Tuks ondersoek ‘wittes moet sterf’

'n Skermskoot van die Facebook-inskrywing.

‘n Skermskoot van die Facebook-inskrywing.

Die Universiteit van Pretoria (UP) het gesê hy sal bewerings ondersoek dat ʼn Tuks-student in ʼn inskrywing op Facebook gesê het die wit ras moet sterf.

Kabelo Mahlobogwane het glo in ʼn plasing op sy persoonlike Facebook-profiel gesê: “The white human race must die. We must kill white supremacy, arrogance and privilege. The time for the revolution is now. There’s only one race: the human race”.

Volgens Mahlobogwane se Facebook-profiel is hy ’n beampte vir bemarking, webbestuur en sosiale netwerk by die UP se House Docendo, asook ’n studente-laboratoriumtegnikus.

AfriForum Jeug het gesê Mahlobogwane is ook glo die leier van die EFF-studentekommando op kampus en een van die studente wat die afgelope maand by die geweld en stakings op kampus betrokke was.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê die saak sal eers ondersoek word voordat enige verdere stappe gedoen kan word. Sy het egter bevestig haatspraak en die aanhitsing tot geweld druis in teen die gedragskode van die universiteit en kan tot dissiplinêre stappe lei.

Jaco Grobbelaar, AfriForum Tuks se koördineerder, het gesê die organisasie eis dat Mahlobogwane dissiplinêr en strafregtelik aangekla word. “Indien dit nie gebeur nie, sal AfriForum Jeug ’n klag by die Menseregtekommissie teen Mahlobogwane en die universiteit indien sodat die saak verder ondersoek word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Kaspaas ·

Swart op wit rassisme word nie erken nie so niks sal gebeur nie.

PJ ·

de klerk de klerk en kie waar is julle ?Vra net is dit nie nou rèrig tyd dat jy kom met jou “magic”WIGTE EN TEENWIGTE!!!!!!! Toe asb julle kom nou

CHRISTA ·

PJ, ek weet nie waar jy was nie maar voor De Klerk enigiets gedoen het, het SLEGS die BLANKE kiesers van ons land in ‘n referendum gestem om ons land se grondwet te verander – nie De Klerk alleen nie!!!

chrisp ·

Christa nee jy is verkeerd die kiesers is bedrieg.
Hieronder volg ‘n skrywe wat ek net weer spoeg en plak wat jou reeds maande terug geantwoord het toe jy dieselfde onwaarheid kwyt geraak het.

Christa.

Voor jy mense paloekas noem wat FW blameer gaan kyk wat hy belowe het.As jy nog te jonk was in 92(as jy oud genoeg is het jy duidelik vergeet) help ek graag met so ‘n beloftes wat hy(fw en sy handperde Roelf en Wessels) gemaak het voor die referendum.Hier sal jy die agterbakse, verradelike leuns sien.

Die vraag.
Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?

Belofte
Met die opening van die parlement se hy dat daar weer ‘n referendum gehou sal word voor enige veranderings aan die grondwet.Dws die mense het gestem vir onderhandelings en nie oorgawe nie.

Hier is van die slagspreuke op hul plakkate.
• ‘n Veilige toekoms vir ons en ons kinders.
• Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede.
• Ordentlike hervorming en redelikheid.
• Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming.
• Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking.
• Sterk en doelgerigte leierskap.
• ‘n Eendragtige en weerbare Suid-Afrika.
• Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.
• Die handhawing van ordelike regering en standaarde.
• Veiligheid, vryheid en voorspoed deur geregtigheid.

Ek het nee gestem maar kan nie werklik al die ja stemmers blameer nie, hiervan getuig bg beloftes tog duidelik.

cv ·

wat vir my snaaks is toe die blackface saga begin het was daai twee dames dadelik geskors sonder om eers n ondesoek in te stel nie. die een se reguit dat blanke mense moet sterf wat in my oe rasisme is en erge haatspraak, en dit sal eers ondersoek word??? wat is daar om te ondersoek? dit is op wit en swart!!!!!

Hannie ·

Ja cv presies soos jy dit daar se, waarom wag UP? Skors hom onmiddelik! Maak van hom ‘n voorbeeld! Ek kan nie verstaan hoekom studente hulle bemoei met allesbehalwe studies nie. Dit is mos rede nr. 1 hoekom hulle op universiteit is, en NIE om moord te adverteer NIE!

cv ·

WENS HUL DIE STAPPE GENEEM HET SOOS DAAI TWEE DAMES MET HUL PERSGESIGGIES. MAAR DIE IS NIE RASISME OF HAATSPAAK NIE IS VRYHEID VAN SPRAAK.

amelia ·

Ek is siek en sat vir swartmense se Vryheid van spraak. Een van die mooi dae gaan iemand iewers sy toolboks verloor en begin lostrek. Ek se nie met wat losgetrek gaan word nie. Maar merk my woorde, dit gaan en sal gebeur.

Tina du Toit ·

Jaaaa wat. Laat ons kinders iets verkeerds plaas, doen of sê, dan is hulle in rep en roer. Sal like om te hoor van hierdie ondersoek. Nou mag jy nie haat nie nê!!!!

Koos ·

Maar die persgesigte word onmiddelik geskors tot die ondersoek afgehandel is?

TTh ·

Ek wonder van watter ‘human race’ die Kabelo praat, want voor 1994 was daardie ‘human race’ bietjie anders as nou … vir hom en die ANC is daar seker net een ‘race’ en dit is die ‘human disgrace’

wynand ·

De la Rey het hom euggebring kampus toe. het die skorsing teruggetrek. Die vrou wil lyk my onluste he. miskien soek sy aandag?

Johann ·

Ons sit op ‘n kruitvat wat binnekort gaan ontplof! Ek wil nie graag naby wees as dit gebeur nie!

Estelle ·

Wens ek het Donald Trump se fb adres gehad!!! Wens ek kon towerstaffie swaai en hom hier kry vir president

Michael ·

Donald Trump is wat Suid-Afrika nodig hê ek hoop hy word die volgende VSA president dit sal ook help

Trolle ·

Ek stem Estelle dinge gaan verander met Trump aan die stuur.vasbyt min dae.

Gesiggie ·

Can I tell you something… Mr Tuks student .. You must Fall… Ek hoop hul vang jou en straf jou oor die haat uitspraak.. want jy gaan met baie mense te doen kry? N mens speel nie met die Boere van die land”’ so ja dink en droom maar daarvan, maar jou droom sal nie gou waar word… nie solank as wat ons … SUID AFRIKANERS BY MEKAAR SAL STAAN”’ oops””

Jan ·

Apla het genoem die 6de April is die dag .Weet iemand van so iets?

Victor ·

Dankie Paul. Ons sal maar sien wat van hulle beplande “march” word op die 6de April.

Basson ·

Ek is seker hy is ‘privileged’ genoeg om ‘n beurs te he – asook die assistente pos.

Dis kommerwekkend want hy werk met my en jou kinders. Hoe is dit moontlik dat hy na sulke opmerkings toegelaat word om ander studente ‘van hulp’ te wees?
Ek stel voor UP verbied hom die kampus en verkry ‘n inderdik teen hom, op grond van die risiko wat hy inhou soos bewys deur sy dreigemente.

Michael ·

Die bewyse is genoeg om hom krimineel aan te kla,die menseregte kommissie het nie tande en die universiteit se pensioen wagters gaan nie hulle koppe uitsteek nie

david ras ·

The WHITE RACE must die—-Hitler said theJewish Race must be exterminated—-
See any difference between the two sentiments ?

wynand ·

Hy moet aangekla word en De la Rey ook.Sy het weer toegelaat om terug te kom om verder haat te stook. Dit gaan dan bewys word dat sy nie by haar woord staan nie.Net soos deVilliers nie by sy woord gestaan het oor Afrikaans by US nie.Sleep haar en die gemors hof toedat hulle dan besluit want sy is nie bevoeg nie.Net soos de Villiers van US.

Trolle ·

Watse saak wil hulle dan nou maak mag hy dan nie so iets se nie,ek dog dan die heeltyd dis aanvaarbaar vir swartmense om so te praat?Die DA het dan nog nooit oor so iets gekla nie en hulle vat dan so vinnig mense hof toe oor gesigte wat pers geverf word so dan is dit mos normaal ek sien niks verkeerd dan nie.

Kaspaas ·

Soos die Engelse gesegde gaan “we are all equal but some are more equal than others”.

PJ ·

Christa gelukkig was ek nie so onnosel om ja te gestem het nie , geweet de klerk en sy vriende vir die mense gelieg

Johan ·

‘Hulle’ kom in elk geval weg met moord dag in en uit maar dit haal nie eers die koerant nie. Dis snaaks dat rasse verhoudings en haatspraak meer media aandag lok en kry as plaasmoorde en geweld teen wittes (reverse rassism), maar gebruik een woord verkeerd en die wereld weet daarvan.Ons word openlik gedreig met dood maar mag niks doen of se nie? Eendag sal die work draai

Johan ·

Vir een of ander rede stop al die rassehaters se woordeskat by ………MUST FALL!!!!. Hoe geldig is die chaos as dit al is wat hulle ken.Dit begin alles met een en eindig in totale chaos met miljarde se skade…..

Oom Boer ·

Sjoe, maar dit is darem ‘n erge verklaring wat die man in die openbaar besig.
Hierdie kan regtig nie in ‘n ligte lig gesien word as die man sulke erge uitings maak nie en is verseker ‘n geweldadige uitspraak op die hoogste vlak.

André ·

Wat is daar wat ondersoek moet word? Die bewyse is op sosiale media gesirkuleer. Dit is blatante haatspraak en aanhitsing tot geweld teenoor ‘n spesifieke bevolkingsgroep. Gaan kyk maar watter politieke party hy ondersteun en watter politieke party gereel “Kill the farmer, kill the Boer” sing. Kla dan sommer die leier van daardie party ook aan vir haatspraak en aanhitsing tot geweldsmisdade.

Adriana Stuijt ·

Die SA Menseregtekommissie is ‘n tandelose, nuttelose groepie swartes en Indiërs (hulle het één kommunistiese blanke vrou erens daaronderaan die lysie van duur-betaalde kommissarisse as ‘n assistent-kommissarissie..) . Die kommissie mors geld en tyd: hulle het geen regsgeldigheid nie, hulle kan alleen media-verklarings uitreik, kamma-ondersoekverhore hou en bowendien is hulle onder die beheer van die ANC regime.
Hulle verklarings is minder werd as die papier waarop dit gedruk word. Gaan kla die vent direk aan by die polisie vir aanhitsing van massa-moord op ‘n klein minderheidsgroep; en van crimen-injuria.

Frederik ·

Kalmeer mense, kalmeer. God is en bly in beheer. Glo, vertrou en leef dit dag vir dag sodat ons nageslagte dieselfde kan doen. Dit is die pad na die ewige lewe. Daar sal persone wees wat sulke uitlatings maak en dalk dit deurvoer. Onthou daar is net die 10 gebooie. Christene dink en leef nie soos Godeloses nie. As aardse besittings en welvaart vir diesulkes bo iemand anders se lewe tel, dan is die hiernamaals beeld tog baie duidelik, is dit nie. Miskien net hierdie laaste gedagte, Johan de Beer is op perseel vermoor van UP. Tot nou toe is daar geen informasie bekend nie. Hoekom????? Dalk moet hierdie haat spraak persoon van nader bekyk word….

Meisie ·

Verstaan hulle ooit die term “` human race“?? Ons mag niks se nie , dan is ons rasisteis , maar hulle reken ons tel nie onder die “` human race“` nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.