Tuks hervat klasse

Die Universiteit van Pretoria. (Foto: UP/Facebook)

Kontakonderrig is Maandag op die Universiteit van Pretoria (UP) se Hatfield-kampus hervat nadat stakende werkers verlede week akademiese bedrywighede op die hoofkampus ontwrig het.

Die universiteit het sedertdien ʼn interdik bekom om te verhoed dat stakende werkers betrokke raak by aktiwiteite wat die werksaamhede en veiligheid van die universiteitsgemeenskap kan ontwrig.

“UP is daartoe verbind om ʼn naatlose leerervaring te bied en die veiligheid van ons studente en personeel te verseker,” lui ʼn kennisgewing van die universiteit.

Traangas en rubberkoeëls is verlede week gebruik om stakende werkers op die hoofkampus uiteen te jaag nadat hulle akademiese aktiwiteite onwettig ontwrig het.

Asblikke is onder meer uitgegooi en eiendom beskadig.

Maroela Media het vroeër berig die staking, wat deur vakbonde verbonde aan die universiteit gereël is, volg nadat maande lange salarisonderhandelinge met die vakbonde ʼn dooiepunt bereik het.

Die universiteit het ʼn verhoging van 4% aangebied. Die vakbonde het ʼn verhoging van 7% geëis en het die aanbod verwerp.

Die UP is aldus ʼn woordvoerder bloot nie by magte om aan hierdie eis te voldoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

skurweberg ·

Akademiese instelling!!???? Die ouers betaal vir hulle kinders. Kry die uit wat nie wil of kan studeer nie.

Johann ·

Absolute anargie!!!!!! Gewetenlose selfsug wat eie gewin dryf en die massas aan hits.

skurweberg ·

Baie van die ouers is self profesionele mense. Profesionaliteit begin by die ouerhuis waarin kinders grootgeword het. Julle moet baie meer doen om die ouers van die wat nie wil leer nie by hulle kinders betrokke te kry. Werkswaardes moet geevalueer word om die Respondente te help om doelwitte vir hulleself te formuleer. Hoeveel students ken hulleself nie eers nie?

Leon ·

@skurweberg, jy sit die pot mis. Dit is werkers wat hierdie keer gestaak het, nie studente nie!

Catherina ·

Gee nie om wie dit is wat staak nie. IT’S A SUPPOSÉD PLACE OF LEARNING

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.