Die Universiteit van Pretoria oorweeg om eerstejaarstudente en seniorstudente van mekaar te skei deur hulle in verskillende koshuise te plaas, het Beeld Vrydag berig.
Nicolize Mulder, woordvoerder vir die universiteit, het aan die Afrikaanse dagblad gesê die tersiêre instelling wil ʼn omgewing skep waar eerstejaarstudente maklik kan aanpas en akademies kan presteer terwyl hulle steeds ʼn gebalanseerde en veilige sosiale lewe kan geniet.
Maroela Media het Donderdag berig AfriForum Jeug verwerp die idee en sê koshuise is nie hieroor geraadpleeg nie en is slegs in kennis gestel dat die verandering gaan plaasvind.
Mulder het bevestig die universiteit oorweeg die idee en dit sal waarskynlik in 2016 ingestel word.
Lees ook:
Tukkies-koshuise kom tot ‘n einde
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Grootste fout ooit.