‘Tuks gee betogers die oormag’

Op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria Woensdag. (21 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria Woensdag. (21 September 2016).
Foto: Twitter via @afriforumjeug

AfriForum Jeug het Woensdag die Universiteit van Pretoria (UP) gekap oor hul besluit om die universiteit te sluit weens betogings oor studiefooie en gesê die besluit is ʼn verbreking van ʼn onderneming deur prof. Cheryl de la Rey, die UP-rektor.

Die organisasie het in ʼn verklaring gesê De la Rey het Dinsdag aan AfriForum en AfriForum Jeug beloof akademiese verrigtinge sal onverstoord voortgaan, ongeag die betogings. Die universiteit het egter Woensdag alle akademiese bedrywighede op die Hatfield-kampus opgeskort en studente opdrag gegee om die kampus te ontruim.

Volgens AfriForum het De la Rey ook tydens Dinsdag se gesprek onderneem geweldenaars sal gearresteer en van die kampus verwyder word, geweldenaars sal summier geskors word en die polisie sal strafregtelik teenoor oortreders optree. De la Rey het glo ook gesê die studenteraadverkiesings sal vreedsaam voortgaan.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, sê geen stappe is egter gedoen om betogers te verhoed om die universiteit tot stilstand te ruk nie en gevolglik is studente weereens van hul reg tot onderrig ontneem.

“Volgens die sekuriteit wat op UP se hoofkampus teenwoordig was, het die UP-bestuur glo ʼn voorskrif aan sekuriteitsbeamptes gegee om nie op te tree as geweld uitbreek nie. Dit is glo volgens die bestuur ʼn opstanding tussen studente,” het Cameron gesê. “Dit is prakties moontlik en volhoubaar om klasse te beveilig en studente op universiteit te beskerm. Die UP het egter versuim om die nodige maatreëls in te stel en by hul eie aksieplan te hou.”

Hy het gesê AfriForum Jeug meen die UP se besluit om die universiteit te sluit, gee bloot aan betogers die oormag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Alida ·

Dit is lewensgevaarlik om daar wees. Gsan huistoe en eis julle geld terug

Joh. 3:16 ·

Spieëltjie spieëltjie in die wand. Wie is die swakste leiers van die land? Is dit die ANC? Is dit universiteit besture? Is dit Afrikaner kerke?
Met die bloedige Franse Revolusie het die Hervormer Groen van Prins in sy geskrifte ‘Ongeloof en Revolusie’ tereg gesê: “Wanneer het ongeloof zijn staatsleer ontwikkelt, wordt dat een revolutionaire staatsleer, en wanneer die leer consequent in praktijk wordt gebracht, voert zij tot een terreur, die vrijheid en recht vernietigt. Het Schrikbewind is geen exces, zoals de liberalen menen, maar eerlijke consequentie van de revolutionaire leer.”

Kluts kwyt ·

Joh 3:16 ..jy is die kluts heeltemal kwyt hoor, waar val jy nou met die AFrikaner kerke uit? Jy is ook een van daardie wat nog aan apartheid vasklou maar nie meer weet waar dit inpas nie. Die Afrikaner kerke en jou hollandse aanhaling het niks met FEESMUSTFALL uit te waai nie, dit is JY wat van SA ‘n slegter plek maak. Dalk moet jy maar ook liewer Holland toe emigreer. Lyk nie asof jy ‘n oplossing het behalwe om ander te blameer nie. Kom met ‘n oplossing, dalk neem ons jou ernstig op.

Wat nou? ·

Geen klas = geen inkomste. Fabrieke wat stop, verduur daarna pyn saam met hul werkers. Semester toetse behoort voort te gaan soos normaal, en druipelinge verlaat die sisteem. Ons land het dringend ‘n kundige nuwe generasie nodig om ons van ondergang te red.

Gerhardt O ·

Swak leierskap deur Tuks se “rektor”. Die dame is skynbaar onbevoeg in leierskap en is dus ‘n kwotaspeler. Sy moet dringend vaardighede aanleer.

Joh. 3:16 ·

Universiteite word deur liggame bestuur. Een persoon maak nie finale besluite nie. Dis ons probleem in die hele samelewing. Mense pen verantwoordelikheid op een persoon en verskoon die res van die swak leiers.

CL ·

Ons kind studeer daar. Almal is sat hiervoor. Dis toets tyd. Eksamen voorbereidings tyd. Tyd vir ons jonges om te bou aan hulle toekoms. Om ons emigreer onderwysers of gaan hou skool in die Emirate. In ons woonbuurt sien ek hoe skeeps houers gelaai word vir mense wat padgee. Teen die tyd dat die sotte tot hul sinne kom is SA so beskadig dat dit dekades gaan neem om te herstel indien ooit. Waar is ons leiers?

Oosie ·

Dat daar toegelaat word dat MINDER AS 1% ongeveer 60 000 studente by Tuks totaal ontwrig en allerhande eise afdwing en met ‘moord’ wegkom is totaal onverstaanbaar!Hulle behoort met dieselfde geweld (en ‘n paar sambokke) geleer te word wat dissipline is. Dit is blantante astrantheid en disrespek teenoor gesag (wat daar blykbaar nie meer is nie),

andrea van vuren ·

Kry eers hul studentenommesr. Hulle betoog nou want dis eksamentyd en hulle het hul eie boeke gebrand!

Lance ·

Eis jou geld terug en kom net daar weg …gaan studeer oorsee waar n graad nog iets beteken …dis net n kwesie van tyd voor die grade op neergesien gaan word. Sommige universiteite oorsee het nie eers mure om nie …spreek boekdele van hoe georden dit daar verloop.

Koos ·

Daardie vrou is duidelik nie familie van die generaal nie…

Basson ·

So die pligsgetroue studente word nou gestraf vir hulle goeie gedrag deurdat klasse gedurende die Oktober reses ingehaal moet word. (Klasse is opgeskort tot Maandag)
Dit terwyl die 200 of so onlus stokers skotvry daarvan afkom.

Theresa ·

Presies. Soos byna op elke vlak van besluitneming en uitvoering in die land, is als onrealisties en onlogies. Gekke paradys? Ek vermoed die verkope van anti-angsmiddels sal die hoogte in skiet. Die 200 het geen benul van die prag en voorreg van stap op ‘n kampus met drome en ideale wat verwesenlik word met harde werk, lang nagte deurswot en op die verhoog staan om die werk te bekroon nie. Hul gedrag is die woord sotlik werd.

TK ·

My dogter is 2015 ingeskryf en ni aanvaar nie. Vandag weet ek hoekom . Sy sou helfde van die tyd inelkgeval by die huis moes bly want dis onveilig. Nee wat maak die plekke maar toe. Privaat instansies is maar vandag die inding.

marionette jacobs ·

Kan ons as betalende ouers nie die universiteite aanvat omdat ons kinders die reg ontneem word om klas te draf en hul eksamens af te le a.g.v hul swak besluitneming nie? My kind het nie ‘n staats beurs nie en ek werk my g*** af om hom daar te hou en hulle dink elke 2de dag iets uit om oor te “strike” terwyl ons ten duurste betaal vir dienste wat nie gelewer word nie en ons kinders se veiligheid is ook in gedrang !!!Die student en sy ouers moet kontrakte teken met die universiteit as die student toelating kry oor betaling…punte strukture en gedrag maar wat is presies die universiteit se plig teenoor die student wat BETAAL !!!

Rentia ·

Ek wonder hoeveel treindrywers vandag werk die hoeveelheid oortyd vir hul kinders wat my skoonpa gewerk om sy kinders te kon laat leer….

leon - Centurion ·

De la Rey tree so voorspelbaar op. Dit is presies wat die anc beplan. Hulle het befondsing oor twee dekades verminder en druk op universiteite geplaas om te transformer en elke jan rap en sy maat ( produkte van powere laer onderwysstelsel) toe te laat. Die agteruitgang en val van die instellings teiken blankes en da-swartes. Die oplossing vir die chaos is verniet studies vir die toegelate massas (deur belasting geld) en duur studies vir “die wat dit kan bekostig”. Die anc is die helde en skep lojale kiesers. Besighede gaan ook ‘n klap kry deur hul onbetrokkenheid by die “krisis”. Alles beplan vir magsbehoud en trappie in anc se tweede fase, demokratiese revolusie.

QB ·

Iets sê vir my iemand het nie hulle kant gebring het deur die jaar nie en wil nou eksamen “skiep”. Daar is mos klaar korting in plek jy moet net presteer! Dus my afleibing is hou op met die betoogings en gaan leer!!!

Theresa ·

Die oomblik as daar meer as tien mense begin met hierdie snert, moet die soldate ingestuur word. Geen patrone nie (tensy die tien so iets begin), maar sambokke en swepe. Slaan die mense tot hul sinne. Sulke vieslike gedrag moet baie kragtig teengestaan word. Vloek en skel en beledigings sal in elk geval nooit uitsterf nie. Die persoon wat dink dit maak hul belangriker as ander om verbaal so op te tree, is van die spoor af. Maar om instansies te verniel, te plunder, te brand, aandag te trek voor TV kameras – mense aan te rand: Dis misdaad en moet die misdadigers lekker bygekom word eerstens met die sambok en dan in die hof.

Bekommerde ouer ·

Ek besef dat ons kinders se veiligheid op hierdie stadium sekerlik die hoogste prioriteit moet geniet en glo dis die hoofrede om klasse te kanseleer, MAAR die Universiteits-bestuur moes nooit in hierdie warboel beland het om die handjievol opstokers die oorhand te gee nie. Hulle wil nie leer nie, sal ook nooit verantwoordelikheid aanvaar nie, en dis hoe hulle hul lewelank sal optree om te PROBEER om iewers te kom. Watter voorbeeld gaan hul eendag vir hul kinders wees? Ek sou ook graag wil weet, met watter verwagting het hul ouers hulle gestuur om verder te gaan studeer? Maar nou wil hulle diegene wat doelgerig studeer en harde werk insit, daarvan ontneem. Dis onaanvaarbaar dat klasse gekanselkeer word vir die meerderheid studente wat wel betaal het en wel daar wil wees om hulle studies te voltooi en ‘n positiewe bydrae in die samelewing wil maak. Toe hierdie sogenaamde “studente” die keuse gemaak het om te gaan studeer, moes hul tog geweet het, daar is X-jare se studiegelde wat betaal moet word en nou is dit ‘n “issue”. Baie Ouers of studente gaan studielenings aan wat terugbetaal moet word, sodat ons ons kinders van ‘n goeie toekoms kan voorsien. Al die jare was dit die norm omdat ons graag ons lewens sinvol wou he. Afriforum, ons glo dat ons as ouers deur julle, hierdie wanorde sal kan herstel. Dit gaan vir my hier veel meer as net die “Fees”….Dit gaan oor GEEN dissipline!

andrea van vuren ·

Moontlik weet daardie ‘siek-in-die-kop’ betogers se ouers nie eens hulle is daar nie!

Ahooy ·

Moet berigte alyyd NET op huidige sensasie gerig wees? Ek sal graag wil weet hoeveel betogers is toegesluit en skuldig bevind deur ons howe gedurende die laaste betogings. EEN??
Die kriminele het mos meer regte as die BETALERS in onse land!! Wat gaan aan met ons regstelsel?? Hulle is kriminele wat toegelaat word om te maak net wat hulle wil!! SIEK!!!

Frank ·

De la Rey verdien R2.2m per jaar om soos ‘n koningin te leef terwyl sy GEEN leierskap toon in hierdie geval nie. Die hele bestuur van UP is slapgat en toon GEEN leierskap nie en wil nie die swart misdadigers laat opsluit nie. Die eens wonderlike instelling is besig om te vrot van die top af. Geen wit kind sal meer in die toekoms daar wil studeer nie. Oor 5 jaar gaan daar duisende radikale swart studente wat nie wil betaal of studeer nie oor wees. Mooi. Kry vir julle.

Hannie ·

Waarom wil hulle universiteit toe gaan, dit kom voor of hulle (studente) se I K nul is.

Wilhelm ·

Sulke betogers en vernielers is kriminele en moet as sodanig behandel word, maar die outoriteite wat moet optree is net so eenvoudig soos die land se regering wat nie weet wat dissipline behels nie! Foeter die spul op en belet hul enige verdere opleiding ad infinitum.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.