Tuks en Wits weer gesluit

Die situasie by die Universiteit van Pretoria. Foto: @RRuffiez/Twitter

Die situasie by die Universiteit van Pretoria. Foto: @RRuffiez/Twitter

Die Universiteit van Pretoria se hoofkampus is Dinsdag weer gesluit terwyl protesaksie onverpoos voortgaan.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, het gesê ʼn groep mense, onder wie kontrakwerkers by die universiteit, het Maandag begin betoog teen die uitbesteding van werk asook hoër salarisse.

“Die nasionale veldtog teen uitbesteding en arbeidsmakelaars sluit universiteite en kolleges sowel as staatsdepartemente en die private sektor in. Gesprekke tussen die universiteit se bestuur en die onderskeie belanghebbendes rakende die uitbesteding van dienste by die universiteit word beplan,” het Bouwer gesê.

Intussen het ʼn groot aantal studente Dinsdagoggend by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) opgedaag in die hoop om vir die nuwe akademiese jaar te registreer. Slegs studente wat eksamens skryf en personeel is egter op die kampus toegelaat.

Die bestuur van die universiteit vergader glo met lede van die studenteraad. Betogende studente dring onder meer aan op gratis onderwys, geen registrasiefooie en die skrap van agterstallige studiegeld vir studente wat graad kry.

Shirona Patel, Wits se woordvoerder, het Maandag gesê registrasie sal eers Woensdag voortgaan weens die betogings. Die universiteit het gesê studente kan aanlyn en telefonies registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

StopTheMadness ·

Ek sidder as ek dink waaraan ons opgevoede Christen kinders blootgestel gaan word hierdie universiteitsjaar…. StopTheMadness!

Berhalet Beukes ·

En dít is Suid-Afrika se toekomstige werklui, leiers, entrepreneurs? Walglik!

Johann Marx ·

Berhalet, jy slaan die spyker op die kop. Dis die grootste probleem van Afrika. Werks-lui. Sake-lui. Regs-lui. Sport-lui.

P J ·

Dieselfde gesig by Unisa. Niemand kan enige registrasie daar doen nie. Die ons wil he verset die ingang.

Tommie ·

Chris Hart se kommentaar is korrek en kan daagliks geverifieer word – ENTITLEMENT!

Rynhardt ·

Die studente wil nie leer nie.Hulle wil baklei en moles maak.Dit gaan daaroor om in land in groot chaos te dompel!

DPJ ·

Universiteite en kolleges is vir die verkryging van kennis en vaardighede en niks anders. Gaan na veldskole en ander instansies vir aander goed.

Langjan ·

die einde kom nader en daar is geen genade tot die GROOT man kom.dis nou vasbyt,terug baklei en hoop die bloed verdrink nie die land nie.vir die wat nog nie gewapen is.kry reg,dit kom.

Francois ·

Vir my is een van die (vele) tragiese aspekte van die studente-protesaksies daarin geleë dat derduisende studente se reg op onderrig doodeenvoudig deur ‘n minderheid molesmakers vertrap word. Ek stem dus heelhartig saam met Tommie se siening hierbo dat eiegeregtigheid (‘entitlement’) endemies onder ‘n groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking is. Hulle voel eenvoudig niks vir enige belange anders as hul eie nie, en skroom nie om eiebelang op gewelddadige en kriminele wyse te bevorder nie.

Fanie ·

Gooi hulle van die gronde af. Moeilikheidmakers hoort nie daar!

SNEL ·

Ek stem Fanie, betaal om te leer of vat jou goed en loop, so maklik soos dit. Hulle mors die klomp wat wil leer se tyd, kry hierdie moeilikheid makers daar weg.

Asjas ·

Die buiteland het gehelp om Suid-Afrika te bring tot waar ons nou is. Dit sal seker nie te veel wees om te vra dat ons kinders wat WIL leer oorsee kan kom studeer waar hierdie swak gedrag nie geduld sal word nie? Met beurse natuurlik …

HEVW ·

Ek weet dit is nie realisties nie, maar sluit die plekke die wat regtig wil studier sal wel n heenkome vind. Dit is soos n mens al teen die tyd voel. Dit is al manier om van die gemors ontslae te raak.

Yvonne ·

Nou toe Proffies/Akademici, tyd dalk dat júlle staak? Die gemiddelde ouderdom van ons geleerdes aan ons universiteite is immers, as ek nou reg onthou 68? Al hierdie twak kan mos nie goed wees vir die hart nie en bedreig dus die voortbestaan van ‘n bedreigde spesie! Staak!

Peet Schabort ·

Gaan kyk onder Maroela se “Goeie goed” wat het die Kovsies se Christene gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.