wete dat die doel groter is as die vrees en die alternatief onleefbaar is.

Plaas jou skouer langs jou broer want hy sal jou dra deur dae van vrees. Behou wysheid, geduld en liefde, en vertrou op God.

Vrees dood net een keer want jy het net een lewe om te gee, en jy sal daardie lewe gee, of vir niks, of vir iets. Die keuse lê by jou.

Donovan ·

Hier sien of hoor ons nie wat werklik aangaan nie… hier sien jy nie van die 1xWIT student wat deur 5x SWART “so called”studente aangeval word nie… nee hier sien of hoor ons net wat Maroela en die res van die media wil hê ons moet hoor… Vir lank was ons passief oor alles teen Afrikaans maar genoeg is genoeg… Daar word niks genoem van die WIT studente wat aangeval is in hulle koshuis kamers in Bloemfontein gister aand nie… Maroela hou op om krieket te speel en te keer vir julle paaltjies en begin die Afrikaner in te lig wat werklik aan gaan…

Trolle ·

Donovan ek het gehoor van wit plakkers wat ook uitgejaag is erens deur n klomp swartes,maar lees nerens daarvan nie.Hoe waar dit is weet ek nie,ook maar gehoor by iemand.

Monike ·

Charlize, ek stem 100% saam met jou. Dit is nou die tyd vir ons as land en volk om saam in die Gees te staan, want ons stryd is nie teen vlees en bloed, maar teen die bose magte (dit wat hulle beheer en opstook om dit te doen). Ons SAL oorwinning kry, net soos by die slag van bloedrivier want Jesus het reeds die oorwinning behaal!

Ek bid dat ons hele land sal terugdraai na God.

#Afrikaner ·

90% van die “studente” is gebore na 1994 in n demokratiese bedeling .

trotsAFRI ·

Hulle kan gaan geld vra by die mandela stigting en die de klerk stigting, dan bou hulle hulle eie universiteite. Ndkanla is mos nou hoeka in die mark…… sal ‘n pragtige universiteit met die gepaste geskiedenis en sentiment vir hulle wees.

Rena Brown ·

Hierdie tipe barbaarse gedrag is beslis nie goed vir die beeld van Suid Afrika nie. Kan die wat wil in Engels wil onderrig word, dit nie in hul koppe kry dat ons ook regte het en ons moedertaal is AFRIKAANS en wil ook in ons moedertaal onderrig word. Wat is die herrie daaroor? Dit gaan nie oor rassisme nie, maar oor ons taalbeleid en daar is baie anderskleuriges wat ook in Afrikaans onderrig wil ontvang. Ek wonder of al die wat so barbaars optree, wel student is of miskien word hulle weereens in busse aangery.

C Schutte ·

Ek is no 55 jaar oud. Ek her self die vooreg van studeer geniet. Ek her my drie kinders deur studies gesit. Ek her destyds my diensplig en burgermag plig gedoen. Ek lewer elke dag as boer en as professionele mens n konstruktiewe bydrae tot hierdie land. Ek ag myself as bevoeg on kommentaar te lewer.

Dit help absoluut niks om enigsinds die sotheid wat ons sien the debatteer nie. Die feitelike posisie is dat ons’ soos so veel kere tevore deur anargie in die gesig gestaar word. Ons vyand is nie alle swart mense nie. Ons bondgenote is virseker nie alle blankes nie . Wat belangrik is is dat elke een moet besef dat ons in n staat van oorlog verkeer. Ons moet op plaaslike vlak mobiliseer en organiseer. Want anargie is volstoom oppad na jou huis en skool en kerk. Jou winkel sent rum en sportveld. Oor n baie kort tydperk sal groeperinge wie georganiseer is en wie geestelik en emosioneel taai is al wees wat teen anargie staande kan bly. Ons kan wen. Ons het al baie.
Onthou wat by die Lomba gebeur het. Deur n handjie vol mense. Swart en Wit.
Gaan nou. Berei voor. Die van u wat reeds die aanslag beleef het. En die ander.
Logika wys na Potchefstroom. Die groot appelkoos wat hulle will pluk. Dit sal julle Lomba wees. En ons sal almal daar wees.
God end die Mauser met ons

Jacques ·

Wonder net hoe jy ‘n voorheen benadeelde kan wee as jy na 1994 gebore is. Dan is my kinders huidiglik benadeeldes want hulle is na 1994 gebore. Die partye wat blanke mense so haat, moet onthou dat dit die blanke generasie is wat kinders was in die 70’s en 80’s wat apartheid tot ‘n val laat kom het. Julle straf die generasie en hulle kinders wat julle vryheid bewerkstellig het. As ek sien hoe julle hele bestaan net daarom gaan om blanke mense en als wat met blanke mense gepaart gaan te haat, dink ek, moes eerder destyds NEE gestem het. Maar dan sien ek weer sommige mense wat saam my werk, hulle staar hulle nie blind aan velkleur soos ons regering en EFF nie, en daar is eintlik baie nieblanke mense wat baaaaie goeie mense is, sou verkeerd wees om hulle terrug te gehou het. Wens net hulle laat hulle ophou intimmideer en en stem vir reg en getegrigheid.

A Oosthuyse ·

As dit nie vir die “Afrikaanse ” student was wat wel hul klasgelde betaal nie, sal geen universiteit kan voort bestaan nie!!!!!!!

Johan ·

Ek moes my gaai afwerk om aanvaar te word as n engineur by tuks en hulle wil inkom agv hulle vel kleur? . Ek werk nou 70+ ure n dag net aan studies by die huis (uitsluitend klasse) , ek het 2 van my vakke in afrikaans en die res in engels en nou gebeur die ? Hulle is terroriste ! Daai universiteit is deur wit mense geboue en vernoem na belangrike mense . AS hulle die name will weg he moes hulle dalk hulle eie universiteite bou . Die land is besig om te sterwe en binne die volgende 10 jaar kan ek jou belowe daar gaan n oorlog uitbreuk . Hulle dink hulle is benadeel terwyl hulle meer regte het as ander . nie rasisties nie maar ek het nou genoeg gehaad hiervan . Voorheen benaadeel? Hulle was na die apartheid era gebore . hulle studeer by een van die beste tersiere onderig fakulteite in die land en hulle se hulle is benadeel?
Ek het met my pa gepraat vandag oor wat hy voel hier oor en ek kon sien hy weet wat kom , hyt my mooi in die oe gekyk en my gese waneer die oorlog uitbreuk gan hy nie vlug nie maar veg vir sy land , volk en taal .
Vir n student is die maar gewoonlik net bangpraat stories maar ongelukkig is dit die waarheid in ons land .

Nonnie Oelofse ·

Dis uiterste barbaarse optrede deur swart studente en ek is regtig moeg om te luister na hulle belaglikhede. Dit is alles ABSOLUTE HATIGHEID OP ALLES WAT BLANK IS EN DIE UITERSTE RASSISME IS WêRELDWYD BEKEND. Ons as blankes moes vir alles werk onder die vorige regering en nie een van ons het iets verniet ontvang nie, nie in die skool nie en ook glad nie op universiteit nie. Jy het net met harde werk en inspanning matriek geslaag en uiterste harde werk het jou ‘n graad besorg!!! ONS HET NIKS VERNIET GEKRY NIE!!!!

Japie van Niekerk ·

‘n Kwotastelsel is niks anders as rassisme in sy suiwerste vorm nie. Die belangrikste kriteria wat gebruik work is ras en alle ander kriteria is ondergeskik daaran. Tukkies beoefen kwotastelsels al vir baie jare waar verdienste slegs ‘n sekondere rol speel. As voorbeeld neem maar die toelatingsvereistes vir mediese studente.
Met die versoek van swart studente dat kwotastelsels ingestel moet word wonder ‘n mens wanneer daar tot die besef gekom sal word dat verdienste eerder as rassisme as toelatings kriterea gebruik moet word – miskien nie solank as wat daar mense is wat nie op meriete kan meeding nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.