Tuks sê oor koshuise

Een van Tuks se ikoniese geboue, "Die Skip" Foto: Mike Prins, Wikimedia

Een van Tuks se ikoniese geboue, “Die Skip” Foto: Mike Prins, Wikimedia

Die Universiteit van Pretoria (UP) het in ‘n verklaring benadruk dat sy bestaande koshuismodel vir 2015 onveranderd sal bly maar dat hy deurlopend na die hersiening daarvan kyk.

UP sê in ‘n verklaring dat hy sy koshuise binne die konteks van sy strategiese visie rondom akademiese uitnemendheid bedryf.

“As deel van sy bedryfsverantwoordelikhede ten opsigte van studentebehuising streef die Universiteit daarna om ‘n omgewing te skep waarbinne inwonende studente, en veral nuweling-eerstejaars, akademies sukses kan behaal en op ‘n gebalanseerde en veilige wyse aan studentelewe kan deelneem.”

UP se reaksie kom na berigte dat daar oorweeg word om eerstejaarstudente en seniorstudente van mekaar te skei deur hulle in verskillende koshuise te plaas.

Die universiteit sê die instelling van enkele eerstejaarskoshuise, met gepaardgaande mentorskapprogramme, studieleiding en leierskapsinisiatiewe, is slegs een van die opsies wat vir die toekoms oorweeg word.

Volgens die universiteit is dit om akademiese sukses en die deurvloei van voorgraadse studente te verbeter. “Oor die jare het die Universiteit nuwe modelle vir studentebehuising ontwikkel terwyl baie van die tradisionele modelle behou is.”

Die universiteit sê verskeie opsies word oorweeg. “Dit sluit die moontlike uitbreiding van koshuiskapasiteit in.

Deel van die proses sluit in oorlegpleging met onder andere studente wat hierdeur geraak word. Die Universiteit het in hierdie verband nie net ‘n verantwoordelikheid teenoor sy studente nie, maar ook teenoor die breër gemeenskap.”

Lees ook:
Tuks bevestig hy oorweeg koshuisveranderings
Tukkies-koshuise kom tot ‘n einde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stevi ·

Ja agv ryk kindertjies en kindertjies wat nie senioriteit wil aanvaar nie moet Koshuise nou hul jare lange tradisies verander. En dit ook agv kindertjies wat nie ma of pa se senioriteit erken nie en daarom nie ontgroen wil word nie. Guess what ons almal wat geswot het soos jy is daar deur. Jou bubbletjie moet eers gebars word. Sterkte aan alle HK’s.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.