Tuks-klasse hervat Maandag met ‘streng veiligheidsmaatreëls’

Studente wat aan die #PrayerWalk by die Universiteit van Pretoria deelneem (Februarie 2016) Foto: ANA

Studente wat aan die #PrayerWalk by die Universiteit van Pretoria deelneem (Februarie 2016) Foto: ANA

Lesings by die Universiteit van Pretoria (UP) sal volgende week hervat met verskerpte veiligheidsmaatreëls, het die instansie Donderdag gesê.

“Die universiteit het bykomende en strenger veiligheidsmaatreëls in plek gestel,” het Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, in ʼn telefoniese onderhoud met African News Agency gesê. “Ons werk ook saam met die polisie.”

Die universiteit se twee kampusse in Groenkloof en Hatfield bly hierdie week gesluit. “Ons maak Maandag oop. Ons sal ʼn plan beraam wat betref akademiese aktiwiteit wat vir hierdie week geskeduleer is. ʼn Hersiene skedule sal uitgereik word. Ons sal vandag of môre met die studente kommunikeer,” het Bouwer bygevoeg.

Sy het gesê daar is kommer oor die studietyd wat in die periode verlore gegaan het toe akademiese aktiwiteit opgeskort is.

“Die bestuur van die Universiteit vergader steeds met studenteleiers en ander belanghebbendes om ʼn pad vorentoe te beraam, gebaseer op die beginsels van nie-gewelddadige deelname, om die kwessies aan te roer wat tot die ontwrigting en opskorting van lesings op die twee kampusse gelei het.”

Studente wat aan die #PrayerWalk by die Universiteit van Pretoria deelneem (Februarie 2016) Foto: ANA

Studente wat aan die #PrayerWalk by die Universiteit van Pretoria deelneem (Februarie 2016) Foto: ANA

Honderde studente het Donderdag stil oor die geslote kampus heen beweeg, terwyl hulle gebid het vir ʼn oplossing vir die rassespanning wat die instansie hierdie week geruk het. Die studente van verskillende rasse het slegs een groot plakkaat gehad, waarop #PrayerWalk geskryf is.

Tobie Snyman, leier van die groep, het gesê hul samekoms is nie ʼn “vreedsame betoging” nie, maar ʼn “gebedsbyeenkoms”. “Die idee is net om op die kampus rond te loop en te bid. Ons wil hê God se beloftes vir hierdie land moet vervul word. Ons wil eenheid hê,” het hy gesê. “As ons verskillende plakkate het, het ons ouens wat een ding sê, en ouens wat ʼn ander ding sê. Dan sê hulle dalk dinge waarmee ons nie saamstem nie.”

Snyman het gesê net soos die mure van Jerigo in die Bybel, sal die studente se vurige gebed “die atmosfeer verskuif”.

Die groep vergader al sedert vroeg Maandagoggend en hoop om tot Sondag voort te gaan.

Studente wat aan die #PrayerWalk by die Universiteit van Pretoria deelneem (Februarie 2016) Foto: ANA

Studente wat aan die #PrayerWalk by die Universiteit van Pretoria deelneem (Februarie 2016) Foto: ANA

Verskeie motoriste in Lynnwoodweg het op hul toeter geblaas toe hulle verby die studente gery het, sommige wat loop en hande vashou.

Die studente het uiteindelik in ʼn oop ruimte langs die universiteit se hoofingang bymekaargekom, in kleiner groepies verdeel en saam gebid.

Verskeie veiligheidsbeamptes was op die kampus. ʼn Groep berede polisiebeamptes het ook die gebied gepatrolleer.

UP-studente en vriende Martin Nel en Martin Mushomba het gesê hulle glo hul deelname aan die #PrayerWalk is ʼn standpunt vir eenheid en verdraagsaamheid.

“Daar is tans baie onstuimigheid op ons kampus. Ek voel daar is ʼn skerp polarisering weens die rasseverdeling. Om een kant te ondersteun, kan slegs daartoe bydra dat die situasie opvlam. Om niks te doen nie, is ook ʼn standpunt op sy eie,” het Mushomba gesê.

“Hierdie is deel van ʼn groter probleem in ons land. Haat gaan net tot nog meer haat lei. Dit is soos om gif te drink en te verwag die ander persoon gaan sterf. As jy haat, maak jy jouself seer.”

Nel het gesê die rassespanning het die studente “stukkend” gelaat. “Die liefde van Jesus Christus gaan ons verenig. Ons kan nie op ons eie die pad vorentoe bepaal nie.”

Geweld het Maandag op die universiteit se Hatfield- en Groenkloof-kampusse uitgebreek toe ʼn saak teen 27 UP-studente, wat van openbare geweld beskuldig word, uitgestel is tot 7 April vir verdere ondersoek. Die studente is vrygelaat op borgtog. Hulle is die vorige week Donderdag en Vrydag in hegtenis geneem tydens betogings oor die universiteit se taalbeleid.

Akademiese aktiwiteit is verlede Vrydag opgeskort.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

tamboti ·

Die video wys geen van die geweldadige gedrag van die betogende swart studente nie, nie my tyd gemors om na die gesprek te luister – dit vertel net een kant van die saak.

Liewe Heksie ·

En dink jul regtig dit gaan hulle keer maandag daag hul net met n groter massa op en ons sapd is nie opgewasse vir hulle nie

Theresa ·

Ja. Daar is krag in gebed, en, liefde is die sterkste mag.

Ahooy ·

As hulle redelike bewyse het teen die 27 wat gearresteer is moet n voorbeeld van hulle gemaak word en selfs tronkstraf opgelê word. Videomateriaal moet nagegaan word en ALLE skuldiges moet gevonnis en geskors word. Dit is omdat niemand verantwoordelik gehou word dat dit so hande uitruk. WAT IS FOUT MET ONS REGSTELSEL!!!!!
Studente wat wil studeer moet die geleentheid gegun word!

Willie ·

Die volgende EIS sal seker wees – grade (pampiere) sonder studie-30 % slaag verEISte vir graad 12 is mos van toepassing. EISch !

Gert Hetsypampierewitz ·

U voorgestelde “streng veiligheidsmaatreëls” ? is bietjie min baie laat. Waar was u?

Oosie ·

Politiek moet verban word op kampusse. Geen politieke verteenwoordiging moet ‘n rol speel nie. Die SR moet ‘n nie-politieke liggaam wees wat slegs studentebelange binne akademiese konteks verteenwwordig. Studente moet STUDEER en ontwikkel om ‘n bydrae in die samelewing te maak, nie op kampus wees om hierdie proses te striem nie.

Heinrich ·

Oosie; goeie idee! Die klem is veronderstel om te val op ‘n VERTEENWOORDIGENDE studentraad. Hoe kan iemand die studente verteenwoordig wanneer dit vanuit die raamwerk van ‘n spesifieke politieke party gedoen word; veral as hulle anargiste is. As jy jouself verkiesbaar stel vir ‘n verteenwoordiger van alle studente moet jy verteenwoordegend van alle studente optree, nie verteenwoordigend van ‘n party nie; anders bly jy buite die studenteraad. Die universiteit is tog ‘n leerskool vir mense wat ons toekoms moet aanpak; hulle kan net sowel reg geleer word van die begin af; nie soos die huidige klomp narre wat oor ons regeer maar vanuit ‘n regering wat veronderstel is om na almal om te sien net rassistiese propaganda uitbasuin nie.

Lynet ·

Kom ons ondersteun die Prayer Walk al kan ons nie daar wees nie bid en loop om julle eie straat blok. Alle eer aan GOD hy sal uitkoms gee.

Marleen ·

Alles wat ons die Vader in gebed, met smeking en met dankbaarheid vra, sal vir ons gegee word….. kom ons probeer met alles in ons om mekaar te verstaan en in liefde te verdra, ter wille van ons kinders en ons land.

Anoniem ·

Veiligheidsmaatreels …Wonder teen wie en wat….Jare terug voor 1994 het ons nooit die al die goed nodig gehad nie. Daar was niks van die geweld in SA…..Skande..Ons bou op en hul breek af..Ons word uitgemoor..Ons vrouens, kinders vroulik of manlik word verkrag..vermoor…ontvoer….Boere wat kos verskaf word vermoor…..Waar dink hulle het als gekom wat hul vandag geniet…Ons het gewerk daarvoor….Waar gaan ons opeindig…Daar is nie plek vir ons in SA meer nie…maar vlug kan ons ook nie..die fondse is nie daar..salarisse net eenvoudig te klein…maar breek ons af..staak ons…moor opns hul uit..of verkrag ons hulle…NEEEEEEE…ons gee nog steeds…ons voed nog steeds…ons laat hulle toe in ons huise…ons gee net…Ons kry net so swaar indien nie erger nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.