Tuks-kampusse gesluit oor ‘dreigemente’

Graffiti op 'n muur by die Universiteit van Pretoria. Foto: Twitter via @_Dakie

Graffiti op ‘n muur by die Universiteit van Pretoria. Foto: Twitter via @_Dakie

Die Universiteit van Pretoria (UP) het Vrydag sy Hatfield- en Groenkloofkampusse gesluit nadat dreigemente ontvang is dat akademiese aktiwiteite ontwrig sal word.

Dit kom nadat EFF-lede Donderdag oproerig geraak het tydens ʼn openbare vergadering om die universiteit se taalbeleid te bespreek en lede van AfriForum Jeug na bewering aangerand is.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, wou nie Vrydagoggend spesifiseer wie die universiteit gedreig het nie en het gesê dit is maar “van oraloor” ontvang. Sy het gesê daar was geen voorvalle van geweld Vrydag wat die besluit om die kampusse te sluit genoodsaak het nie en dit is bloot as voorkomingsmaatreël gedoen.

Die universiteitsbestuur het Donderdagaand op Facebook aangekondig die vergadering met studentegroepe wat vir Vrydag geskeduleer is, is uitgestel. Die onderskeie studentegroepe is gevra om eerder hul terugvoer oor die voorgestelde wysigings in die universiteit se taalbeleid per e-pos aan die universiteit te stuur.

Volgens Bouwer is dit nog nie duidelik wanneer die beplande vergadering sal plaasvind nie en sal dit met verloop van tyd aangekondig word.

Intussen het oproerige studente weer by die Hatfield-kampus bymekaargekom waar ʼn streng polisieteenwoordigheid heers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Sarie ·

Is dit studente of EFF straatrampokkers wat hulle op alle kampusse inwurm. Die meeste van hierdie studente kan ook nie ordentlik Engels praat nie. Baie hoort nie daar nie.

DD ·

Nou praat jy waar Sarie. Die Engels waaroor die meeste van hierdie moeilikheidmakers beskik is maar uiters swak. My dogter is verlede jaar nie gekeur om een van die ongeveer 35 arbeidsterapiestudente te wees nie. Met oriënteringsweek beland sy toe in een lesing langs een van die uitgekose 35 “elite” studente, wie toe vir haar vra wat beteken die woord library.

Karma ·

Ja, Sarie, ¾ van die betogende (EFF?) “studente” hoort nie eens NABY ‘n universiteit nie. Die meeste van hulle het net ‘n 30% slaagsyfer en ‘n IK wat daarby pas. Wat sou die reaksie gewees het as ‘n blanke student miskien iets soos #AfricanLanguagesMustFall op daardie muur geskryf het?

As ek in Afrikaans onderrig wil word, is dit mos my Grondwetlike reg, dan nie? Het niemand nog daaraan gedink om vertalingsdienste te gebruik nie? En hoekom is dit net #AfrikaansMustFall en nie #EnglishMustFall nie? Klink vir my of dié maar nog net een beweging is om die blanke boere en hul Afrikaans te onderdruk.

Buitendien, Engels is die voertaal van die wêreld. As mens hoor hoe swak die meeste Afrika-mense Engels praat, kan mens nie dink hoe hulle in ‘n sakewêreld wat Engels-georiënteerd is, sal vaar nie? Wie kan nou besigheidstransaksies internasionaal in Setswana, Zoeloe, isiXhosa sluit?

Pieter.v ·

Sarie hulle is so eenvoudig wil Afrikaans uit die universiteit haal terwyl hulle nie nodig het om hul klasse in afrikaans te loop nie, maar aanvaar engels wat n westerse taal is en engeland waar engels vandaan kom die grootste verdrukkers van die mensdom vir baie eeue lank was,engels is vir hulle n status simbool het niks anders om op trots te wees nie of te wys behalwe dat hulle kan verwoes en afbreek.

Beveg dit ·

Goeiedag DD. Is jy bewus van veldtogte en ondersoeke geloots deur Solidariteit om onregmatige keuringsprosedures gegrond op ras te ondersoek? Kontak hulle asb, en help dat hulle dit kan regstel en ondersoek om dit in die toekoms te verhoed! Jy hoef nie ‘n lid te wees nie, maar dit sal hulle saak baie help as jy hulle kontak! Groetnis

Ww ·

Waar is die menseregte mense nou hoekom so stil of is hulle besig om hulle standaard te verlaag

Connie ·

Die EFF se hele doel is om die Afrikaner so te tart dat ons gaan reageer en dan is dit oorlog. Dit is almal se doel. Hulle tart ons.

tamboti ·

# NEW SA WILL FALL – under the struggle for the struggle against struggling to struggle, heheheheheheheee

Loeis ·

Jap, en in die proses gaan die prys van 1992 se onderhandelings verhaal word.

Outop ·

Ai my ou volkie! Dit het nou tyd geword dat ons die engelse spreekwoord “nice guys come second” ernstig opneem.

marita ·

Die eff is nog soos babatjies,as hul ni hul sin en wil kry nie,dan moet al mons vewoes word,hul moet begin groot word!!!!!!!!

Kobus ·

Die EFF wil ons taal en kultuur verwoes. Gaan ons dit regtig toelaat. Ek wonder ook hoeveel van die wat so oproerig is werklik wil studeer of is dit maar net optekers wat moeilikheid soek. Ai ai…

Andre van den Berg ·

Rassevermenging veroorsaak rassespanning. Wat is die oplossing? Rassesekeiding! Ongelukkig herhaal dwase n fatale eksperiment met die hoop dat die uitslag eendag anderste sal wees.

Femme ·

Ek waardeer die feit dat Afriforum se studente ten minste ook iets gedoen het. Ons sien net altyd die EFF ens opstaan dis tyd dat ons ook groot lawaai begin maak maar kan ons saam staan. Hiermee bedoel ek nie staan op teen swart nie staan op teen mense wat net baklei. Ek stem saam ons is almal deur God geskape en die rassisme moet gestop word. Ons is nou in n struggle en moet iets begin koordineer

PJ ·

Ww vergeet van die menseregte mense waar is de klerk en sy trawante wat al die antwoorde gehad het met wigte en teenwigte en al swyg soos die graf

Will ·

En nou kry hulle presies wat hulle beplan het. Akademiese aktiwiteite is ontwrig

Eugene ·

Dis nou alles pragtig en goed-en-wel om te wil verskil en julle EFF/ ANC stemmetjies te wil staan en dik maak, maar wie dink julle presies is julle om ander te verhoed om te mag studeer en klasse by te woon en dan boonop diesulkes te staan en dreig ook?
En dan bo dit alles vernielsugtig op te tree en eiendom te vernietig en wie weet wat nog alles?

Julle aksies is krimineel van aard!

Irene ·

Lyk of univ nie meer dir plek is om te leer nie masr om oorlog te wil voer. Die eff gebruik die jong dom persone vir dit as daar iets gaan gebeur dan hardloop malema dom profeet eerste weg is net WIT en AFIKAANS wat hom pla hyoet alleen voor my kom staan dan wil ek sien wat kan gebeur wonder hoe slaap hulle in die aand

Reinhardt ·

Dit breek my hart. Ek is normaalweg baie positief. Ek hoop ten harte nie almal dink soos die lot nie, maar ek is bevrees ek is verkeerd.

Joh. 3:16 ·

Reinhardt. Ek wil jou beaam: DIT BREEK MY HART.
Dis die resultaat van gedwonge integrasie. Dis die resultaat van Belhar wat alle verskeidenheid tot sonde verklaar het. Dis die resultaat van liberale teoloë se eenheidsdrywery. Die waarheid is dat verskille ‘n werklike geskape natuur verskeinsel is en nie ‘n Apartheid verskeinsel nie. Dit breek my hart dat ons mense verskille beskou as sonde. Sonder die erkenning van ons verskille, is vreedsame naasbestaan onmoontlik. Sonder die erkenning van ons verskille is dit ons wat identiteitloos is. Sonder die wete van wie ons is, is ons verlam vir eie oorlewing. DIT BREEK MY HART…

hans ·

Is dit moontlik om op kringtelevisie die skrywers/studente van die aanstootlike graffitti te identifiseer sodat die UP bestuur die betrokkenes permanent kan skors of word die skrywe as ‘vryheid van spraak’ beskou.

alida ·

Reinhardt, ons kan nie meer positief wees nie. Dit het te ver gegaan. Mens weet nie meer wat om te doen nie. Hulle wil nie luister nie en het boonop ‘n gebrek aan leierskap. Waar is hulle ouers of is diè net so walglik soos hulle kinders?

anna ·

Ek dink dit is duidelik dat Suid -Afrika in die greep van destabilisasie is.
Die massas besef natuurlik nie dat hulle dan gaan vrek van die honger nie. Hulle is nie in staat om vir hulself te sorg nie. Dit is oor en oor bewys,
Die Leiers is te leierloos om hierdie boodskap aan hulle oor te dra – want hulle gee nie om oor die massas nie.

tamboti ·

Ok MM, ek is weer gesensor vir hoeveelste keer. Net as ek durf om iets te rep oor die God of Woord wat ek ken, dan snoer jul my. Maar die waarheid sal seevier!

Willie ·

Wat vir my veral treffend is, is die feit dat rampokkers goed in Afrikaans kan bedel vir “Geldjie”. Daarmee is heel duidelik nie fout nie. Afrikaans is die “Gee-Taal” nie goed genoeg vir die kwanseise “Leer-Taal”.

Elizabeth ·

Ja bid dat daai nar nooit president van hierdie land word nie!

RENS ROODT ·

SOU DIE UNIVERSITEIT AFRIKAANS VERWYDER – MOET ALL AFRIKANER STUDENTE DIE UNIVERSITEIT VERLAAT EN NA N ANDER GAAN – AS MY TAAL NIE GOED GENOEG IS NIE IS EK EN MY GELD OOK NIE GOED GENOEG NIE!

Justa ·

Volgens Mantashe by die “anti-racism” optog moet almal die revolusie steun. Nou wonder ek net wat hy daarmee bedoel?

Theresa ·

Die klomp gee nie n vlenter om hoe hulle ons kinders se studies verwoes nie. Hulle betaal sekerlik nie self vir hulle studies nie. Hoe meer hulle verwoes hoe meer kry hulle terug. Rampokkers kan nie net goed bedel vir n geldjie in AFRIKAANS nie…raak of maak net n klein foutjie op hulle salaris dan moet jy hoor hoe gooi hulle die AFRIKAANS
Maar nee afrikaans must fall…

Kernneels ·

Dis duidelik dat ons nie meer welkom in ons geboorte land is nie op ground van velkleur. Dis moes dan rasisme.

Werner Kemp ·

Ek wil graag vra Tukkies n 2 tallige Universiteit word. Bied Dan klasse aan in Engels vir die swart students en in Afrikaans vir die res wat.dit verlang.

Julius Malema en sy bose party die EFF moet moet in die bek geruk
word. Hy kan nie net will afbreek in vandaliseer en verwag DAT universiteitsbestuur om na hom most luister nie. Ek stel voor skors hulle as hulle hul skuldig maak aan vandalisme op kampusse .

.

Amanda Erasmus ·

LOS AFRIKAANS UIT!!!!!

Ek dink dis tyd dat Tuks van die EFF nie-studente rebelle ontslae raak….indien hulle enigsins iets vir hul eie studente voel. Of dra al die gewelddadige optredes Tuks se goedkeuring weg???

Artikel 29(2) van die grondwet: “Elkeen het die reg om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is”.

Die EFF en oproerige studente mis duidelik wat in die grondwet staan. Vir hulle gaan dit oor meer as die taal Afrikaans….hulle is RASSISTIES….en wil die Blanke van sy eie taal en kultuur ontneem. RAAK ONTSLAE VAN DIE GEWETENLOSE BARBARE OP AL DIE KAMPUSSE!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.