Tuks-koshuise kry nuwe name

Klaradyn se naam sal voortaan House Nala wees. Foto: Facebook

Koshuisname soos Klaradyn, Kiaat, Jasmyn en Onderstepoort is al sinoniem met die Universiteit van Pretoria, maar dié name is nou iets van die verlede.

Dit kom nadat die UP vandeesweek aangekondig het dat hy besluit het om verskeie van sy koshuise se name te verander. Volgens die universiteit is dié besluit geneem om ʼn “meer multikulturele, inklusiewe leefomgewing vir sy studente” te weerspieël.

Die universiteit sê in ʼn verklaring daar is wyd met huiskomitees oor die naamveranderinge gekonsulteer voordat die besluit geneem is. Luidens die verklaring het dié konsultasie huisvergaderings, transformasie-komiteevergaderings, opnames en e-stemmery ingesluit. “Daar is ook gesprekke met alumni gevoer oor die voorgestelde name vir die koshuise,” lui die verklaring.

“Verder het die universiteit ook gesprekke gehad met die Koshuisadviesraad en die Studenteraad. Die universiteitsraad het in sy onlangse vergadering kennis geneem van die prosesse en die uitkoms daarvan.”

Elke koshuis sal verantwoordelik wees vir die implementering van die naamverandering in samewerking met die departement van koshuissake en akkommodasie en die betrokke koshuis-huiskomitee.

Boekenhout sal voortaan bekend staan as House TAU. Foto: Facebook

Hier is die nuwe name:

Vrouekoshuise

Curlitzia word Curelitzia
Erika word Erica
Inca word Ikageng
Jasmyn word House Khutso
Katjiepiering word Azalea
Klaradyn word House Nala
Lilium word Hayani
Magrietjie word House Mags 

Manskoshuise

Boekenhout word House TAU
Kiaat word Tirisano
Kollege word College
Maroela word Morula Legae
Mopanie word Mopane
Olienhout word Tuks Ekhaya
Olympus word House Ukuthula
Taaibos word The Tower

Gemengde koshuise:

Onderstepoort word OP Village
Protea word Protea Mbalenhle
Tuks Naledi word Khanyisa Naledi

Koshuisname wat onveranderd sal bly is:

Asterhof
Madelief
Nerina
Zinnia
Xayata
Jakaranda
Hippokrates
Tuksdorp
Tuks Bophelong
Tuks Village

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

Braaier ·

Hierdie multi-kulturele reënboog-eksperiment moet nou vinnig tot ‘n einde kom.

Mrs H ·

Die land val uitmekaar, maar ons sit en dink ander naampies uit?! …en word betaal daarvoor… Ons Afrikaanse name is buitendien te goed en te eerlik om so veronreg te word, so dankie tog! Kan die land se naam na “Parragwaai” verander asb?

Gerhard ·

Gelukkig is daar genoegsame versoening sodat Afrikaans en Afrikaner sonder moeite op alle vlakke berwyder kan word.

Eish ·

Ek voel n geruime tyd reeds nie meer welkom in die land van my geboorte nie.
Soek my eie plek.

Pieter ·

Ek stem saam, raak nou belaglik. plaas hulle bou n slag iets en gee dit n naam.

Aster ·

Ek stem saam Pieter, maar hulle ken nie van iets opbou nie…net afbreek en vat van die blankes.

Nel ·

Dit is so sleg dat Afrikaans stadig maar seker besig is om te moet groet. Maar seker beter dat koshuise se name moet verander voordat die koshuise ook gevandaliseer/afgebrand moet word ……

Tikkie ·

Ag ja…. of wat van sommer net TIK, of Tikkies, of dalk Getik

B ·

Net soos die kodewoord ‘diversiteit’, beteken ‘multikultureel’ eintlik net ‘monokultureel’.

(Sien iem die ironie?)

Katterig ·

Man, gee die huise nommers …1, 2, 3 ens. dan kan niemand iets sê nie.

John ·

House Mags en The Tower… Wow! Sekerlik binnekort opstande en betogings oor diskriminasie tussen geslagte. Watter tyd het die spul nie op kampusse deesdae nie. Kan cannabis ook op die gronde geplant word en wat van ‘n kompetisie oor wie se wat die beste kicks gee… Ek wag om te hoor. My jongste sukkel om te besluit in watter ‘naam’ hy die meeste aansien sal geniet… en oor die beskikbaar heid van… die gewettigde binnekamer-bedrywighede, jy weet…

Jacques ·

Ek wonder hoekom die name hulle so pla , die geboue en hul name was eerste daar voor hulle daar gekom het en sal nogsteeds daar wees as hulle verdwyn . Nou wat nou ? Plaas hulle fokus op studies , nou kom hulle om alles te verander soos dit hulle pas en dit net vir n paar jaar .

Snotneus ·

Ek het twee keer na die datum gekyk of dit nie dalk 1 April is nie!

Vraagteken ·

Eers RAU, nou tukkies. Ons wag net vir Potch om die party te join.

jannie ·

Ag is dit nie lieflik nie…..hoekom verander hulle nie ook TUKS nie??

Antoinette ·

Wat op aarde is fout met die ‘ou’ name. Daar is tog niks polities aan nie. Weer miljoene vermors vir nonsens. Ek is ook ‘n alumni. Niemand het my opinie gevra nie…Ek sou dit gegee het. Wat op aarde maak dit saak wat die koshuis se naam is waarin jy bly. Hierdie kleinlikheid moet vregtig end kry.

Animal Farm ·

Sal nie end kry nie, Antoinette. Apartheid het net end gekry toe daar druk op SA se regering gesit is van binne en buite.

Animal Farm ·

Dis totaal verkeerd om Afrikaans in almal se kele af te druk en om mense te isoleer (deel van wat Apartheid gedoen het), maar heeltemal OK om presies die selfde te doen met ander Afrika-tale in die naam van inklusiwiteit, versoening en “regstellende aksie”.

Ons is in die middel van Animal Farm.

Ek wonder wat ons ou mensies gaan sê wanneer China of Rusland oorvat en almal dwing om Mandaryns of Russies te praat. Sal maar moet wag en sien wat gebeur.

Antjie ·

Darem ken Afrikaanse mense een Russiese woord al: ‘how’ ?

Eenvoudig ·

My voorstel: as ons nalatenskap van trotse opbou nie goed genoeg is nie, is ons alumnifondse ook nie meer nie. Uithouers en hopers: dit is dalk nou die tyd om fondse te verskuif na Akademia. Hoeveel keer gaan julle nog die wang draai?

Alumni ·

Dat alle WITTES nie al hulle fondse en donasies gestop het nie GAAN MY VERSTAND TEN BOWE. Dink julle dit word vir wit kinders aangewend? Laat die liberale maar bly betaal, maar as my taal en kleur so VERTRAP word by ‘n universiteit stop ek my DEBIETORDER onmiddellik, hou op om rassistiese instellings te BEFONDS.

Nogstuiwers ·

So bietjie stof tot nadenke: ons akademici wat aftree se poste word links en regs gevries. Ons doen in baie gevalle nou al drie of meer mense se werk (bloot omdat daar nie ‘geskikte’ kandidate is om die poste te vul nie – goeie storie vir slaaptyd). En tussen die wan-betalers en geen-betalers wonder ons elke dag: waar kom die geld vandaan om sulke onsinnige veranderings deur te voer? O ja, môre moet ek trippel my kwota publiseer en nog ‘n persoon se vakinhoud oorneem…

Landi ·

En natuurlik kry jy net nog een individuele salaris, alhoewel jy vier poste vul ne?! Dis n resep vir uitbranding.

Carl ·

Bestaan arme “Tan Kotie” of soos studente destyds verwys het na “Tant Stotie” darem nog?

JJ ·

Die naam is vroeg in die 1990s na ‘Nerina’ verander. Verskeie van hierdie ‘ou’ name is eintlik glad nie so oud nie.

Groen Ertjie ·

Niks om oor te kla nie – ons is n diverse nasie – kom oor dit en beweeg aan

Geel ertjie ·

Dit is hoekom die land lyk soos hy lyk . omdat mense soos JULLE Net die water oor die akker laat loop . slaprugsindroom!! Hoe DIVERS is die name nou?

Ag asseblief ·

Onnodig en belaglik. Julle daggie sal kom. Slim vang sy baas.

HENNIE LE ROUX ·

Binne die raamwerk van julle reëls, wat ek mag sê, kan ek ongelukkig nie iets sê nie want ek sal al julle voorwaardes verbreek.

Danie ·

Dit is nie multikulturele inklusiwiteit nie. Dit is net swart name wat van die name vervang het. Die ander name wat nie met swart name verander is nie is die blindoek. Dis niks kyk oor 5 jaar dan skemer dit deur. Daar is nie neutrale name gekies nie. Dit is maar net nie hulle plek nie. Hulle voel ontuis en erg jaloers. Hulle probeer hulle verlede (laaste 10 000 jaar) verdoesel. Die waarheid maak seer.. Hulle was vry, nog altyd vry.

aj ·

Afrikaanses moet eis dat een van die UP Kampusse oorhandig word vir uitsluitlike gebruik deur Afrikaanses. Byvoorbeeld Groenkloof.

Erika ·

Tukkies is Afrikaanse universiteit.En Alles wat Afikaans is mpet vernietig word.-Jy mag nie Afrikaans praat nie selfs agteraf gese …Ne En ons is n Demokratiese land -Wat n Klug-Want dit se Almal is Gelyk Ne Maar dit erken nie dat mense verskillend is nie en dat ons moet mekaar repekteer nie In Huidige situasie beteken net Ons Moet Ons Waardes /Identiteit Prysgee Ter wille van Polities Korrektheid.op verkeerde manier vir verkeerde Redes toegepas word – Omgekeerde Diskriminasie/Rassisme Ipv om n Verskil te maak

Koos B ·

Party klink vir my na sokkerspan name.Kyk na die goeie kant as hulle dit nou afbrand is dit darem nie heeltemal Afrikaans wat hulle verwoes nie.

AgAsseblief ·

Hulle kan die name verander na net wat hulle wil. Hulle wil tog so graag alles wat Afrikaans is en was, vernietig, en uitwis. Watter Universiteit van gehalte het die ANC OOIT, tot stand gebring. 24 jaar later en die haat teen die blanke sal bly. 50 jaar later en die haat vir die blanke sal nog steeds bly. 500 jaar later sal apartheid nog steeds blameer word.

E.K. die eerste ·

Sien nie die doel hiervan maar nou-ja…mense noem ook nie meer hul kinders Anna of Gert of Piet dis Chandolene of Tarquin of watookal – die snaakste goed. Selfs honde en katte het die verskriklikste name deesdae. Sug…om te kerm gaan niks help, bly maar net Afrikaans mooi praat en KOOP en LEES Afrikaanse boeke, koerante en tydskrifte en help so die taal oorleef.

Gerhard ·

Jy noem nou iets hier wat ek al lankal waarneem, die eksotiese name waarmee kinders vandag belas word.

Townhouse ·

Ja ek stem saam, kinders se name klink deesdae soos dié van voorstedelike meenthuiskomplekse.

Joey ·

Nou hoekom sal ek my kinders Gert of Susan noem? Dis vir my glad nie mooi nie, ek het en sal my kinders name noem wat vir my mooi is.

Gerhard ·

Joey, nou wat van die arme kind wat daarmee moet saamleef.

Asb ·

DIT SLUIT NOU NET SWARTES IN EN WITTES UIT . so wat het julle bereik? NIks anders as SWART APARTHEID nie.

thelsa ·

Daar word duidelik ‘n skrikbewind teen die letter “k” gevoer. Erika verander na Erica en Kollege word College. Baie geldvercwisting hier. . En iewers het iemand ‘n ekstra “e” gehad – Curlitzia word Curelitzia. Taaibos word The Tower. Katjiepiering word toe nie Catjiepiering nie. Dit word sommer Azalea, want hulle succel met die uitspreek van die huidige name en die sinneloosheid blom by Tucs.

Anoniem ·

Dankie vir jou skerp kommentaar – kon nie help om te giggel nie.

Gerhard ·

Hul wou ‘n meer inklusiewe leefomgewing bewerkstellig vir ALMAL? Regtig?? Ek is jammer, maar geen Afrikaanssprekende student gaan/kan vereenselwig met name soos “TAU”of “Ikageng” nie. Hier is duidelik slegs opgetree in een groep se belange. Nee wat, ons sal op die langer duur beter af wees deur ons gewig en fondse agter Akademia te gooi, ten minste kan mens IETS OPBOU vir jou eie mense.

Kaptein ·

Kyk na die positiewe – dit plaas die eienaarskap van Tuks se prestasievlak met ‘n bepaalde groep. “You want it, you run it”.
PRESTASIE saam met die TRANSFORMASIE.

Landi ·

Die name pas baie mooi by hulle lae gehalte bestuur, jeug en grappie van leiding.

Magda ·

O, so al die wit name word weggevat.. dit is mos nou ook n vorm van rassisme

Johan ·

Katjiepiering word Azalea. Dit is mos nou die bewys verandering is gedoen net om ‘n punt te bewys. Kan iemand aan my verklaar waarom Katjiepiering onaanvaarbaar was en Azalea dan nou aanvaarbaar?

Katerina ·

Die Engelse woord vir Katjiepiering is Gardenia nie Azalea nie. Maar nou ja hul hou seker maar van die naam Azalea.

Hannelie ·

Die Universiteit nie beter dinge om te doen soos om jong mense op te lei nie? Johan Katjiepiering is seker moeilik uitspreekbaar, van daar dat hulle dit verander. Hierdie nuwe SA wat alles net wil verander, gelukkig kan ek besluit of ek deel van sekere goed wil wees.

Helene ·

Hierdie land is een groot grap. Alles word vertrap wat Afrikaans is. Siek en sat!!

Casper Labuschagne ·

Vir die postkoloniale meerderheid sal dit verseker ‘n triomf verteenwoordig en hulle sal verseker die verskoning aangryp om ‘n groot partytjie te hou. Maar ek sal my kop op ‘n blok sit dat dit nie akademiese uitmuntendheid in enige meetbare wyse sal verbeter nie, inteendeel dit sal ‘n definitiewe baken kan wees vir diegene wat in die toekoms nog oor SA se postkoloniale akademiese verval sal skryf.

Waenhuis ·

Die Voortrekkermonument se naam sal seker nog verander word na “Ubuntu Hall”.

Tino ·

Ons gaan die letsels en die nagevolge van transformasie nog vir 4 generasies dra!

Leonard van der Dussen ·

Die mag en gesag en die land en sy inhoud is in 1994 amptelik aan ‘n nuwe bewind oorhandig. Die bewind is aangestel om daarmee te maak soos hy wil. Dis waar dat daar ‘n vernis van minderheidsregte en so aan was, maar op die ou end is die regeerder die heerser. Laat die universiteite dalk maar eerder ander name kies vir instellings soos die koshuise wat beslis lankal nie meer is wat hulle was nie. Laat ons wat weet wat ordentlike akademiese standaarde, kultuur en tradisies is, ons eie weer bou, al moet ons onreg ly. Hulle kan al hierdie goed vat, maar om die geboue en die strukture en stelsels oor te neem, beteken nie hulle kan dit bedryf nie. Die vraag is of die Afrikaner, wat inderdaad hierdie dinge opgebou het en dit prysgegee het en van wie dit geroof word, opstaan om die kennis en vermoë waaroor universtiteite eintlik gaan, voort te sit. Ons moet die werklikheid in die oë kyk, en dan aanstap en wys ons is net so dapper, ondernemend en hardwerkend as ons voorgeslagte wat hierdie fasiliteite ook nie net sommer sonder inspanning opgebou het nie.

Penellope Jones ·

Hoop hulle is nou sielstevrede en rustig en kalm en bedaard ens.

tamboti ·

Ag jy is briljant Penellope!
Maar nee ek glo nie, hulle wil nog baie “demand”, dalk moet daai wit gebou bietjie ander kleur geverf word?

Boertjie ·

‘n Gedagte: Universiteite is in wese kolonialisties. Graadstudies, asook nagraadse studies is ook kolonialistiese idees. En hier sit ek en dog dat kolonialisme moet uitgeroei word. Maar nou ja….

Anita ·

Jare gelede gehoor hoe gaan dit binne in manskoshuis by Tuks toe weet ek koshuisinwoning is iets van die verlede.
Nuwe eerstejaars het indertyd geweier om by tradisie te hou dat hulle maar agterlangs moet sit omdat oumenere voor sit as hulle TV kyk.
En dit wat jare gelede toe dit aan my vertel is.
Die verandering van koshuisname is eintlik mosterd na die maal.

Dr Stefan ·

Die meeste van die mense wat hier kla was seker self nooit op ‘n universiteit nie. Kan jul sien dat dit net meer mense insluit en ‘n hegte, sterker band tussen studente vorm?

Hou op kerm en rassisme hier inbring. Laat die mense wat nou daarmee te doen het en daar bly die besluite neem. Laat vaar jul outydse tradisies en denkrigting.

Indien dit nie vir jou werk nie, trek dan!

Dankie UP, dat jul nie soos die ander “Afrikaanse” universiteite bang is om verandering te bring nie. Jul internasionale beeld versterk by die dag.

Welgedaan.

JJ ·

Dankie hiervoor, Dr Stefan. Dankie. Ek is ook sielvol gatvol vir hierdie alewige gekerm en weiering om die ander se oogpunt in te sien. Dis nie eens asof al die Afrikaanse name opgegee word nie: Asterhof, Madelief, Magrietjie, selfs Tuksdorp is immers nog so Afrikaans as kan kom.

Dus n goeie ding ·

Ek stem saam dus fanasties om afrika talle teleur en sodoende jouself te bemagtig. Dus tyd dat afrikaanse mense ook ander se talle leer dit was in die verlede van ander rasse verwag om afrikaans te praat of hul nou wou of nie. Hou op verkraamp wees en leer tog vir n slaag om onselfsugtig te wees. Almal verdien n plek n plek onder die son en so ook almal se taal. Als kan nie altyd wit of afrikaans wil wees. Tye het verander en dus tyd om aan te pas of om te immigreer. As al die negatiewe mense immimgreer ongeag hul kleur gaan ons n wonderlike land he.

Pieter ·

Dr Stefan,
Kom by boet. In ons jong dae is Tuks se grade oral aanvaar in die buiteland. Met die jongste wereldwye gradering van universiteite en die “Universiteit van Pretoria” op no 724 en met punte wat tot 25% aangepas word om “studente” te laat slaag is dit amper aanmatigend om die instelling nog ‘n universiteit te noem.

wolla ·

Meeste studente is swart en nie Afrikaans-sprekend nie. Maak sin dat die meerderheid koshuise nie Afrikaanse name behoort te hê nie. Ek sien geen probleem hiermee nie.

Andrea ·

Hoe eenvoudig moet n regering nie wees as hul nie eens hul eie universiteite met koshuise en geboue kan bou wat dan die nuwe era se name kan dra nie. Hoe pateties is dit nie dat jy soos n parasiet bestaande instelling oorneem en met jou belaglike name jou eie probeer maak nie. Parasiete.

WitBlits ·

Verander asb die universiteitsnaam na AmaTikkies toe = probleem opgelos!

Chekoree ·

Die naam Tukkies het geen bestaansreg meer nie, want Transvaal waarvan Tuks afgelei is, is aanstootlik!!
Kom Kansellier de la Rey gee dit nou die laaste doodskoot, want erfenis bestaan nie in jou realiteit nie en doen nou vir oulaas mee aan die vernietingskultuur waarvoor julle staan!

Andrea ·

Cheryl sit al n hele rukkie in NZ. Tot sy het groener weivelde gaan soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.