Tuks-reses vervroeg oor betogings

Foto: Twitter via @iramilham

Foto: Twitter via @iramilham

Die Universiteit van Pretoria (UP) het Maandag ure nadat akademiese bedrywighede op die Hatfield-kampus hervat moes word die instansie gesluit.

Prof. Cheryl de la Rey, visekanselier van die universiteit, het in ʼn verklaring gesê die bestuur het besluit om, in die belang van die veiligheid van studente, personeel en universiteitseiendom, die Oktobervakansie te vervroeg sodat dit reeds vandag begin. “Ondanks die teenwoordigheid van die polisie en hoewel ons ʼn interdik teen onwettige protesaksie het, het ʼn groep studente [vandag] weereens ingange van die Hatfield-kampus versper en klasse ontwrig,” lui die verklaring.

“Die reses sal dus op 26 September begin en die universiteit op 10 Oktober 2016 heropen vir die vierde kwartaal. Studente wat in die koshuise woon, word versoek om die koshuise vir hierdie tydperk te ontruim.” Volgens De la Rey sal reëlings getref word om lesings en toetse wat weens die betogings misgeloop is in te haal en dit sal direk aan die studente gekommunikeer word.

“In hierdie resestydperk sal die universiteit voortgaan om met eksterne en interne rolspelers te kommunikeer rakende die studiegeldverhogings vir 2017. Ons sal studente op die hoogte hou van enige verdere verwikkelinge in hierdie verband.”

Foto: Twitter via @afriforumjeug

Foto: Twitter via @afriforumjeug

Kort voordat die universiteit die aankondiging gemaak het, het die vakbond Solidariteit gesê dat hy al sy lede wat by die UP werksaam is aan die Hatfield-kampus sal onttrek omdat die werkplek as ongunstig en onveilig beskou word.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof by Solidariteit, sal die vakbond se lede nie terugkeer werk toe alvorens hul veiligheid verseker kan word nie. “Kragtens die wet moet die kampusbestuur daadwerklik optree om na ons lede se belange en veiligheid in die werkplek om te sien,” het Hermann gesê.

Die #FeesMustFall-betogers het landwyd onderneem om universiteite tot stilstand te dwing en Tuks is net een van verskeie universiteite wat noodgedwonge alle akademiese bedrywighede moes opskort weens die voortslepende geweld op hul kampusse. Ander universiteite wat ook hierdie week gesluit is, is die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), Universiteit Kaapstad (UK), die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vaaldriehoekkampus.

Lees meer oor die #FeesMustFall-betogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Wikus ·

Weet dit julle vernietig nie my toekoms nie net jul eie. Doen so voort julle sal die vrugte pluk. So much vir ń geletterde Suid Afrika.

Basson ·

Wat gaan verander tussen nou en 10 Okt?

Soos gesien stel die kriminele nie belang in ‘kommunikasie met rolspelers’.

Ander Koos ·

Vra ek ook. Kans is goed dat betogings na 10 Okt net sal aangaan. Dit is tog duidelik dat hier ‘n versskuilde agenda in plek is

R vd Berg ·

Wat vd studente wat daar is om iets in d lewe te probeer bereik en lenings moet terug betaal?
Soos dinge nou aangaan gaan niemand in SA of d wêreld hierdie studente wat wel hul graad wil voltooi in diens wil neem ni
Waar gaan d geld dan vandaan kom??
Watter #FEES gaan dan volgende moet FALL??!!

Koos1 ·

R vd Berg, ek het een wat maar kan val #Taxesmustfall. Dit sal die regering dan dwing om die regte van die betalendes en die regte van nie betalers bietjie in perspektief te stel.
Ek het eenkeer gelees: “Government cannot give to the poor unless it takes (of in SA “steals”) from the rich.”
Die grootste jammerte is dat die universiteite en leerders (die wat wil leer en nie wil klipgooi nie) die gevolge moet dra van die regerende party se stupid idees ……. onthou hier in 1994……”Free education for all.”

Marcel ·

Hoe belaglik is die mense? Hoekom doen die polisie niks nie, meeste universiteite het nou al ‘n interduk gekry teen betogende “studente”, hoekom doen die polisie steeds niks aan hulle nie? Dit maak nie vir my sin dat mense wat studeer nie vir hulself kan dink nie, wie moet betaal vir hulle studies, en dan wat van studente wat nou al klaar is, gaan hulle dan hulle geld weer terug eis? Die ekonomie is klaar in die gemors deur ons regering wat al die geld so laat weg raak dan wil hulle ook nog geld hê. In die ou dae het almal sy eie studies betaal of harder gewerk om ‘n beurs te kry of selfs ‘n studielening. Wat is fout daarmee, betaal dit terug as jy dan werk maar nee, als moet mos verniet kom of ons breek af, dis die voorbeeld wat kinders op skole ook nou kry so die gemors begin nou eers, dit gaan net erger en erger raak as niemand ingryp nie.

Elizabeth ·

Wat van al die vliegkaartyjies wat reeds gekoop is? Vakansieplekke wat bespreek is? Ander reëlings wat getref is??? Kan studente wat wil studeer dat van hulle klasgelde aftrek???

marie visser ·

Die regering is tjommies met China, laat hulle hierdie studente oproer hanteer. Wed jou die gemors sal binne 24 uur opgelos wees. In China verdwyn sulke verwoesters om nooit weer gesien te word nie. In China waag die familie nie eers om navraag te doen nie. Daar word hul kinders maniere geleer, hulle werk hard en respekteer mense en eiendom.

Daleen ·

Shame, ek voel regtig jammer vir die studente in hul finale jaar. Ek het gister na ‘n program gekyk na ‘n jong man wat vertel hoe bitter swaar hy gekry het om te studeer. En nou is daar net ‘n paar maande oor, en sal hy waarskynlik nie sy eindeksamen kan aflê nie. Nog ‘n jaar van swaarkry lê vir hom voor. Soos ‘n oom geskryf het op sy Face Book. “Julle brand die universiteite af en vra dan so wragtag nog gratis onderrig! Waarmee moet hulle die geboue regmaak? Vra ek ook my trane in my navy-blue eyes!

Rian ·

Ek is lankal klaar studier, gelukkig seker, maar my dogter moet volgende jaar begin. Wat is die toekoms vir haar op hierdie geweldadige kampusse. 4 jaar graag gaan jt in 8 jaar dalk voltooi. Wat het julle huidige student al die jaar kon verrig met die klasse wat moes ontruim agv oproer? Ek sit self in dieselfde pekel op ‘n projek waar werknemers net demand en nie opdaag vir werk nie, hulle is daar ja! 1000 mense meer wat aangestel is op die projek. Die regering, moet nou ingryp of net verdwyn, want hulle vermy die spervuur wat hulle geskep het?

Anne ·

Dis omdat hierdie sg studente van die eerste optog af toegelaat is om te demand en te doen wat hulle wou en daarmee weggekom het, dis nou die resultaat.

Ou Bosvark ·

Die veel besingde Suid-Afrikaanse Demokrasie en die veel besingde Grondwet met sy meegaande veel besingde Menseregte is die rolmodel van alle demokrasië! Lank lewe die veel besingde Suid-Afrikaanse Grondwet! Studente, quo vadis studente met die demokrasie, grondwet en menseregte?

Dup du Plessis ·

……..daar sal in die toekoms ‘n premie vir PUK (nie NWU) studente moet wees……vir hul doelgerigtheid en beginsels om nie ook deel van ‘n klomp narre te word nie…….en daarom kan daar tereg gevra word om die PUK kampus te ontbondel van NWU sodat dit weer soos vroer (PU vir CHO)’n eie universiteit moet wees. Studiegelde word betaal (dis vir baie ouers en studente hardverdiende geld) maar tog weet almal dis om die universiteit funksioneel en toepaslik te hou…….

leon - Centurion ·

Daar is net een oplossing. Die spoedige uitbreiding van Akademia se studierigtings. Bsc, Ingineurswese o.a. Selfs ‘n TUKS graad verloor waarde elke dag wat Dela Rey die chaos toelaat. Laat maatskappye besluit tussen ‘n onosele Tukkie of Akademia gegradueerde.

hans ·

Ouers moet nou n veldtog loods vir die ontslag van die rektor en bestuur van stapel stuur oor hul hantering van die hele aangeleentheid waa hulle kinders aan gevaar blootgestel is en ook later siviele eise in dien die student n studiejaar moet herhaal vanwee die ontwrigting wat plaasgevind het.

ELMARIE ·

Dit wil voorkom of dit elke keer met die aanloop tot eksamens gebeur. Dit laat my wonder…dalk is hulle nie opgewasse vir eksamenskryf nie.
Diegene wat alles so ontwrig, us dit nie ook hulle wat in elk geval verniet en met beurse studeer nie.
Hoe word die regte van diegene wat graag in die klas wil wees beskerm, of het net die opstokers regte? Hulle verwagtings is geskoei op politici se ondeurdagte en onrealistiese verkiesings beloftes.

Buitestander ·

Gratis onderwys, is dieselfde as terrorisme.
Treë daarvolgebs op!!!

popeye (oud Kommandant) ·

Mense, mense gaan dooi…..daar is niks so erg soos wettelose anargie nie. My advies…verklaar ‘n noodtoestand en stel aand klokreel in… jong mense soek dissipline. Dis niks nuut in die land nie….die vorige regering het 35 jaar geneem om tot die stappe te gaan. Die ANC word in 22 kort jare met dieselfde besluit gekonfronteer. So….wat is dan regtig .verskillend….slimjanne ANC -rulers? De Klerk het baie foute gemaak ,maar een waar ding wat hy vir Mandela gesê het is: daar is ‘n groot verskil tussen mag hê en om ‘n land te bestuur.

Ouman ·

Ek stem saam en maak seker dat die wat hulle skuldig maak aan sulke wandade verbied word om ooit weer by enige universiteit in te skryf. Hoe kan totale wetteloosheid net eenvoudig toegelaat word in die naam van demokrasie. Tyd vir drastiese optrede is nou. Wonder net hoeveel van die moeilikheidmakers is werklik studente en hoeveel is SA burgers.

Ronel ·

My seun op TUKS gooi nie klippe nie. Hy is mal oor sy Universiteit en koshuis. Hy WIL leer. Wie beskerm hom???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.