Tuks sluit ook al sy kampusse

Betogings Maandag op die Tuks-kampus. Foto: Adéle Changuion

Betogings Maandag op die Tuks-kampus. Foto: Adéle Changuion

Akademiese aktiwiteite op die Hatfield-, Groenkloof- en Mamelodi-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) is vir die res van die week opgeskort.

Prof. Cheryl de la Rey, visekanselier en rektor van die universiteit, het gesê die bestuur is steeds besig om met studenteleiers en ander rolspelers te vergader om die kwessies wat tot die afgelope paar dae se onluste gelei het, te bespreek. “Ter wille van die veiligheid van al die lede van die universiteit en om te verseker dat akademiese bedrywighede sonder verdere onderbreking kan voortgaan, moet ons verseker dat genoegsame en effektiewe veiligheidsmaatreëls bestaan voordat ons die kampusse heropen,” het sy gesê.

Die universiteit het aanvanklik net sy Hatfield- en Groenkloof-kampus gesluit, maar het later aangekondig dat lesings op die Mamelodi-kampus ook opgeskort is aangesien die busvervoer na die kampus ontwrig is.

“Alle lesings, toetse en tutoriale wat hierdie week moes plaasvind, sal herskeduleer word. Ons lig alle studente en personeel in dat wanneer die kampusse heropen geen ontwrigtende en onwettige gedrag geduld sal word nie. Ons het ʼn hofinterdik bekom wat geweld van enige aard op ons kampusse verbied en dit sal streng toegepas word met behulp van die polisie,” het De la Rey gesê.

“Ons keur nie enige geweld, intimidasie, aanhitsing of haatspraak deur enige party goed nie. Ons is besig om die universiteit se dissiplinêre prosesse te implementeer en sal enige voorvalle van gewelddadige en onwettige gedrag by die polisie aanmeld vir moontlike vervolging.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

anna ·

Moontlike vervolging? Nee dan gaan vervolging nie gebeur nie. Wat n “weakling’!!!!!

hans ·

Die interdik waarna die Rektor verwys is mos lankal toegestaan waarom dit eers volgende week toepas gaan word. As die UP bestuur die magte waaroor hul besklk gebruik het kon die betogers lankal vasgevat gewees het,maar weens politieke gedienstigheid het dit nie gebeur nie.

Theresa ·

Swak gedrag kan nooit goedgekeur word nie. Onder GEEN omstandighede nie. HIerdie walglike optrede van EFF is werklik pateties en is mos sonder twyfel misdaad. Die miljoene rande skade aan goedversorgde universiteite moet voor hul deur gelê word vir terugbetaling. Die mense wat beseer is in die proses, moet medies uitbetaal word. Belaglik.

Kaspaas ·

Al hierdie eise van die swartes is niks anders as “Black Entitlement” nie

Jan Jooste ·

Dit kos ons ongeveer R 120 000 per jaar om een kind by Tuks te laat studeer. Indien die akademiese jaar sowat 200 dae bevat – kos dit dus R 600 per dag. Vanjaar het ons eerstejaar potensieel meer dae tuis deurgebring dan by die klas. Tuks skuld my teen einde die week dan R 6 000 vir 10 dae wat verlore is. As ons behoorlik bereken – gaan dit nader aan 15 dae wees. Ouers wat aandring op terugbetaling gaan Tuks se bestuur laat besef hulle kan nie maar net toegee aan ‘n oproerige minderheid nie. Gebruik interdikte en wat ookal nodig is maar gaan voor om ‘n universiteit te wees.

Tuks eis ·

Jan Jooste 100% korrek-ek stem saam-ek gaan beslis ook n eis insit. Verder gaan ek mediese koste-die trauma wat ons kids deurgaan-hy het nog altyd elke persoon respekteer-gehelp en staan vir al die regte redes en Tuks moet hom n veilige onderrig gee waarvoor ek & hulle geteken het! Magtig man die studente soek dit nie-hul respekteer mekaar – vat breinlose Eff vas. Ja hul besef nie die rand val verder en gaan hul direkte sak ook ruk en als wat beskadig is kos weer geld wat beteken minder geleenthede vir behoeftige studente. Dit sal n hartseerdag wees as A kandidate,moontlike Professors.dokters etc nie onderrig kan kry omdat jy politieke wilde bok afbreker nie verder as jou neus kan dink en redeneer nie.

Stephanie van Niekerk ·

Ek stem saam. Eis geld terug vir klastyd wat verlore is. Dan sal die UP bestuur in die toekoms vinniger optree om hierdie anargiste vas te vat. Hoe platter die beursie word, hoe vinniger sal hulle iets aan die situasie doen.

Jana ·

Vat die betogers nou vas. Kan nie dink die UP laat dit toe dat hulle aanhou om net te vernietig. Tyd dat ons opstaan vir Afrikaans en dat dit by al die Universiteite herken sal word.

sarie van heerden ·

Aangesien die swart studente finansiele en huisvestingprobleme het kan hul gerus daaraan dink om deur UNISA te studeer. Bly by die huis en dan is alles sommer ook goedkoper vir die student. Verwyder net vooraf die voorgeskrewe boeke wat deur wittes geskryf is. Hulle het hul eie mense om dit aan hul te voorsien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.